Dis HIER....
Dis HIER...
“What if trials of this life
The rain, the STORMS, the hardest nights
Are Your MERCIES IN DISGUISE” - BLESSINGS, Laura Story
Soms wonder mens hoekom sou God vir wie niks onmoontlik is toelaat dat Sy kinders in STORMS en WOESTYNE beland? Hy wat die toekoms ken, Hy wat alles kan verander, hoekom sou Hy dit nie wegvat uit Sy kinders se pad nie.
Soms is dit selfs Sý plan vir hul pad...
Hy vat ons meestal daardeur en nie daar om nie.
Om die twee verhale van die STORM en die WOESTYN as voorbeeld te gebruik.
Moses word deur God geroep om Israel uit Egipte te lei.
Menslik gesproke sal mens dink die Beloofde land wink net aan die ander kant van die grens, van nou af gaan dit net goed gaan met hulle, hierdie was immers gebedsverhoring, God het hul desperate smeek gebede gehoor, maar spoedig sien ons hulle pad loop deur die WOESTYN waar dit alles en behalwe net goed gaan met hulle.
Dan sien ons ook in die verhaal van die STORM dat Jesus die een was wat opdrag gegee het dat hulle in die boot moet klim en moet OORVAAR.
"Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.” Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by."
MARKUS 4:35-36 AFR83
Hy moes tog geweet het van die STORM wat gaan losbars, Hy is immers God. Maar Hy gaan lê rustig agter in die skuit en slaap.
Let op hoe die vyand twyfel in Jesus se liefde vir hulle in hul denke kom plaas. Satan wil storms en woestyne gebruik om ons in God se liefde vir ons te laat twyfel. Aan Sy plan vir ons lewe.
Hoekom?
Die oomblik as hy dit kan regkry het ons nie meer vrymoedigheid om op God se beloftes te staan nie, en word ons gebede minder.
“Jesus het agter in die skuit gelê en slaap met sy kop op ’n kussing. Sy dissipels maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Leermeester, GEE U NIE OM dat ons besig is om te vergaan nie?”
MARKUS 4:38 NLV
En dit terwyl God ons oor en oor verseker
“Prys die Here, want Hy is goed! Aan sy liefde is geen einde nie.”
PSALMS 136:1 NLV (net in hierdie een vers alleen sê Hy dit vir ons 26 keer)
En….” Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie."
ROMEINE 8:38-39 NLV
Jesus was tog by hul in die boot, hul het geweet Hy kan wonderwerke doen, hul het gesien toe Hy dit vir ander doen, SKIELIK was hul binne 'n storm.
Maar dis een ding om ander se storm te aanskou maar iets heel anders as jy die dag self in die storm is
Skielik was die skoen nou aan hulle eie voet. DIS HIER waar hulle self desperaat word.
Hulle het nou die wonderwerk nodig gehad vir hulle self.
Hierdie storm het hulle bang gemaak. Hulle was angsbevange, seker dat hul gaan sink. Die golwe het vinniger water in die boot ingeslaan as wat hulle dit kon uitskep. Let op die vyand kom selde met een golf, hy stuur golf op golf soos ook Job van kon getuig. Jy is nog besig om die water van die een uit te skep dan kom die volgende een op jou af.
Maar tog probeer hulle eers self die STORM hanteer en het hul baie eie planne gehad want hulle was immers gesoute visser manne. Hulle probeer eers alles in húl vermoë om nie onder te gaan nie.
Eers toe hul planne op was en niks werk nie en die boot amper vol water was en hul nie meer geweet het watter kant toe eers toe hul ‘n punt van DESPERAATHEID bereik het maak hulle Jesus wakker.
Doen ons nie maar ook dieselfde nie? Gebruik Hom as ‘n laaste uitweg.
Iemand het een keer gesê as jy jou op 'n boot in 'n storm bevind moet jy net die matrose se gesigte dophou, as hulle nie bekommerd is nie dan kan jy rustig wees, maar as jy sien hulle worry dan worry jy!!
