Om om te kyk...
Laaste dag van 'n bitter moeilike jaar vir die ganse mensdom....2020
Dis hier waar ons vir 'n wyle stop en terugkyk.
Soms is terugkyk nodig en soms nie...
Hang af waarop jy fokus, soms is daar goed wat jy moet uitblur.
SOMS NIE is soos wanneer die Israeliete terugkyk en verlang na die vleispotte van Egipte en dit terwyl die Here self voor hul uittrek na iets baie beter, Hy self vir hul sorg en hul beskerm en hul neem na die Beloofde land, hul verlos uit slawerny.
SOMS NIE is as Lot se vrou omkyk na die lewe soos sy dit geken het OM DIT NIE TE WIL LAAT GAAN NIE, om te kyk na die stede Sodom en Gomora met al hul verleidelikhede, na 'n lewe van sonde waarvan die Here haar en haar gesin pas verlos het.
"Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken. Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie.
Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.
(Lot kies om die regte eerbare ding te doen en dit bring hom en sy gesin self in gevaar. Dawid roep dit ook uit in die Psalms dat sy vyande hom kwaad vir goed wil vergeld)
Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om hier as vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.
(BUT GOD...Maar die Here tree vir ons in as ons kies om Sy pad te loop en hou ons veilig)
Maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit. Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, met blindheid, sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het.
Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? 'n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad — bring hulle uit die plek uit; want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die Here , en die Here het ons gestuur om dit te verwoes.
(Lot het geglo en gehoorsaam)
Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die Here gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer. (Bly ons praat en waarsku of maak die wêreld se spot ons deesdae stil?)
En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie. Maar hy het nog getalm(Dalk het hy gehoop dat sy skoonseuns tog nog sal hoor en kom om gered te word, dit moet ook altyd ons hart wees, maar daar kom 'n oomblik vir die ongeredde dat die Here die genade tyd laat ophou soos ook met Noag toe die Here Noag en sy gesin weggevat het van die oordeel en die deur agter hulle gesluit het. God se kinders veilig ingesluit onder Sy genade).
TOE GRYP DIE manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, OMDAT die Here hom wou verskoon; en hulle LEI HOM UIT en bring hom buitekant die stad. (ABRAHAM se gebede vir Lot is beantwoord en Lot en sy gesin word begenadig. Vir wie bid jy op die oomblik? Of dalk word daar vir jóú gebid, jy is dalk in gevaar en moet vlug vir jou lewe, maar jy talm)
En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaan streek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!
(Waarvan moet ons dalk vlug vir ons lewe vanuit die "ou normaal" soos ons dit gewoond was en nie moet na wil terug gaan nie, waaruit het die Here ons dalk kom verlos. Dalk iets wat al my tyd gevat het, iets wat my verslaaf het, sorge en genietige van die lewe wat die saadjie verstik sodat dit tot nou nie kon vrug dra het nie)
Daarop antwoord Lot hulle: Ag nee, my Here! Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou.
(Net die feit dat jy hier kan leer en ons vandag die laaste dag van 2020 kan beleef wys ons die genade wat ons ontvang het onverdiend uit die Here se hand. Lot en sy gesin was ook nie heeltemal onskuldig nie, daarom noem hy dit genade en guns)
Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie. Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug — is dit nie klein nie? — dat ek kan lewe! En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie. Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie.
(Abraham se gebed het God se hand teruggehou. God se Genadetyd wat hulle gegun word om weg te vlug van dit wat God nie geëer het nie en wat tot in die hemel geroep het. God is liefde en is genadig en sou die stad vir net 10 red, maar Hy kon nie daardie tien kry nie, in Sy liefde en genade vat Hy wel die 4 uit die stad voor Hy daaroor oordeel)
Daarom noem hulle die stad Soar. Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom. En die Here het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die Here uit die hemel, en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaan streek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.
En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword.
En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die aangesig van die Here gestaan het. Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaan streek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van 'n smeltoond. En onderwyl God die stede van die Jordaan streek verwoes, het God aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was."
GÉNESIS 19:4-29 AFR53
Waar woon jy?
Kyk ons terug soos Lot se vrou op 2020 en verlang na Januarie se "normaal" al moet ons plek plek erken dat dit nie goed was vir ons nie. Of soos die Israeliete verlang ons terug na die vleispotte van Egipte al het dit ingesluit dat ons vas was in slawerny.
Miskien het ons te veel aandag aan verkeerde of niksseggende goed gegee, het die rotressies ons ingesluk, dalk is daar 'n paar afgode in ons lewe ontbloot, goed wat ons besef het vir ons te belangrik geword het, waarvoor ons die Here voor verruil het. Was ons te besig met ander goed, selfs goeie goed om tyd by Hom te spandeer?
Selfs Sondae was ons net te besig met ander goed. Geliefdes is afgeskeep en selfs afgeskryf in die "ou normaal" ter wille van eie belange en nog-nog.
En toe eenskalps word ons tot stilstand geruk en word alle regte, vryhede ens van ons weggevat. Skielik word regte voorregte.
Ons moet ons Vader dank en vertrou dat Hy dalk oppad met ons is na iets beter al beteken dit 'n pad deur die woestyn. Dalk het hy in 2020 ons kom uithaal uit goed wat Hom nie geëer het nie en ons ver van Hom weg geneem het.
Ja dit was en is steeds rof en is almal lockdown foos, maar dalk is dit vandag nodig om terug te kyk, raak te sien, op die regte plekke te fokus en te ONTHOU.
