DIE STORIE VAN DIE OLIE - Hoekom het vyf gehoor, "Gaan weg Ek het julle nooit geken nie" Dis 'n mondvol.
"KEEP your lamp filled with oil.
The King of Kings is coming"
DIS 'n saak van
"KEEP ON KEEPING ON"
Weet ons wat is of simboliseer hierdie OLIE ?
VERSTAAN ons die storie van die olie?
Ons kan HOOR en van weet maar as ons dit nie BEGRYP nie, NIE VERSTAAN NIE hoe sal ons dit kan DOEN wat Jesus vra?
Hoe sal ek dan weet HOE OM MY LAMPIE se OLIE aan te vul en
VOL TE HOU?
My HOOR, moet VERSTAAN en dan DOEN word.
Hoe beter ons verstaan hoe beter kan ons dit doen/gehoorsaam.
"Then you can tell the next generation
detail by detail the story of God,
Our God forever,
who guides us till the end of time."
Psalm 8 :14-15
Ons kan nie die Here dien op ons eie manier nie daarom moet ons baie tyd by Sy voete deurbring om te hoor en begryp hoe Hy wil hê ons Hom moet dien.
"Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie."
JESAJA 29:13 AFR83
"Then the Lord said, “Because this nation approaches [Me only] with their words And honors Me [only] with their lip service, But they remove their hearts far from Me, And their reverence for Me is a tradition that is learned by rote [without any regard for its meaning],"
Isaiah 29:13 AMP
My gebed is dus dat die Here
DIE STORIE VAN DIE OLIE
vir ons sal oopbreek
***
Dis 'n mondvol, vat tyd en lees dit biddend stuk-stuk as dit moet.
Vra die Heilige Gees om dit te openbaar
***
Tydens nagmaal gee hulle vir ons groterige stukkies varsgebakte brood met die korsies nog aan. Ek sit die groot stukkie in my mond en begin kou. Dis toe dat die Here in my gedagte vir my sê dat hierdie stukkie Woord wat ek nou oor skryf is soos hierdie stukkie brood, dis ‘n mondvol en moet goed eers gekou word want as ek dit netso af probeer sluk gaan ek dalk dit nie afgesluk kry nie. Dit vat dus langer om te kou as ander kere. Die harde korsie is die stukkies wat moeiliker is om te verstaan en moet langer en harder aan gekou word. Ek raak egter ook bewus hoe heerlik die brood is en dat dit heerlik is om dit te eet. Dus is dit oor en oor die moeite werd om dit langer te kou.
Kom ons vra onsself 'n paar
dringende VRAE
________________________
As Jesus vandag sou kom,
IS EK GEREED?
IS EK WARM OF IS EK LOU?
Is daar genoeg OLIE vir my lampie?
__________________________________________
My antwoord hou Ewigheidsgevolge in...
...Spyt het te laat gekom vir die 5 maagde wat ook die bruidegom verwag het...
Besef ons, ons leef in van die donkerste tye in die geskiedenis, dis die eerste keer dat die wêreld gelyk in groot nood verkeer, nie net plek-plek.
Jesus se koms is naby, Hy kom ONVERWAGS middernag, maar van die dag en die uur weet niemand maar ons sien baie tekens oral om ons. Wanneer weet ons nie, maar ons weet dat Hy kom..
Die volgende vraag is:
____________________________________
Is ek VERSTANDIG of is ek DWAAS?
_____(moenie te gou antwoord nie )__________________
"DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos TIEN maagde wat hulle LAMPE geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
En vyf van hulle was VERSTANDIG en vyf DWAAS.
En toe die wat DWAAS was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die VERSTANDIGES het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
En terwyl die bruidegom TALM om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
Toe staan AL daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
En die wat DWAAS was, sê aan die VERSTANDIGES:
Gee vir ons van julle OLIE,
want ons lampe gaan uit.
Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom.
En die wat GEREED was,
het saam met hom INGEGAAN na die BRUILOF,
en die deur is GESLUIT.
Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê:
Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
Waak dan, OMDAT julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
MATTHÉÜS 25:1-13 AFR53
BESEF ONS híér in bogenoemde skrif praat Jesus nie met die ONGELOWIGES nie, maar met die GELOWIGES.
Soos ook later in Openbaring met die gemeente (gelowiges) van Laodicéa wat lou geword het en van wie Hy gesê het hy gaan hulle UITSPOEG...
___________________________
Ons weet in vandag se lewe wat ons liggaamstemperatuur is want dit word oral gemeet, maar weet ons wat ons geestelike temperatuur is?
"WAS AS JULLE TOG MAAR KOUD, MAAR NOU IS JULLE LOU"
Dit is 'n hartseer toestand van het gehad, het geweet maar dit nie bewaar en behou
________________________
Dis dieselfde met die vyf maagde se lampies, vir die lampie om uit gaan beteken dit die lampie moes aanvanklik gebrand het en het dus wel olie in gehad en nie soos baie dink dat dit nooit olie ingehad het nie.
Maar om te kan BLY BRAND moet die lampie voortdured opgevul word met olie, daarvoor moes hulle ekstra olie saamvat.
As iets brand is dit WARM maar as dit ophou brand koel dit af en word dit ook LOU.
"En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel."
MATTHÉÜS 24:11-12 AFR53
Slegte VRUGTE vermeerder (ongeregtigheid) en LIEFDE (die VRUG van die Gees) verkoel (word lou/word minder),
Al 10 maagde het tog die bruidegom verwag, GEGLO hy gaan kom.
ALMAL het lampies by hulle gehad, ALMAL het dus aanvanklik olie ingehad en het ALMAL se lampies gebrand en ALMAL het aan die slaap geraak omdat hy getalm het, maar net 5 WAS GEREED en het INGEGAAN toe hy kom en het gaan sit aan Sy feesmaal en die VYF ONVERSTANDIGES/DWASES kon nie ingaan nie want HUL WAS NIE GEREED en is vir altyd buite...
IS, nie WAS want die ewigheid hou vir altyd aan, en aan...
DIE DEUR IS vir hulle GESLUIT vir ewig!!
Het ons al mooi hierdie bedink?
VIR ALTYD BUITE,
buite weg van God ons Vader se teenwoordigheid
Die ondenkbare,
Godsverlate.
Ook in Noag se tyd het Gód die deur gesluit...
"Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens. In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark INGEGAAN het. Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, TOTDAT die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het.
NET SO sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens."
MATTEUS 24:37-39 AFR83
Tot dan leef ons in GENADETYD,
tyd om te sorg vir genoeg olie,
maar hoe?
________________________________________________________________________________
As Jesus vandag sou kom, hoe vol is my lampie?
Het ek genoeg olie sou Hy talm?
_________________________
In 'n Hebreeuse huwelik het die bruidegom die bruid kom vra om te trou en het hy vir haar 'n huwelikskontrak gebring en die prys betaal. Na die verlowing sou die bruidegom terugkeer na sy vader se huis om die bruidskamer gereed te gaan maak. Dan na voltooiing en goedkeuring van die vader sou die bruidegom terugkeer in die nag op 'n ONVERWAGTE uur om sy bruid te gaan haal. Hy kondig dan sy aankoms met 'n basuingeklank aan en omdat sy nie weet wanneer dit sal wees moes sy,
heeltyd GEREED wees vir sy koms.
Haar olielamp moes HEELTYD in haar venster BRAND
as teken van haar GEREEDHEID
Om dit reg te kry moes sy haar lampie
VOORTDUREND OPVUL MET OLIE
Ook ons hemelse Bruidegom Jesus het ons aan Hom verloof en het vir ons gaan plek voorberei OM ONS WEER TE KOM HAAL...
"LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is."
JOHANNES 14:1-3 AFR53
"MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen."
MATTHÉÜS 24:36 AFR53
In Sagaria sien ons God gee OPDRAG dat die lamp in die tempel ook nooit mag opgehou brand het nie.
In die Bybel se tyd was dit OLYFOLIE wat gebruik is in die lampies
____________________________________________________________________________________________
Ons sien dat OLIE hier die deurslaggewende rol speel...