Maar dis die fout wat ons maak, ons kyk om ons rond na ander se gesigte en omdat hulle worry, worry ons, maar as ons op Jesus se gesig fokus sal ons nooit worry op Sy gesig sien nie en sal ons dan ook nie worry.
Jesus worry so min oor die storm dat Hy rustig slaap. Hy is kalm en in beheer en weet hulle gaan oorgaan en nie onder gaan.
Dit kan op die oog af aanvanklik voorkom of Jesus hul storm ignoreer en dat Hy Sy tyd vat om te kom help. Hulle beoordeel die situasie op hoe dinge vir hul lyk en hulle daaroor voel.
Jesus slaap...regtig, of het Hy dalk gelê en wag dat hul moes onthou wie is in hul boot, gewag om te sien hoe hulle reageer as die storm skielik opsteek, gewag dat hul aan die einde van hul eie planne moes kom, gewag dat hulle Hom moes kom vra.
Jesus wag ook op ons dat ons Hom sal kom vra
"Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare."
PSALMS 121:4-5 AFR83
Satan gebruik VREES en TWYFEL in ons STORMS en WOESTYNE om ons te laat vergeet Wie is IN ons boot. Daarom moet ons mekaar as medegelowiges in sulke tye help onthou.
________________________________________________________________________________
Dit was nie Jesus wat getalm het om hul te help nie,
dit was hulle wat getalm het om Hom te vra.
________________________________________________________________________________
Die oomblik toe hul vra spreek Hy dadelik die storm aan.
Dieselfde Jesus wat met golwe en wind kan praat is steeds in ons boot,
of is Hy?
Aan hul verbasing aan die einde van die verhaal besef mens hul het dalk so lank gevat om Hom te vra om hulp omdat hul aanvanklik gedink het hul kan hierdie op hul eie doen en het Hom nie hier nodig nie.
Hulle moes nog leer: " “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
JOHANNES 15:5 AFR83
Dalk het hulle gedink Jesus moet mos weet hulle het Hom nodig.
God wil hê ons moet Hom kom vra, anders sal ons nie altyd besef dit was Hy wat gehelp het nie.
"Bid sonder ophou."
I THESSALONICENSE 5:17 AFR53
"Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
PSALMS 50:15 AFR83
Dalk het hul eintlik nie werklik geglo Hy sou hier iets aan kon doen nie. Hulle het steeds nie geweet waartoe Hy in staat is nie. Hulle het Hom nog nie werklik geken vir wie Hy is nie.
NIKS is vir Hom onmoontlik!!
“Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
MARKUS 4:41 AFR83
_______________________________________________________________________________
IN DIE STORM LEER HULLE JESUS KEN AS HUL GOD
EN NIE NET AS HUL VRIEND NIE, en dit vul hul met ontsag.
_______________________________________________________________________________
Jesus lei hul dus in die storm in.
Die Israeliete word deur God in die woestyn ingelei.
Alby groepe is God se kinders en alby is net gehoorsaam aan Sy leiding.
Een groep beveel hy om OOR te gaan, die ander om DEUR te gaan.
Nêrens was dit God se plan dat hul sou ONDER GAAN of OMKOM in die STORM of WOESTYN.
Hieruit sien ons:
STORMS EN WOESTYNE HET ‘N EINDE dit hou nie vir ewig aan nie.
Hulle sou ook net tydelik hier verkeer.
Is Storms en woestyne dan straf?
Soms, miskien, maar in die vorige twee verhale sien ons dat dit nie waar is van alby van die verhale nie. Hierdie twee groepe was God se kinders, mense na aan Sy hart, Hy was nie besig om hul te straf nie.
Maar hoekom in die eerste plek ons en hul tot HIER in die storm of woestyn lei en ons nie daar om vat nie?
Sou dit nie beter gewees het om hul en ons weg van die storm en woestyn te lei nie.
Nee want sien storms en woestyne bring mens op plekke en tye in jou lewe wat jy nie op ‘n ander manier sou by uitkom nie.
Dit bring jou by die einde van jou Jou eie planne, jou eie ek en jy eindig by God.
“Hy moet meer word, maar ek minder.”
