‘n Ware verhaal van gehoorsaamheid
Jare gelede het ‘n predikant ons vertel van ‘n vroutjie in sy gemeente wat op Sondag handel gedryf het en hy haar besoek het en mooi met haar daaroor gaan praat het. Hy het aan haar verduidelik dat dit verkeerd is om op ‘n Sondag te werk in die Here se oë. Sy het egter aan hom verduidelik dat sy weet en so skuldig voel , maar sy verkoop haar goedjies by ‘n flooimark en dat dit die beste dag vir besigheid is omdat so baie besoekers en toeriste op ‘n Sondag die plek besoek en kan sy nie bekostig om nie op ‘n Sondag te vekoop nie.
Hy het haar aangeraai om weer daaroor te gaan dink en bid en dat Sy die Here moet vertrou om vir haar te sorg.
Sy het toe oortuig geraak dat sy haar stalletjie Sondae moet toemaak en het baie benoud toe so gemaak. Later het sy kom getuig dat die Here haar so seën op die ander dae dat sy nou meer verdien in ‘n maand as wat sy verdien het met die Sondagverkope by in die verlede ‘n maand. Die Here is so getrou.
Dis vir my so ’n getuienis van die volgende verse
“ Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie.”
SPREUKE 10:22 AFR83
“Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.”
PSALMS 127:2 AFR83
Die Rusdag is nie net ‘n geestelike saak van GEHOORSAAMHEID nie, maar ook van WYSHEID.
Die Here het die Skepping in 6 dae gemaak MAAR Hy self het op die 7de dag gerus en ons opdrag gegee om dieselfde te doen en dit te heilig,
NIE NET EK SELF NIE, MAAR OOK ALMAL BY MY (dienskneg of dier)
Aardse skatte is meestal ons
MOTIEF vir net AANHOU EN AANHOU, of ander wat aardse skatte wil bekom wat maak dat mense moet aanhou. Werksgeleenthede is so skaars dat mense soms om werk te behou nie ‘n keuse gegun word nie.
Die Here het niks teen hard werk nie, inteendeel Hy verwys na die mier vir ons as voorbeeld, maar Hy het ons nie geskape om 24/7 te moet aanhou nie. Gin wonder mense gee in nie, geestelik, emosioneel, fissies ens.
Satan sit altyd agter ‘n TE!
Dis Satan wat ons té besig maak, nog-nog wil laat hê, laat glo ons móét, en skuldig laat voel as ons rus, of tyd maak vir skatte wat mot en roes nie kan verniel of gesteel kan word nie.
God seën gehoorsaamheid.
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. JULLE HEMELSE VADER WEET TOG DAT JULLE DIT ALLES NODIG HET.
NEE, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”
MATTEUS 6:25-33 AFR83
Moenie skuldig voel nie, besef dat Jesus ons liefhet en vir ons die beste wil hê.
VERTROU...HY SAL SORG
Doen jou bes, God doen die res
Comments
Post a Comment