Die mooiste "BUT GOD" verhaal ooit vertel
Die mooiste "BUT GOD" verhaal ooit vertel Ons kan nie genoeg sekere waarhede in die Woord oor en oor bedink nie want as ons oor en oor dieselfde plekke "stap" trap dit later 'n "voetpad" in ons denke en kan ons maklik weer daardie paadjie vind waarop Jesus ons iets kosbaar van Hom of onsself geleer het. So is dit ook waar van die feit dat elke verhaal in die Bybel 'n "BUT GOD/MAAR GOD" storie is... Dis veral waar van die kinders van God, maar ook van die goddelose. Die goddelose gaan in sy goddelose toestand voort en dink hy kom daarmee weg MAAR DIE HERE "BUT GOD" tree op 'n dag in en maak 'n einde aan sy bose planne. So is dit ook selfs waar van die Duiwel en sy demone, daar is 'n dag bepaal waarop die Here God regverdig oor die aarde gaan oordeel en hulle in die hel gewerp gaan word. As ons net dink aan 'n paar lewensverhale van God se kinders in die Bybel sien ons dat telkemale daar 'n