Die VERSKIL tussen die
5 DWASE en 5 VERSTANDIGE meisies was
die HOEVEELHEID olie wat hul by hul gehad het.
Dit moes hou TOTDAT die bruidegom gekom het.
Want die Lamp moes BLY brand!!
_________________________________________________________________________________
Ons lees ook dieselfde boodskap in 'n ander skrifgedeelte
"LAAT julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind — gelukkig is daardie diensknegte. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie. Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie."
LUKAS 12:35-40 AFR53
Jy kan nie namens iemand olie vat nie en hulle nie namens jou.
Eendag wanneer ek voor Jesus gaan staan, staan ek alleen
__________________________________
Ek hoor en ek wil gereed wees maar...
WAT IS hierdie OLIE?!!
__________________
In Sagaria beskryf die Woord vir ons die betekenis van die olie.
"EN die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ’n man wat uit die slaap opgewek word. En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ’n kandelaar, heeltemal van goud, en sy OLIEKAN bo-oor hom en sy sewe LAMPE op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.
Ook twee OLYFBOME langs hom, een aan die regterkant van die OLIEKAN en een aan die linkerkant daarvan.
Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie?
En ek het gesê: Nee, my heer. Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik:
Nie deur krag of deur geweld nie,
maar deur my Gees,
sê die Here van die leërskare. .......
"Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê:
Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan? En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud (goudkleurige suiwerste olyfolie) uit hulle laat uitstroom? Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan (wat in diens staan van Hom aan wie die hele aarde behoort)"
SAGARÍA 4:1-14 AFR53
Hierbo verwys na iemand spesifiek, maar ons kan hieruit aflei dat die Olie ook sal en moet stroom uit elke gelowige (wat ook andersins in diens staan van die Here) na ander en tot verheerliking van God
Élaion is die oorspronklike griekse woord wat gebruik word in Matteus vir OLIE en beteken in engels "(figuratively) the INDWELLING (empowering) of the Holy Spirit" volgens die BIBLE HUB.
Olyf olie in hul LAMPIE is simbool van die permanent inwonende Heilige Gees wat in die kind van God(ingeënte olyftakkie) woon wat ons in staat stel deur, deur ons te vloei om veel vrug te kan dra wat as dit gepars word nog olie voorsien
Nie deur eie krag of geweld kan ons iets vermag nie, ook nie vrug dra nie, maar alleen deur die instaatstelling van Sy Gees.
___________
Hoe ontvang ek die
HEILIGE GEES
(Kry ek die olie)?
______________________
Word eerstens ingeënt
Om te verstaan van die olie moet ons by die BEGIN begin.
Die Woord sê ons almal is eers deel van die wilde olyf en vanuit hom dra ons slegte vrugte
"want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is."
ROMEINE 3:23-24 AFR53
_____________________________________________________________________________________________
Die mak Olyfboom
"En as sommige van die takke AFGEBREEK is, en jy wat ’n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die WORTEL en die vettigheid van die olyfboom, moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem — dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.
Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
Goed!
Deur ONGELOOF is hulle afgebreek, maar jy staan deur die GELOOF.
Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid BLY; anders sal jy ook afgekap word.
Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. (Genade op genade)
Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?
ROMEINE 11:17-24 AFR53
Die Mesagge vertaling beskryf dit so:
"Behind and underneath all this there is a holy, God-planted, God-tended root. If the primary root of the tree is holy, there’s bound to be some holy fruit. Some of the tree’s branches were pruned and you wild olive shoots were grafted in. Yet the fact that you are now fed by that rich and holy root gives you no cause to crow over the pruned branches. Remember, you aren’t feeding the root; the root is feeding you.
It’s certainly possible to say, “Other branches were pruned so that I could be grafted in!” Well and good. But they were pruned because they were deadwood, no longer connected by BELIEF and COMMITMENT to the root.
The only reason you’re on the tree is because your graft “took” when you BELIEVED, and because you’re connected to that belief-nurturing root.
So don’t get cocky and strut your branch. Be humbly mindful of the root that keeps you lithe and green.
If God didn’t think twice about taking pruning shears to the natural branches, why would he hesitate over you? He wouldn’t give it a second thought. Make sure you stay alert to these qualities of gentle kindness and ruthless severity that exist side by side IN God—ruthless with the deadwood, gentle with the grafted shoot.
But don’t presume on this gentleness.
The moment you become deadwood, you’re out of there.
Romans 11:16-22 MSG
Ek die wilde olyftakkie word ingeënt op die Mak Olyfboom (of as loot aan die Wynstok) deur bekering en WEDERGEBOORTE dus deur GELOOF in Jesus Christus.
"Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word. Goed! Deur ONGELOOF is hulle afgebreek, maar jy staan deur die GELOOF." Rom 11
As ek weergebore word, word ek ingeënt en ONTVANG EK DIE HEILIGE GEES
"As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog ’n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.
In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle(INGEËNT)
Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar."
JOHANNES 14:15-21 AFR53
_____________________
Hoe werk hierdie inenting proses?
___________
"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom INGAAN en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My."
DIE OPENBARING 3:20 AFR83
Vir nou is dit Jesus wat sal klop en aanhou klop, maar daar gaan 'n dag kom dat die prentjie omgekeer gaan wees soos ons gesien het met die dwase maagde.
Moenie uitstel
" Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding."
2 KORINTIËRS 6:1-2 AFR83
Ons word uit GENADE as wilde olyftakkies op die mak olyfboom ingeënt.
Wie sal ingaan en
wie sal buite uitgesluit word?
“Twee persone sal saam op die land werk. Die een sal saamgeneem word en die ander een sal agtergelaat word. Twee vroue sal saam by die meul koring maal. Die een sal saamgeneem en die ander een sal agtergelaat word.
Wees dus waaksaam,
want julle weet nie watter dag julle Here kom nie.
MATTEUS 24:40-42 NLV
_______________________________________________________________________________________
Belangrik om te besef dis net die BEGIN!
Baie word tot hier gebring maar nie vertel dat dit nie hier ophou nie.
"En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
MAAR wie VOLHARD tot die einde toe,
hy sal gered word."
MATTHÉÜS 24:11-13 AFR53
'n HALWE STORIE IS NIE DIE VOLLE WAARHEID NIE
______________________________________________________________________________________
Moenie dus net gereed maak nie LEEF GEREED!!
"Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe.
En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe."
2 PETRUS 3:14-15 AFR83
Weer sien ons die vers praat met die gelowiges
Is ons in of is ons uit?
Jy is of ingeënt of jy is nie en jy kan ook weer afgekap word
Die ergste wat met 'n gelowige kan gebeur is om die deur gesluit te vind en te hoor:
"Ek ken julle nie" of "GAAN WEG van My af"
"Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die VERDERF lei, en daar is BAIE wat daardeur ingaan.
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die LEWE lei, en daar is MIN wat dit vind. .... "
Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige WOLWE is.
Aan hulle VRUGTE sal julle hulle ken.
’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! *
So dra elke goeie boom goeie vrugte;
maar ’n slegte boom dra slegte vrugte.
’n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word UITGEKAP en in die vuur gegooi.
So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie,
MAAR hy wat DIE WIL DOEN VAN MY VADER wat in die hemele is.
Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
En dan sal Ek aan hulle sê:
Ek het julle nooit geken nie.
Gaan weg van My,
julle wat die ongeregtigheid werk!
(And then I will declare to them publicly, ‘I never knew you; depart from Me [you are banished from My presence], you who act wickedly [disregarding My commands].’ Matthew 7:23 AMP )
Ook hier lees ons hierdie verskriklike woorde
“Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, WANT Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ (GEEN OF SLEGTE VRUGTE)
En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, MAAR dié wat die wil van God GEDOEN het(GOEIE VRUGTE), die ewige lewe.”
MATTEUS 25:36, 41-46 AFR83
Dus sal hy wat binne God se wil gehoorsaam DOEN (goeie vrugte dra), vanuit 'n intieme verhouding met Hom INGAAN.
Die VRUGTE is die sigbare BEWYS.
Nie net vir ander nie maar ook vir myself, ware vrug wat hou.
"Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit DOEN, hom sal Ek vergelyk met ’n VERSTANDIGE man wat sy huis op die ROTS gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm(beproewinge), en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit NIE doen NIE, sal vergelyk word met ’n DWASE man(soos die dwase meisies) wat sy huis op die SAND gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie."
MATTHÉÜS 7:13-29 AFR53
"Wees baie versigtig HOE julle lewe: nie soos onverstandige (dwase)mense nie, maar soos verstandiges.
EFESIËRS 5:15 AFR83
__________________________________________
Wat is dan die DOEL van die INGEËNTE olyftakkie?
__________________________________________
Om VRUG TE DRA
Daar moet OLYWE of druiwe wees aan die takkie
I chose you on purpose for a purpose
"You have not chosen Me, but I have chosen you and I have appointed and placed and purposefully planted you, so that you would go and bear FRUIT and keep on bearing, and that your fruit will REMAIN and be LASTING..." Joh 15
VRUG wat HOU en nooit OPRAAK nie
Die VRUG van die Gees is die GEVOLG van wedergeboorte en daarom is die wat ware vrug dra nie altyd bewus daarvan nie, daarom sê hulle Here waar het ons U honger gesien, siek gesien want hulle fokus net op Sy krag en om in Hom te bly van wie hul lewens afhang en DRA soms ONBEWUSTELIK VRUG.
Die wat dit uit eie krag PROBEER VRUG DRA, kan vir jou presies opnoem waar hulle "vrug" gedra het en sien ons baie keer dat dit voorkom by VERDIENSGODSDIENS.
Hulle doen iets om iets terug te ontvang terwyl ware wedergeboorte gelowiges GOD SE WIL, wil DOEN omdat ek reeds ontvang het, GENADE onverdiend.
Dis nie gehoorsaam doen(vrug dra) tot redding nie maar as gevolg van redding(inenting)
VRUGTE is sigbare teken en die BEWYS DAT ONS WARE NAVOLGERS VAN JESUS is en GOD SE KIND IS.
Ons word aan ons vrugte uitgeken en soos ons reeds hier bo gelees het is SLEGTE vrugte of die AFWESIGHEID van vrugte is die BEWYS VAN VALSE PROFETE
"Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk."
TITUS 1:16 AFR53
"terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke."
TITUS 2:13-14 AFR53
VRUG DRA is dus 'n opdrag
"Dra dan VRUGTE wat by die bekering pas. En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word UITGEKAP en in die VUUR gegooi."
MATTHÉÜS 3:8-10 AFR53
__________________________________________
Hoekom is dit belangrik om vrug te dra?
__________________________________________________________________________________________
Jesus se optrede teenoor die onvrugbare vyeboom sê vir ons hoe BELANGRIK dit vir Hom is en ons sal bietjie later nog beter verstaan HOEKOM.
"Toe hulle die volgende dag van Betanië af terugkom, het Jesus honger gekry. Hy sien toe op 'n afstand 'n vyeboom met blare aan en gaan daarheen om te kyk of Hy nie miskien 'n vy daaraan kry nie. Toe Hy daar kom( soos as Jesus die bruidegom gaan kom), kry Hy niks nie, net blare, want dit was nie vyetyd nie. Hy sê toe vir die boom: “Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie.” Sy dissipels het dit gehoor...
Toe hulle die volgende môre vroeg by die vyeboom verbygaan, sien hulle dat hy tot in sy wortels verdroog is. Gedagtig aan wat Jesus gesê het, sê Petrus vir Hom: “Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.”
MARKUS 11:12-14, 20-21 AFR83
Net soos hierdie vyeboom, het baie mense ’n BEDRIEGLIKE VOORKOMS.
Party mense lyk dalk godsdienstig soos die farriseers, maar hulle het nie geloof wat in dade oorgaan nie en hulle bring geen vrugte of slegte vrugte voort.
In die gelykenis van die Saaier sien ons verder hoe belangrik VRUGTE was vir die Here, dit is dieselfde Saaier, dieselfde saad maar die grond het verskil.
"En by wie in die dorings gesaai is — dit is hy wat die WOORD HOOR, maar die SORGE van hierdie wêreld en die VERLEIDING van die rykdom verstik die woord, en hy word ONVRUGBAAR.
En by wie op die goeie grond gesaai is — dit is hy wat die woord HOOR en VERSTAAN, wat dan ook VRUG dra en oplewer:
die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig."
MATTHÉÜS 13:22-23 AFR53
Net die laaste een het vrug gedra...Net die saad wat VRUG gedra het was aanneemlik vir die Here
Dit gaan nie oor die hoeveelheid vrug nie maar oor voordurend sonder ophou VOLHARD TOTDAT...
Aangehaal uit 'n dagstukkie van TABERNAKEL
Levitikus 24:1-3 sê: "En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur ‘n brandende lamp te hê. Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte."
M.a.w Abba Vader sê vir Moses om vir Aäron (wat die eerste hoëpriester was), sê vir hom hierdie lampe moet oggend en aand, moet dit volgemaak word met die suiwerste olie wat gepars word. Abba Vader sê vir Moses die suiwerste van die olie moet jy hou vir die lamp. Dan moet ons die volgende in ag neem: In die proses as jy 'n olyf pars, dan word ‘n olyf 3 keer gepars. Hy gaan deur 3 prosesse van pars en elke keer is daar ‘n ander olie wat uitkom. Die eerste keer as jy olywe pars is dit die suiwerste olie, so Abba Vader sê hierdie suiwer olie word gebruik vir die Menora. Die tweede keer wat hierdie olywe gepars word is hierdie olie ‘n bietjie minder suiwer gewees. Hierdie olie is dan gebruik vir lampe in mense se huise. Dit was ook gebruik vir sekere medisyne vir genesing. Die derde keer as hierdie olywe gepars word en daar weer olie uitgekom het is hierdie olie gebruik vir seep en in skoonmaakmiddels.
So sien ons ook wat Jesus kom doen het vir ons in die manier hoe die olie gepars is uit die olywe. Die eerste pars gee die suiwerste olie "Ek is die Lig van die wereld." Die tweede pars ontvang ons van Hom olie om Sy lig vir die wereld te gaan wees, om sy evangelie uit te dra. Die tweede pars is ook gebruik vir genesing en Jes 53:5 sê "Deur Sy wonde is daar genesing" dus vir my en jou genesing. Die derde pars: deur die bloed van die Lam word ek en jy gereinig. Ons word skoongewas deur die prys wat Jesus betaal het, deur die bloed van die Lam.
******************
"Geseënd is die man wat op die Here VERTROU, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ’n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om VRUGTE te dra nie."
JEREMIA 17:7-8 AFR53
Olyfbome is 'n Immergroenboom, so moet ons ook wees wat ons lewegewende krag by Jesus die Woord kry deur die Heilige Gees wat na ons toe vloei. Die water stel ons in staat om vrugte te dra wat by die bekering pas, en Jesaja sê selfs in droogte hou dit nie op omvrug te dra nie..
Ons moet ook diepte in ons geestelike lewe hê en onafgebroke in verbinding bly met die fontein van lewende water, dan sal ons nooit geestelik verdroog.
Ons moet in Hom bly want sonder Hom kan ons nie vrug dra nie
"WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; MAAR sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy VRUGTE gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit."
PSALMS 1:1-3 AFR53
Hier sien ons dat vrug gekoppel is aan God se Woord baie (dag en nag) dit te oordink, dit te glo, en op dit te reageer, dus dit te doen (vrug te dra wat by die bekering pas)
"Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek BEWAAR. En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
Salig is die wat sy gebooie DOEN, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en INGAAN deur die poorte in die stad. MAAR BUITE is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus! Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen."
OPENBARING 22:7-8, 12-21 AFR53
__________________________________________
Wat VERHINDER die olyftakkie om VRUG te dra?
__________________________________________
Die ander 3 van die saaier gelykenis het nie volhard, toe genietinge en sorge kom was die gevolg geen vrug; ONVRUGBAARHEID
NIE net SONDE en verkeerde vriende kan ons weerhou van vrug dra nie, maar ook alles waaroor ons so besorg is. Marta was so besig en besorg.
"Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie."
LUKAS 10:41-42 AFR53
_______________________________________________________________________________________
Hoe lyk hierdie vrugte (OLYWE)?
________________________________________________________________________________________
Voorbeelde van slegte en GOEIE vrugte
"Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.
Die VRUG van die Gees, DAARTEENOOR, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie."
GALASIËRS 5:19-23 AFR83
Die Here breek die vrug vir ons nou die dag verder oop in ons bybelstudie op die manier:
'n Vrug het 3 dele:
Die skil...dit wat jy kan sien
- Die skil is wat mense fissies kan sien, dis soos goeie dade - geloof wat in dade oorgaan...dus is dit die GEVOLG van die vrug van die Gees binne my
Die binne sagte gedeelte...dit wat jy nie fissies kan sien
- die binne gedeelte is Die vrug van die Gees en dit is die hart agter die dade, dis die gesindheid, motief en rede hoekom ek gehoorsaam DOEN en nie net hoor nie.
Dit is alles gesindheid en karakter(liefde, geduld, selfbeheersing ens), die HOEKOM, HOE en WAAROM ek vrug dra.
DIS DIE HOEKOM EK DOEN WAT EK DOEN.
EK DOEN OMDAT HY DEUR MY WERK OM TE DOEN EN TE KAN DOEN
Die pit/saad...dit wat voortplant
- Die saad is die evangelie van redding vir die wat by ons goeie vrugte baatvind. Wetens en onwetend die saad ontvang..
- Maar die Heilige Gees is dan weerens die instaatsteller vir die opkom en groei in ander persoon wat dan weer gaan vrug dra
Dit alles tot verheerliking van God ons Vader en tot uitbreiding van Sy koningkryk
Dit laat mens nogal nou verstaan hoekom vrug vir Hom so belangrik is...
VRUGTE is die gevolg van GEHOORSAAM reageer op Sy Woord, dis geloof wat deur gehoorsaamheid in dade oorgaan deur die HEILIGE GEES wat ons instaat stel.
Dus is gebed , my tiende gee, ander se belange bo my eie stel als vorms van vrug dra.
"En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met DEURGSAAMHEID, die deugsaamheid met KENNIS, die kennis met SELFBEHEERSING, die selfbeheersing met VOLHARDING, die volharding met GODSVRUG, die godsvrug met LIEFDE onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met VRUG ons Here Jesus Christus beter leer ken.
Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is. (Het dus met olie begin)
Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor BEYWER om deur julle lewe te BEWYS dat God julle geroep en verkies het.
As julle hierdie dinge DOEN, sal julle nooit struikel nie.
En dan sal daar vir julle vrye en feestelike toegang(INGAAN) wees tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus."
2 PETRUS 1:5-11 AFR83
DIE VRUG VAN DIE Gees gee dus uiting aan goeie werke(dade)
Die belangrikste vrug van die Gees is LIEFDE
LIEFDE - vrugte wat ons liefde vir ander demonstreer, as jy nie die liefde het het jy niks (1Kor ) en ons kan net liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het.
Die Olyfboom/Wynstok is liefde want God is liefde....as ons dus by die BRON van liefde ingeplug is sal Sy liefde(die olie/vrug) deur ons vloei na ander
Die dieper betekenis van van die vrugte en hoe dit bydra dat ek in Hom kan bly...
###
Aangehaal Uit redakteursbrief van die vroueblad Maart 2015
"DEUGSAAMHEID
- gaan oor die regte gesindheid teenoor die Here, oor die gelowige se begeerte en behoefte om volgens God se wil te lewe, om die regte dinge te doen. Om deugsaam te lewe, beteken om jou geloofsoortuigings, dit wat jy glo, prakties toe te pas.
KENNIS
- Sonder kennis gaan ons ten gronde, weet ons nie hoe die Here wil hê ons moet PRAKTIES leef nie
VOLHARDING
- "Keep on keeping on" - dus aan te hou aan hou om my lewe onder die leiding en beheer van die Heilige Gees te plaas gehoorsaam te bly doen wat Hy vra
GODSVRUG
- ook vertaal met godsaligheid (1953 OAV 1 Tim 6:11) of toewyding aan God (1983 NAV), integreer die vrug van 'n lewe met God met hart, mond en hande. In sy kommentaar op 1 Timoteus stel Calvyn (1964:244) dat godsvrug die begin, die middel en die einde van die Christelike lewe in die geheel uitmaak. Waar ware godsvrug in iemand se lewe tot uiting kom, ontbreek niks meer nie.
Godsvrug word ook met goeie werke (1 Tim 2:10), toewyding (1 Tim 4:8) of deug (Fil 4:8) vertaal.
Die totale lewe van gelowiges wat 'n lewende verwagting van God se eindoordeel het, moet gekenmerk word met 'n GESINDHEID van liefde, ontsag, toewyding en oorgawe aan God self.
Só lê God op die totale lewe van 'n gelowige beslag en het 'n impak op alle menslike verhoudings deur gedrag wat 'correct religious beliefs and attitudes' weerspieël (Buys 2012b:58; Louw & Nida 1996).
Godsvrug sonder God as die Bron, is moralisme.
Godsvrug het in alle opsigte groot waarde (1 Tim 3:8), maar inhoudlose skyngodsvrug weerspieël nie werklik die krag van egte liefde vir God en die naaste nie (2 Tim 3:5). Godsvrug word in geloof (πίστις) gebore, het sy wortels in Christus, word deur die Heilige Gees bemagtig (Gal 5:22, 23) en geskied elke dag om God te eer (en my naaste te dien) (Foerster 1964).
Skepping en mens: God het die mens geskep, in staat gestel en beveel om vrugbaar te wees deur die aarde te bewerk, te bewoon en te onderhou. As beelddraer van God is die mens op die aarde geplaas om vir God vrug te dra (Gen 1:26, 28). Openbaring eindig met dieselfde perspektief dat die uitverkorenes in die nuwe hemel en die nuwe aarde vrug sal dra (Op 22:1-5). In hierdie lig stel Foerster (1964) dat godsvrug op respek vir die goddelike geskape orde dui en daarom nie bloot 'n intellektuele denkwyse is nie.
Dit is 'n konkrete manier van leef.
Ons sien dat egte godsvrug slegs deur Christus moontlik is
Heilige Gees: Die Heilige Gees produseer die geestelike vrug in gelowiges se lewe (Joh 5:5, 8, 16; Rom 7:4; Gal 5:22; Kol 1:10). Verskillende Bybeltekste stel godsvrug (Gal 5:20-21; 1 Tim 2:2; 3:16; 4:7-8; 6:11) teenoor die praktyke van die sondige natuur (Hand 3:12; Gal 5:20-22; 1 Tim 4:7, 8; 6:3, 5-6; 2 Tim 3:5). Paulus sê hieroor dat die gelowige deur die Gees wandel (Rom 8:4). Hierdie tekste onderskryf Floor (1989:138) se stelling dat die inwoning van die Heilige Gees geen verborge saak is nie, omdat die Heilige Gees 'n radikaal nuwe lewensingesteldheid en optrede in die mens tot stand bring. 'n Mens kan dit so uitdruk: Die Heilige Gees integreer godsvrug met hart, mond en hande, want waar Hy in gelowiges woon, is sy krag ook aktief en maak Hy die gestalte van Jesus Christus steeds meer deur hulle lewe sigbaar (1989:138)...."
###
Die Woord sê nie verniet aan hul vurgte sal julle hulle ken nie, soms is daar wel vrug maar nie alle vrugte is bruikbaar en goed nie. In die gelykenis van die saaier het die derde saad wel vrug gedra maak dit het nie ryp geword nie, in die engelse vertalings praat hul van, dit het nie “matured" nie. Dus is dit netso goed asof hul geen vrug gedra het nie.
Al geproe hoe ‘n groen olyf proe as jy dit direk van die boom pluk, dis gal bitter. Niemand kan dit eet nie.
“En wat in die dorings geval het — dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.”
LUKAS 8:14 AFR53
_______________________________________________________________________________________
Wat is die DOEL van hierdie vrugte (OLYWE)?