JOHANNES 3:30 AFR53
DIS HIER waar jy uit desperaatheid nader aan God beweeg en jy God se teenwoordigheid werkliker en intenser as ooit.
"Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!"
JAKOBUS 4:8 AFR53
Dit bring jou uit by die punt wat jy geen uitweg meer sien nie. Maar DIS HIER waar jy by Jesus se voete God se uitweg ontdek, Sy wil word jou wil, jy leer Hom ken soos nog nooit te vore, DIS HIER waar jy wonderwerke beleef en dit jou laat met ‘n dieper begrip wie Hy werklik is en dat niks, maar niks vir Hom onmoontlik is nie.
Kopkennis word hartskennis
“Niks is vir God onmoontlik nie.”
LUKAS 1:37 AFR83
Hy weet hoe beter jy Hom ken hoe beter sal jy Hom kan VERTROU.
Israel en die dissipels het Hom soveel beter geken na die tyd as voor die tyd en dit laat hul met ontsag vir Hom...Awesome God!!
DIE HIER waar jy Sy liefde vir jou eerstehands nie van hoor nie, maar ervaar.
DIS HIER waar jy Sy beloftes sien in vervulling kom. Die Woord vir jóú persoonlik word, waar die Woord vir jóú waar word.
Dis HIER IN DIE MIDDEL van jou woestyn, DIS HIER IN DIE OOG van die storm dat jy Sy VREDE ervaar wat alle verstand te bowe gaan.
‘N TEN SPYTE VAN VREDE.
Vra maar almal wat deur storms en woestyne is, DIS HIER waar hul geloof versterk en gebou is en hul die meeste geestelik gegroei het in hul hele lewe. Nie baie gebeur op bergtoppe nie, maar baie gebeur in die valleie.
DIS HIER waar jy net God oor het, DIS HIER waar niemand meer kan help, niemand oor is behalwe jy en God.
Maar DIS HIER wat jy nie net God sien as die Almagtige nie, maar Hom beleef as jou Vader, liefdevol, beskermend, voorsienend, tugtigend en vele meer.
Jy besef en beleef jy het nie net ‘n God nie, jy het ook ‘n Vader.
DIS HIER waar Sy onverstaanbare liefde tot jou as persoon deurbreek, waar genade se volle impak besef word.
Niemand is ooit weer dieselfde na ‘n storm of ‘n woestyn.
Dit leer jou om nie rond te kyk nie, maar Op te kyk, die “BUT GOD" oomblikke raak te sien.
DIS HIER in die Storms en woestyne dat jy leer VERTROU op God alleen.
DIS HIER waar jy heel voor sit en sien wat Hy doen en kan doen.
Maar hoekom vat Hy soms so laaaaank voordat Hy tot ons redding kom en die WOESTYN of STORM stil maak?
Moontlik sodat ons eers bogenoemde sal leer en ervaar maar ook soms omdat dit ons is wat soos die dissipels in die boot so laaaaank vat voordat ons Hom vra.
" You do not have because you do not ask [it of God]."
JAMES 4:2 AMP
Die moeilikste oomblik van die storm is daardie STILTE, as ons dink ons is alleen, Jesus slaap, Hy weet nie ons vergaan nie. Maar hulle ontdek in die storm:
- God is by hul
- God is nooit uit beheer van hul situasie nie
In een van ons eie STORMS het ons met ons 6 maande oue seuntjie gejaag hospitaal toe nadat iemand hom opgetel het en ‘n dakwaaier wat te laag ingesit was hom perongeluk tussen sy ogies getref het.
Dit was net een groot frats ongeluk.
Ons was tot hier al deur so baie storms en woestyne.
Ek het hierdie dag desperaat uitgeroep “Here waar is U, kon U nie die keer gekeer het nie!” minute het ure geword van stilte van die Here se kant soos ons van een hospitaal na die ander oorgeplaas is. En na hy ‘n uur in teater was kom die dokter uit en vra my of ek gesien het hoeveel genade ons van God ontvang het? Onthou op die oomblik het ek gevoel dat Hy ons verlaat het. Hy sê toe 1mm nader aan die dakwaaier dan kon hy of dood gewees het, of kon hy breinskade gehad het, of kon hy alby sy ogies verloor het. Die waaier het deur die sinusse gesny, die kop beentjie gekloof maar net-net nie deur, en het dit sy oog balletjies net net gemis.