Ons kies vandag om ipv teen al die lockdown moets en moenies vas te kyk, terug te kyk op die EEN RY VOETSPORE soos Jesus ons gedra het, op die genade en guns wat Hy aan ons bewys het.
Baie het geliefdes, werk, inkomste ens verloor.
Dus hoe kyk ons van hier af vorentoe, met 2021 wat voor ons uitgestrek lê onbekend en onseker. Hoe behou ons hoop vir 'n beter môre?
MET ONS GOD
Ons kyk eerstens Op na ons Vader wat die toekoms in Sy hand hou en nooit uit beheer is nie. Ons vestig ons oog op Hom en die ewigheid en nie net op hier en nou nie.
God se kinders wat nie meer by ons is na 2020 is op die oomblik by Hom veilig en geliefd. Hulle sal nie met ons plekke wou ruil. Ja dis vir ons seer en verlang ons, maar nie soos hulle wat nie hoop het.
Ons hoop is eerstens op 'n beter toekoms by Hom.
Dan kyk ons terug om te kan ONTHOU.
Onthou versterk ons geloof en gee ons die krag om in vertroue op ons hemelse Vader die onbekende 2021 aan te pak.
As ons terugkyk en onthou sien ons dat Hy beloof het dat Hy ons nooit sal los nie, Hy is by ons en Hy gaan saam ons deur.
Hy is die God van die mossie, Hy beskerm ons en sorg vir ons. Genoeg mannna en kwartels vir elke dag.
En as ons dan die deurdra, die voorsiening en beskerming ONTHOU het moet ons
Gaan vertel...
Dit beteken ons moet ONTHOU(terug dink) om te kan vertel aan ons kinders en opkomende geslagte...SODAT hulle kan voortgaan en bemoedig word.
_________________________________________________________
Hoe ons praat bepaal of ons kinders kans sien vir môre
__________________________________________________________
ONTHOU laat mens HOOP en KRAG kry vir môre...
Onthou wat Jesus al vir jul gedoen het maar onthou veral wat Hy beloof in Sy Woord.
"Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as 'n teken op julle hand en laat dit as 'n voorhoofsband tussen julle oë wees, en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;"
DEUTERONÓMIUM 11:18-19 AFR53
HY SAL ONS NOOIT LOS
GLO DIT!!
Vertel dit vir mekaar, en bemoedig mekaar so.
Getuig van jou eie persoonlike ervarings, jou eie een ry voetspore daardie BUT GOD 2020 OOMBLIKKE
"Die goedertierenhede van die Here wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag."
PSALMS 89:2 AFR53
Kom ons fokus op Hom in hierdie tyd
Kom ons GAAN VERTEL....
(sodat ander ook kan krag en hoop kry)
By die Here is niks onmoontlik nie. Hy kan ons lot verander.
Hy het dit vir Israel gedoen, maar ons moet Hom aanroep...BID, BID, BID
Die Woord sê "bid sonder ophou"
Hy het deur Abraham se gebede ook Lot se lot verander
"ROEP My aan,
en Ek sal jou antwoord
en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
(Moenie vaskyk teen wat jý weet nie)
Want so sê die Here , die God van Israel, met betrekking tot die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Juda wat omgegooi is as verdediging teen die walle en die swaard — hulle kom wel om te veg teen die Chaldeërs, maar dit is om dié huise te vul met die lyke van mense wat Ek verslaan het in my toorn en in my grimmigheid en oor al die boosheid van diegene om wie Ek my aangesig vir hierdie stad verberg het.
Kyk, Ek laat vir die stad GENESING en GESONDMAKING tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar 'n oorvloed van duursame vrede.
En EK SAL DIE LOT VAN JUDA EN DIE LOT VAN ISRAEL VERANDER EN HULLE BOU SOOS TEVORE.
En Ek sal hulle REINIG van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en VERGEWE al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het. (Onverdiende GENADE)
En die stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen(iemand gaan dit vertel); en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys.
So spreek die Here : In hierdie plek waarvan julle sê(ons praat soms as ons fokus verloor vanuit die oogpunt van wat ons kan sien en wat ons weet): Dit is woes, sonder mens en sonder dier — in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder mens en sonder inwoner en sonder dier, SAL WEER gehoor word die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê:
Loof die Here van die leërskare, WANT DIE HERE IS GOED, want sy goedertierenheid is in EWIGHEID!
— van die wat 'n lofoffer bring in die huis van die Here ; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die Here .
JEREMIA 33:3-11 AFR53
Een ding wat ons in 2020 geleer het is om weer te sê: " as die Here wil sal ons dit of dat doen"
Daar is ALTYD HOOP, kom ons kyk terug, ONTHOU die genade en liefde ten spyte van.
Die NOGTANS GELOOF wat ons geleer het by die HERE veral in 2020
"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, NOGTANS sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Vir die koorleier. Met snarespel."
HABAKUK 3:17-19 AFR83
Hoeveel het ons nie net om te kan vertel, van die die hoë plekke waar Hy ons veilig laat loop het nie.
Kom ons gaan die nuwe jaar in met hierdie ten spyte van NOGTANS geloof wat Jesus soek vir wie Hy is en nie net meer oor wat ons by Hom kan kry nie.
"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
JOHANNES 16:33 AFR83
Baie van ons het hierdie jaar besef dat as ons alles verloor het Hy steeds genoeg is.
Comments
Post a Comment