________________________________________________________________________________________
Dis waarop alles uiteindelik neerkom naamlik om Hom te verheerlik!!
VRUGTE IS GEHOORSAME LIEFDE IN AKSIE
LIEFDE TOT GOD EN LIEFDE TOT ONS NAASTE
"... DIEN MEKAAR IN LIEFDE...”
GALASIËRS 5:13-14 AFR83
Omdat olie die simbool is van die Heilige Gees is Sy vrugte die olie (geparste olywe) wat Hy deur ons dra:
Liefde tot God
- Hom verheerlik, LIEF te hê en te DIEN volgens Sy wil
Liefde tot my naaste en hul te dien...hulle wat hierdie vrug eet, benut
- dien deur die olie wat LIG(evangelie) gee aan die donker wêreld tot redding
- Die olie en vrug dien as genesing (bemoedig, aanmoedig, vermaan en tug)
- voorsien in my naaste se behoeftes
- voed (help geestelik groei)
Die Here verwag dus van ons om VRUG te dra en verstaan ons nou hoekom...
Maar
My beste pogings uit myself lewer maar powere vrug op wat ook nie hou nie.
__________________________________________
Kan die takkie/loot wat NIE VRUG DRA NIE weer afgekap word ?
__________________________________________________________________________________________
Ja ons lees dit oor en oor
... sulke takke word uitgekap, afgesny, verdroog en in die vuur gegooi
Deur die onvrugbare vyeboom te laat uitdroog, wys Jesus wat die uiteinde sal wees vir hulle wat nie vrug dra nie, EN as die Landbouer die mak olyftakkies kon uitsny hoekom dan nie vir my ook?
"Daarna het Jesus vir die mense ’n verhaal vertel: “Eendag was daar ’n boer wat baie vyebome gehad het. Soos gewoonlik het hy elke jaar kom kyk hoe sy bome dra. Maar daar was een boom wat jaar na jaar nie ’n enkele vy aan gehad het nie. Hy sê toe vir sy tuinier wat die bome moes versorg: ‘Kyk, dis nou al drie jaar dat hierdie boom nie vye dra nie. Kap hom uit! Dit put net die grond uit. Kom ons plant liewer ’n ander boom in sy plek.’ “Toe sê die tuinier: ‘Ag, Meneer, kan ons nie maar nog ’n keer probeer nie? Kom ons gee die boom nog ’n jaar kans. Ek sal sorg dat hy hierdie jaar die beste bemesting en genoeg water kry. Dan behoort hy volgende jaar vrugte te dra.
So nie, as al my harde werk nie help nie, kan u die boom maar UITKAP.’”
Lukas 13:6-9 DB
"EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, SODAT dit meer vrug kan dra....bly in My
Ek is die wynstok,julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra VEEL VRUG; want sonder My kan julle niks doen nie.
As iemand in My nie bly nie, word hy UITGEWERP soos die loot en VERDROOG, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand
___________
Seker die belangrikste vraag vir ons gelowiges.
HOE HOU EK MY LAMPIE VOL OLIE?
______________________
Om alles dus saam te vat tot dusver:
Ons het gesien dat dit belangrik is om eerstens ingeënt te wees op die Olyfboom want sonder Hom kan ons niks doen nie.
Mis hierdie stap en die res beteken niks.
Dan vloei die Heilige Gees se OLIE deur my die olyftakkie en dra VRUG wat gepars word vir nog suiwer olie wat tot eer van God is en my naaste dien.
Die opdrag is "KEEP YOUR LAMPS FILLED WITH OIL"
Maar hoe hou ek my lampie vol sodat dit bly brand?
In die volgende skrifte kry ons die antwoord :
Dis 'n opdrag
JA DIT GAAN OOR DIE VRUG,
MAAR EINTLIK MEESTE GAAN DIT DIT OOR
IN HOM BLY
VOLHARD SOOS 'n atleet
__________________
Om IN te gaan moet ons nie aan Hom glo nie maar IN Hom, ook IN Hom BLY, IN gesprek(gebed), IN Sy Woord, IN Sy wil, IN Gehoorsaamheid, IN verhouding, IN die Lig leef, IN Geloof "INgeplug" IN die Kragbron, INgeënt
__________________
AS JY NIE IN IS NIE IS JY UIT, MAAR DIE VOLLE WAARHEID IS JY MOET IN BLY
In die gelykenis van die WARE WYNSTOK vind ons oor en oor die boodskap van: BLY in My om vrug te kan dra wat ons Vader verheerlik.
(Mens herhaal jouself as jy iets wil beklemtoon wat baie belangrik is, en dis Jesus self wat Homself hier herhaaldelik herhaal. BLY kom 7x voor)
"EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, SODAT dit meer vrug kan dra.
Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
Bly in My, soos Ek in julle.
Net soos die loot GEEN VRUG KAN DRA VAN HOMSELF as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie BLY nie.
Ek is die wynstok,
julle die lote.
Wie in My bly, en Ek in hom,
hy dra VEEL VRUG;
want sonder My
kan julle niks doen nie.
As iemand in My nie BLY nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
As julle in My BLY en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad.
BLY in hierdie liefde van My.
As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde BLY, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly."
JOHANNES 15:1-10 AFR53
"Remain in Me, and I [will remain] in you. Just as no branch can bear fruit by itself without remaining in the vine, neither can you [bear fruit, producing EVIDENCE of your faith] unless you remain in Me.
I am the Vine; you are the branches.
The one who remains in Me and I in him bears MUCH fruit,
for [otherwise] apart from Me [that is, cut off from vital union with Me] you can do nothing.
If anyone does not remain in Me, he is thrown out like a [broken off] branch, and withers and dies; and they gather such branches and throw them into the FIRE, and they are burned.
If you remain in Me and My words remain in you [that is, if we are vitally united and My message lives in your heart], ask whatever you wish and it will be done for you.
My Father is glorified and honored by this, when you bear much fruit, and PROVE yourselves to be My [true] disciples.
I have loved you just as the Father has loved Me; remain in My love [and do not doubt My love for you].
If you KEEP My commandments and OBEY My teaching, you will remain in My love, just as I have kept My Father’s commandments and remain in His love.
I have told you these things so that My joy and delight may be in you, and that your joy may be made full and complete and overflowing. “This is My commandment, that you love and unselfishly seek the best for one another, just as I have loved you.
No one has greater love [nor stronger commitment] than to lay down his own life for his friends.
You are my friends if you KEEP on doing what I command you.
I do not call you servants any longer, for the servant does not know what his master is doing; but I have called you [My] friends, BECAUSE I have revealed to you everything that I have heard from My Father.
You have not chosen Me, but I have chosen you and I have appointed and placed and purposefully planted you, so that you would go and bear fruit and keep on bearing, and that your fruit will remain and be lasting, so that whatever you ask of the Father in My name [as My representative] He may give to you.
This [is what] I command you: that you love and unselfishly seek the best for one another. “If the world hates you [and it does], know that it has hated Me before it hated you. If you belonged to the world, the world would love [you as] its own and would treat you with affection. But you are not of the world [you no longer belong to it], but I have chosen you out of the world. And because of this the world hates you.
John 15:4-19 AMP
*******************************************************
Die Woordjie "KEEP" in engels het so diep betekenis.
To hang on to - om aan vas te hou
Die teenoorgestelde hiervan is om dit te verloor of weg te gooi
Dus is dit iets wat jy het wat jy moet behou of wat jy kan verloor
To continue in a specified positiion, remain, stay - om te Bly
Maintenance - die instanthouding van iets, aan te hou iets doen sonder om iewers te stop, continue to follow(a path or cource)
In hierdie geval OM AAN TE HOU AAN HOU OM JESUS TE VOLG
OM GEFOKUS OP KOERS TE BLY
Keep on keeping on beteken alles bo genoem en meer, dis om met alles in jou volheid gefokus IN HOM TE BLY.
Ook Dawid het die hele beginsel van om in die Wingerdstok te bly goed begryp. DAWID pleit by God hier na hy gesondig het dat Hy nie die Heilige Gees van hom moet wegneem nie.
"Maar U verwag OPREGTHEID diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.
Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel. Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.
Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!
Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer."
_____________________________________________________________________________________________
As ons NIE in Hom bly NIE, is daar geen
olywe(vrug) nie,
en dus is daar nie olie...
Die volle waarheid is: Ons begin met Olie(word ingeënt), maar moet in Jesus bly om met Olie te kan eindig
Olie (Heilige Gees) wat die lampie laat bly brand en die olie salf ander en VERHEERLIK ons Vader
___________
MAAR...
_____________________________________________________________________________
HOE bly ek in Hom?
(Baie belangrik om te weet)
______________________________________________
Om in Hom te BLY se fondasie lê in my liefde vir Hom en hierdie liefde vir Hom het sy oorsprong in Sy liefde vir my.
"Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is
—
God bly in hom, en hy in God.
En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het."
I JOHANNES 4:15-16, 18-19 AFR53
Dis 'n proses van HEILIGMAKING wat ons hele lewe aanhou
Hom VOLG - doen soos Hy doen. "Follower not a Fan"
Hom VOLG (doen wat Hy doen, trap waar en soos HY trap)
Ek bly in HOM deur:
1. Geloof
2. Volg Hom en VERTROU Hom
3. VOLHARD
4. GEHOORSAAM - die BEWYS van ons liefde vir Hom
5. Word vol van die Heilige Gees, ten volle oorgegee, onder Sy beheer
6. BID (IN gesprek) en baie tyd in Sy Woord
7. Hom toelaat om my skoon te was, te reinig, TUG, SNOEI
8. Herken, erken, Berou en Bely sonde
9. Wees waaksaam - trek my volle wapenrusting aan
Ek fokus dus nie my energie op om vrug te dra UIT MYSELF nie, maar wel FOKUS ek om in Hom te bly, want sonder Hom kan ons niks doen nie. Ek as loot kyk op na Hom die die wingerdstok/olyfboom en die vrug sal agter my vorm aanneem en so sal die olie dus nie opraak
"Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."
MATTEUS 6:33 AFR83
1.
Geloof
GLO SOOS 'N KIND ... ERG!!
"and said, “I assure you and most solemnly say to you, unless you repent [that is, change your inner self—your old way of thinking, live changed lives] and become like children [trusting, humble, and forgiving], you will never enter the kingdom of heaven."
Matthew 18:3 AMP
Deur VOLHARDENDE GELOOF totdat...
En VOLHARDENDE VERTROUE in Hom
"Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word. Goed! Deur ONGELOOF is hulle afgebreek, maar jy staan deur die GELOOF."
Rom 11
DEUR GELOOF WORD ONS INGEËNT EN DEUR ONGELOOF WORD ONS AFGEKAP, GELOOF WAT IN GEHOORSAAMHEID DADE WORD.
WANNEER HOOR DOEN WORD.
Derick Prince het een keer gesê Geloof het drie MOETS
GELOOF MOET BELY WORD
GELOOF REAGEER, MOET DADE WORD
GELOOF MOET GETOETS WORD
GELOOF MOET BELY WORD
"As jy met jou mond die Here Jesus BELY en met jou hart GLO dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond BELY ons tot redding.
ROMEINE 10:9-10 AFR53
Doop is ook deel daarvan om voor die gemeente sigbaar my geloof in Jesus en Sy opstanding te bely. As ons iets anders in die plek hiervan instel is ons besig met 'n kain offer, dus my eie manier van doen en nie Sy opdrag gehoorsaam nie. Abel se offer wat volgens God se opdrag was, was vir ons Vader aanneemlik, maar nie Kain sin. God vra egter van hom 'n bloedoffer wat sou heenwys na Sy Seun Jesus se offer aan die kruis. Die doop wys ook heen na wat Jesus vir ons kom doen het.
Ons beste bedoelings (eie manier van doen) beteken Niks as dit buite Sy wil staan (God se manier/opdrag).
"Dra dan vrugte wat by die bekering pas. En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.
MATTHÉÜS 3:8-17 AFR53
GELOOF REAGEER, dit MOET DADE WORD
Weereens nie dade tot redding nie, maar agv redding
Ware vrug/dade vloei vanuit redding (die ingeënte olyftakkie op die Olyfboom, Sy Gees wat dan deur my vrug dra)
Dade is die BEWYS van ware geloof
"Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks. (Die duiwel glo ook) "
Maar iemand sou kon redeneer: “Party mense het geloof, en ander het dade.” Ek sê: “Wys my jou geloof wat sonder dade is. MAAR juis uit my dade sal ek jou my geloof wys.”
Jy glo dat daar net een God is. Die demone glo dit ook – en hulle sidder, so bang is hulle!
Jou DWAAS! Soek jy ’n bewys dat geloof sonder dade dood is? Ons voorvader Abraham se geloof het dade geword: Hy het sy seun Isak op die altaar gelê en God het hom vrygespreek.
Jy sien dus dat sy geloof gepaard gegaan het met sy dade, en die geloof uit die dade(vrug) volmaak geword het."
JAKOBUS 2:17-22 NLV
(Want dit kom uit by die belangrikste 2 gebooie LIEFDE TOT GOD (tot Sy eer) en LIEFDE TOT ONS NAASTE)
GELOOF MOET GETOETS WORD
"My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet END-UIT volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming."
JAKOBUS 1:2-4 AFR83
Hieroor sal ons later meer uitbrei
2.
VOLG HOM, VERTROU HOM
"EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld;
wie My volg (doen wat Ek doen, trap waar en soos Ek trap) sal sekerlik nie in die DUISTERNIS wandel nie (hul lampie sal vol bly), maar sal die LIG van die lewe hê."
JOHANNES 8:12 AFR53
3. VOLHARD
"Omdat die MINAGTING van die wet van God sal toeneem,
sal die LIEFDE by baie verkoel.
Maar wie tot die einde VOLHARD, sal gered word."
MATTEUS 24:12-13 AFR83
________
My ma sê altyd :
" OM TE VOLHARD IS HARD"
________
Dis 'n nou moeilike pad
"Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met VOLHARDING hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God."
HEBREËRS 12:1-2 AFR83
Dis moeilik in die middel wanneer ons nie meer die wegspringblokke kan sien nie maar ook nog nie die wenpaal nie. Ons het nodig om te VOLHARD in die middel om te kan voortgaan, te kan oorwin, te kan ontvang.
Die geheim van VOLHARD is nie alleen dit doen nie, maar
MET MY GOD!!....BLY IN HOM
VOLHARD totdat...
4.
GEHOORSAAM
- die bewys van ons liefde vir Hom -
Nie om te bewys nie, maar as bewys van.
"Wie in die Seun GLO, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ONGEHOORSAAMHEID is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”
JOHANNES 3:36 AFR83
"Bly in hierdie liefde van My.
As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly."
JOHANNES 15:10 AFR5
***
""Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal INGAAN in die koninkryk van die hemele nie,
MAAR hy wat DIE WIL DOEN VAN MY VADER wat in die hemele is.
Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit DOEN, hom sal Ek vergelyk met ’n VERSTANDIGE man."
Matt 7
Hom dien soos Hy dit wil en nie my eie manier nie.
Bly in Sy Woord en bewaar(GEHOORSAAM reageer) Sy gebooie, Sy wil!!
Waar hoor ek wat Hy van my vra, Woord en gebed, onthou Sy Woord is die lamp vir my voet wat vir my lig maak op my pad en dan
Daders en nie net hoor en weet
GEHOORSAAM SY OPDRAGTE DOEN
Lewe totaal oorgegee aan Sy wil, Sy leiding en beheer op alle gebiede van my lewe
BLY BINNE SY WIL, GOD SE WIL SOEK, NIE MY EIE
Dien Hom met absolute TOEWYDING
"Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe(INGEËNT); maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom."
JOHANNES 3:36 AFR53
GEHOORSAAMHEID is INGEËNT BLY.
ONGEHOORSAAMHEID se gevolg? Word Uitgekap!
As ek nie GEHOORSAAM nie sal my vrugte afval en geen olie lewer, jy het dan net die skyn van godsdiens
"Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval."
