Bitter of beter?
Hoe wil jy opeindig? Op die ou einde, wie wil jy wees?Hy die Pottebakker, ek die klei.
Gaan wees lig in die duisternis, draai die ander wang, vergewe soos Jesus ons vergewe het.
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.
Verander jy die plek, moenie toelaat dat die plek jóú verander nie.
Soos die liedjie sê
"U die Pottebakker, ek die klei, vorm en maak my net soos U wil, op U bly wag ek nederig stil"
"Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig."
EFESIËRS 4:22-24 AFR83
Comments
Post a Comment