En op daardie oomblik breek die Here die stilte en antwoord my in my gedagtes:
“ Ek het julle nie verlaat nie Ek was daar,
daardie 1mm was My hand tussenin"
Wow en op daardie oomblik word Sy Woord werklikheid vir mý, vir ons
“En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.”
MATTHÉÜS 28:20 AFR53
"... God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
HEBREËRS 13:5b AFR83
DIS HIER waar ek geleer het dit hang nie af of iets vir my so voel of nie, dis Woord, dis waarheid
HY SAL ONS NIE BEGEWE OF VERLAAT NIE PUNT!!
Hy het nie vir hulle op die wal gewag nie en ook nie in die Beloofde land nie. Nee Hy was by hul in die boot, in die storm, in die woestyn teenwoordig.
Hy kon ons om dié Storm gevat het, maar ek is dankbaar Hy het nie.
DIS HIER waar ons geleer het dat daar altyd STORMS sal wees maar dat HY ONS NOOIT ALLEEN DEUR STORMS SAL LAAT GAAN NIE.
HY IS BY ONS, VIR ONS, IN ONS, VIR ALTYD EN ALTYD
DIS HIER waar Hy ons vashou en deurdra...een ry voetspore
“Julle het in die WOESTYN ondervind hoe die Here julle God julle die hele pad waarlangs julle tot hier toe gekom het, gedra het soos 'n man sy seun dra.’
DEUTERONOMIUM 1:31 AFR83
Is jy ook dalk nou HIER?
Laat Jesus toe om jou net vas te hou op HIERDIE OOMBLIK
Onthou: STORM, WOESTYN, noem dit wat jy wil. Hy is by ons in dit, en dit hou nie aan vir altyd
"You have to go through to get through" Joyce Meyer
Maar dankie tog nie alleen
Hy is by ons, ALTYD!
"PRAY on it,
PRAY over it,
But most of all
PRAY through it" - Victory today
PRAYING IT FORWARD
CASTING CROWNS – Just be held
"Hold it all together
Everybody needs you strong
But life hits you out of nowhere
And barely leaves you holding on
And when you’re tired of fighting
Chained by your control
There’s freedom in surrender
Lay it down and let it go
CHORUS:
So when you’re on your knees and answers seem so far away
You’re not alone, stop holding on and just be held
Your worlds not falling apart, its falling into place
I’m on the throne, stop holding on and just be held
Just be held, just be held
If your eyes are on the STORM
You’ll wonder if I love you still
But if your eyes are on the cross
You’ll know I always have and I always will
And not a tear is wasted
In time, you’ll understand
I’m painting beauty with the ashes
Your life is in My hands
CHORUS:
So when you’re on your knees and answers seem so far away
You’re not alone, stop holding on and just be held
Your worlds not falling apart, its falling into place
I’m on the throne, stop holding on and just be held
Just be held, just be held
Lift your hands, lift your eyes
IN THE STORM IS WHERE YOU’LL FIND ME
And where you are, I’ll hold your heart
I’ll hold your heart
Come to Me, find your rest
In the arms of the God who wont let go
CHORUS:
So when you’re on your knees and answers seem so far away
You’re not alone, stop holding on and just be held
Your worlds not falling apart, its falling into place
I’m on the throne, stop holding on and just be held
Just be held, just be held
Moenie op die Storm fokus nie, fokus op Wie is in jou boot.
Hy gee wel om, Hy kan wel help,
maar soms is die STORM of WOESTYN waarin ons,
ons bevind deel van Sy plan.
Eendag in die ewigheid sal ons verstaan Hy was net te lief vir ons om ons daar om te gevat het en dat daar 'n rede was dat ons daardeur moes gaan.
Wat as die storms en woestyne Sy genade is, dít Sy hulp is?
Comments
Post a Comment