DEUTERONÓMIUM 28:40 AFR53
Ook in Openbaring lees ons van die olie en die wyn (die produk van die vrug)
" En ek het 'n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.
OPENBARING 6:6 AFR53
Ek kan nie help om te wonder of die olyfolie en die wyn weereens heenwys na ons vrug...tenspyte van verdrukking dalk?
Ons moenie toelaat dat die swaarkry en verdrukking ons vrug laat skade ly nie. Ook soos in Saaier.
Ons moet ons gesindheid, goeie werke en saad van evangelie laat AANHOU ten spyte van waardeur ons gaan.
5.
Word vol van die Heilige Gees, ten volle oorgegee, onder Sy beheer
Die Woord lees ons dan ook
"Hy moet meer word en ek minder" Joh 3
TOELAAT dat Sy wil, SY doel deur my vloei, dus Sy vrug toelaat in my lewe,
Dis 'n lewe totaal oorgegee aan Sy wil, Sy leiding en beheer op alle gebiede van my lewe
Ek moet Hom toelaat om my te vorm, Hy die Pottebakker, ek net die
Die bybel sê Stefanus was VOL van die Heilige Gees...om vol te wees van net een ding beteken jy was leeg van ander dinge.
Dus moet die Heilige Gees geheel besit neem van alle tereine van my lewe. Nie Hom beperk tot kamers van my geestelike huis waar dit my pas nie, Hy moet die sleutels van die hele huis kry.
VOLLE OORGAWE
Vervulling van die Heilige Gees gebeur nie net een keer dan is dit klaar nie, Paulus skryf vir die Efesiers om voortdurend vervul te word met die Heilige Gees
Proses van heiligmaking wat ons hele lewe voortduur.
"Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,"
II THESSALONICENSE 2:13 AFR53
Om met die Gees vervul te wees is niks anders as om aan die gesag en invloed van Jesus Christus onderworpe te wees nie. Sy wil te wil doen nie net aanhoor nie. Hom toelaat om in jou en deur jou te werk soos Hy dit openbaar
Vervulling met die Heilige Gees gebeur in GEBED, HOOR van die Woord en GELOOF
"En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek."
HANDELINGE 4:31 AFR53
"Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die WERKE van die wet of uit die prediking van die GELOOF?
Is julle so onverstandig(dwaas)?
Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?"
GALÁSIËRS 3:2-5 AFR53
Baie begin goed goed maar eindig sleg.
''in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,''
EFÉSIËRS 1:13 AFR53
___________________
" Thats what it means TO BE the branch.
With prayer we stay in the Vine.
The Vine give us every thing we need, to DO every thing He has purposed (called) us to DO"
"You didn't choose me I chose you I chose u on purpose and for a purpose to go and produce lasting fruit"
HOW?
WORD to now what to do
and by PRAYER (ask God to help us do it.)
...Kyle Idleman...
___________________
Die Heilige Gees vernuwe en rus toe, stel ons in staat om vrug te dra, Ons het Sý krag nodig om in God se wil te leef en ons roeping te vervul.
In diens van God en tot diens van ons naaste.
6.
BID (IN gesprek) en tyd in Sy WOORD
- BID, BID, Bid sonder ophou
- TYD BY SY VOETE DEURBRING, "nader tot My en Ek sal tot julle nader"
- Heeltyd in en vanuit Sy teenwoordigheid leef
7.
Hom toelaat om my
skoon te was, te reinig, TUG, SNOEI
"Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê."
1 PETRUS 1:22 AFR83
"Maar wie kan die koms van dié Engel verdra, wie kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy is soos die vuur van die smelters en soos die seep van die wassers. Soos iemand wat silwer smelt en suiwer, so sal Hy as regter gaan sit om die Leviete te suiwer, om hulle te louter soos goud en silwer, sodat hulle aan die Here 'n offer kan bring wat bestaan uit REGDOEN. Dan sal die offer van Juda en Jerusalem weer aanneemlik wees vir die Here soos in die ou tyd, soos in jare lank verby."
MALEAGI 3:2-4 AFR83
8.
Herken, erken, Berou en Bely sonde
"Van julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifte afgewyk en nie daarvolgens geleef nie. Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe, sê die Here die Almagtige. Maar julle vra: “Waarom moet ons ons bekeer?”
MALEAGI 3:7 AFR83
"if My people who are called by My name will humble themselves, and pray and seek My face, and turn from their wicked ways, then I will hear from heaven, and will forgive their sin and heal their land. Now My eyes will be open and My ears attentive to prayer made in this place."
II Chronicles 7:14-15 NKJV
Dawid het in die Olyboom gebly want Hy het Herken, erken, Berou gehad en sy sonde Bely, Saul het nie.
9.
Wees waaksaam - trek my volle wapenrusting aan
_________________________
Hoekom val die die vyand ons aan?
_________________________
)
Hy kan ons nie uit die Here se hand ruk nie, maar hy kan ons vrugteloos maak deur SORGE en die verleidelikhede van GENIETINGE. MIN OF GEEN VRUG WAT GOD VERHEERLIK EN MY NAASTE DIEN. GEEN SAAD VAN DIE EVANGELIE WAT AANGEGEE WORD NIE. MIN TOT GEEN SIELE WORD GERED. Hy kan met verleidelikhede, versoeking en vrees ons so ver kry om self oor die heining te klim of self soos die verlore seun ons goed vat en ons Vader verlaat.
"Trek die volle wapenrusting van God aan, SODAT julle staande kan BLY teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, SODAT julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles VOLBRING het, staande kan bly.
Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God — terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe WAAK met alle VOLHARDING en smeking vir al die heiliges"
EFÉSIËRS 6:11-18 AFR53
Al die vyand se strategië het GEEN VRUG of VROT VRUGTE in gedagte, en so 'n takkie wat daarin volhard en nie bekeer word afgesny
Die Duiwel maak jou besig, TE besig
Pas op vir Slegte VRIENDE
_______________________________________________________________________________________
GESNOEI om meer vrug te dra?
________________________________________________________________________________________
Tydens die Snoeiproses neem die Here die snoeiskêr in Sy hand om nuwe groei te stimuleer om meer vrug tot gevolg te hê.
"My broers, julle moet baie bly wees wanneer ALLERLEI beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle GELOOF die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te VOLHARD. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming."
JAKOBUS 1:2-4 AFR83
Klink die laaste sin dalk soos 'n lampie wat moet bly brand al talm die Bruidegom om te kom?
Nou verstaan ons beter hoekom ons moet bly wees, die snoeiproses is ten goede, dit gee meer vrugte wat hou en wat die olie verskaf as dit gepers word wat ons lampie laat bly brand. (Egtheid van geloof wat volhard tot die einde)
_______________________________________________________________________________________
OLYFPERS om egtheid van geloof te toets?
________________________________________________________________________________________
Daar word in die Bybel herhaaldelik na die olyfboom verwys. Olyfbome het teen die hange van berge gegroei en die wortels van hierdie boom gaan baie diep af tot in die rotsagtige grond. Die olyfboom dra vir eeue lank vrug.
Die wortels van die geestelike Olyfboom Jesus is dus diep ingewortel in die Ewige Rots wat dan die takke instaat stel deur Sy Gees om vrugte deurlopend te dra wat ons Vader verheerlik.
Ook die wyse man se huis was gebou op dié Rots (deur gehoorsaam Sy wil doen)
Wanneer Olyfbome geoes word, word die takke geskud en geslaan om die vrugte te pluk, dis deel van die parsproses...
Sjoe skud en slaan die lewe nie behoorlik aan elke een van ons nie maar wat val as ons geskud word?
Goeie of slegte vrugte of dalk niks.
Iets interessant is dat Donkies gebruik is om die aparaat vorentoe te beweeg wat die olywe pars om olie te kry...
Te toevallig ry Jesus op 'n donkie oppad na die olyfpers(om gekruisig te word)
Lukas 19:28-44 - Die intog van Jesus in Jerusalem
Olywe word gepars vir die beste olyfolie. Druiwe word flenters getrap vir die beste wyn, Blomme word gepers vir die beste parfuum. Jesus is verpletter (gepars) vir óns sonde
As die lewe jou PARS, en FLENTERS maak ONTHOU Jesus was self daardeur en Hy wil vir ons die goeie gee nie die slegte, olie vir ons lampies, nuwe wyn vir ons sakke. Jesus se eerste wonderwerk was nuwe wyn, beste wyn. Hy het vir ons beter wyn kom gee, nuwe gebod.
