11. Ek moes toe doof word sodat ek kon hoor. Die aflosstokkie van die WAARHEID is 'n saak van ewige lewe of ewige dood! Die Pelgrim se reis deel 11
Ek moes toe doof word sodat ek kon hoor! Is dit BELANGRIK dat WAARHEID suiwer, suiwer moet wees? Ja want die aflosstokkie van die Waarheid is 'n saak van (ewige) lewe of (ewige) dood. Hoe lyk die "waarheid" van die aflosstokkie wat elkeen van ons aangee? THE TRUTH!!! Maar wat as jy dalk nie die waarheid het nie? Het jy al self die waarheid wat jy aan glo, aan die Waarheid van die Woord getoets of glo jy dit net blindelings soos Adam vir Eva geglo het? Net omdat iemand, selfs iemand dalk na aan jou dit vir jou geleer het? Daar is selfs skrif vir die waarheid waaraan jy glo, maar onthou jy die Duiwel het ook skrif gebruik om Jesus te versoek het in die woestyn. Die persoon by wie jy jou waarheid geleer het weet dalk net soos Eva, ook nie dat die Duiwel hul mislei het nie. Wat as húlle verkeerd geleer is? Ek wil my eie persoonlike getuienis met julle deel hoe die Here my aan die hand kom vat het en die waarheid vir my kom oopbreek het, soos die blinde man wat bli