Wonder jy ook nog waar jy Maandag jou kruisie gaan trek?
As ons by daardie stembus staan is dit net ek wat sien waar ek my kruisie trek, reg? En is dit net my saak, maar is dit? In 'n land soos ons sin is daar soveel plekke waar jy dit kan trek, maar eintlik is daar net een van twee... Een wat God verheerlik en Sy koningkryk soek en een wat nie. As ons al die partye wat staan vir die verkiesing indeel in dié twee kategorië, weet ek verseker waar my keuse van party ingedeel is tussen die twee opsies. Het ek deeglik my huiswerk gedoen? Daar is ook 'n verskil in reg praat en reg doen? Baie sê die regte goed om kiesers te trek maar doen iets anders. Die Woord leer verder "Aan hul vrugte(dade) sal julle hulle ken" WOORDE WEK MAAR VOORBEELDE STREK. Wie het voor parlement en howe geveg vir minderheidsgroepe, teen aborsie, vryheid van keuse, kerkdeure om oop te maak, om God te bly erken in die grondwet, ouers se regte ens. MAAR,kan ons dalk verder redeneer dis politiek nie godsdiens, dis waar ons verkeerd