By die nagmaal, is Hy die nuwe wyn wat vir ons geskink word
Koring word ook gemaal...brood, Sy liggaam wat gebreek is
_________________________________________________________________________________________
!! GETSEMANE beteken OLYFPERS !!
en van geparste olywe kom OLIE wat gesond maak, lig maak en voed.
DIS PRESIES WAT JESUS KOM DOEN HET EN WAAR SY PARSPROSES BEGIN HET
"Jesus was in Getsemane in doodsangs
en Sy sweet het soos bloed druppels geword wat op die grond val"
Luk22:
__________________________________________________________________________________________
Jesus verstaan!!
Ons het reeds gehoor, GELOOF MOET GETOETS WORD
"My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet END-UIT volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming."
JAKOBUS 1:2-4 AFR83
Volhardende geloof sal ons ingeënt in die Olyfboom of die Wynstok laat bly sodat ons veel vrug end uit sal dra wat die parsproses (toets van egte geloof ) deurstaan het vir suiwer olie en ook nuwe wyn.
Geen toets moontlik as daar nie vrug is
Ons vind genoeg olie by die gelowige wat Hom dus GEHOORSAAM DIEN soos Hy dit van ons vra. Nie uit eie krag en wysheid probeer vrug dra nie, ja probeer want die Woord sê sonder Hom kan ons niks doen nie.
"God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie.
Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."
ROMEINE 5:1-5 AFR83
Hier geld die spreekwoord van wat die hart van vol is loop die mond van oor
As my vrugte gepers word, sal wat binne is uitkom. Geesgedrewe (olie - vrug van die Gees) of vleesgedrewe (geen olie).
___________________________________________________________
"Aan hulle vrugte sal julle hulle ken"
Is dit vleesgedrewe of Geesgedrewe
___________________________________________________________________
...VRUGTE dus VIR DIE PARS PROSES vir...
- salwing,
- voeding ,
'- genesing
- en ook om die "lig" aan die brand te hou tot die einde toe.
Jesus is die WOORD, Hy is die WINGERDSTOK, die OLYFBOOM en die BRUIDEGOM.
Dit is Hom wat ons verwag maar ook Hom op wie ons ingeënt moet word en in wie ons MOET BLY
Ook die lote dra Druiwe wat gepers word om wyn te maak, nuwe wyn.
Die olyftakkies moet die olywe(VRUG) dra wat as dit GEPERS word OLIE verskaf
Die doel van hierdie olie is dus om lig te maak.
Psalm 119:105 sê
" U Woord is die lamp wat my die weg wys, die LIG op my pad"
Genoeg olie wat BLY lig maak
_______________________________________________________________________________________
Olie gee lig
________________________________________________________________________________________
Geen olie, geen lig,
en met geen LIG
word ons deel van die duisternis.
En weet maar DUISTERNIS sal alles in sy vermoë doen om ons in die duister te hou.
Soos ons reeds weet is OLYFOLIE in hul lampies gegooi om LIG te maak, ons vrug is dus Lig vir die wêreld.
Sy lig in ons moet na ander uitgestraal en so verdryf ons die donker. Deur in Sy lig self te leef weerkaats ons Sy lig na ander.
As ons in sonde willens en wetens bly leef, leef ons steeds in die duisternis, maar die Here wil hê dat ons lewens deur ons vrug sal getuig dat Hy ons bron is
Onthou die lamp in die tempel mag nooit ophou brand het en netso moes die diensmeisies se lampies ook bly brand, en daarvoor moes dit vol bly.
Lig en duisternis staan altyd teenoor mekaar. Dis teenoorgesteldes.
Joh 1:5 sê vir ons lig is sterker as duisternis
"Die lig skyn in die duisternis en die duisternis kon dit nie uitdoof nie"
"EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê."
JOHANNES 8:12 AFR53
"Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig. WANT die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. En beproef wat die Here welbehaaglik is; en hou nie gemeenskap met die onVRUGbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig. Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse (dwase) nie, maar as wyse(verstandige); en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is."
EFÉSIËRS 5:8-17 AFR53
"Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou LIG gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het."
JESAJA 60:1-3 AFR83
Duisternis dui op die afwesigheid van lig die Here en Sy teenwoordigheid.
Waar vertoef ek? As ek Sy teenwoordigheid heeltyd opsoek maak ek my lampie se olie vol....Sy teenwoordigheid in die tempel is uitgebeeld deur die lamp wat nooit ophou brand het. Sy teenwoordigheid in my lewe wys in die olie wat verkry word deur die vrug (bewys)van die Gees wat moontlik is deurdat ek heeltyd in Hom bly.
Met die plae van Egipte was die 2de laaste plaag duisternis aan die kant van die Egiptenare MAAR NIE aan die kant van die Israeliete
Geestelike blindheid is ook donkerte agv die geestelike duisternis, geen vrug, geen olie.
"Words that don't give the light of Christ
increase the darkness"
Mother Teresa
_________________
Toe hulle wakker word van die basuin was 5 nie gereed om in te gaan nie.
Is my olie nog genoeg Here?
_____________
GENOEG OLIE is ‘n keuse wat Abba Vader my gee.
Verbondsliefde moet altyd 'n keuse wees anders is dit nie volmaakte liefde nie.
Die verlore seun het gekies om nie meer by sy Vader te BLY nie (ook hierdie verhaal is vir gelowiges geskryf).
But God...
GENADE ONBESKRYFLIK GROOT
maak dit moontlik om in BEROU terug te keer na sy Vader en weer by Hom (in Hom) te gaan bly.
KOOP DIE TYD UIT!
Kom gereed, word ingeënt, BLY GEREED, BLY IN HOM moenie wag tot op die nippertjie nie want dan is dit vir altyd te laat soos vir die dwase meisies en hoor jy ook "Gaan weg Ek het jou nooit geken"
Onthou 'n HALWE STORIE IS NIE DIE VOLLE WAARHEID NIE
KIES om nie dwaas te wees
*********************************************************************************
"Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges."
EFESIËRS 5:15 AFR83
Hoe jy lewe word gesien aan die VRUG in jou lewe
Ingeplug(ingeënt) by die Hoofbron van liefde wat deur ons vloei en sigbaar word in ons vrugte van gehoorsaamheid. As julle my gebooie onderhou het julle my lief. Ons liefde vir Hom word weer in ons gehoorsaamheid gesien waarvan liefde een is wat Hom weer verheerlik.
Maar kom ons vat dit sover saam;
Ons moet ons lampies HEELTYD laat brand in die duisternis en daarvoor het ons die olie van die Heilige Gees nodig wat die VRUG weer verskaf wat gepers word om nog OLIE te kry.
Dus moet ons nie net die Woord hoor nie ons moet dit verstaan en GEHOORSAAM DOEN VOLGENS GOD SE WIL wat weer vrug en olie tot gevolg het wat God VERHEERLIK en ander DIEN en na Jesus bring om ook ingeënt te word om ook vrug te dra om ook Hom te verheerlik en ander voor aan te gee
Die VOLMAAKTE SIRKEL
Ons sien die loot/tak moet dan in die Wingerdstok/Olyf boom BLY, deur GELOOF, WOORD en GEBED, so bly ons in Sy wil want sonder Hom kan ons niks doen nie.
Ons is afhanklik van die sap(God se Gees) van die Wingerdstok/Olyfboom om te kan vrug dra wat by ons bekering sal pas en sal hou. Daarom kan ons nie hoogmoedig wees en die eer vir onsself vat tov die vrug in ons lewe nie.
ONTVANG WORD aanGEE IN DIE VORM VAN VRUG DRA, DIS is dit SY SAP WAT DEURVLOEI NA ANDER.
Om op die nou pad te BLY word ook met 'n wedloop vergelyk.
Die nou pad is 'n wedloop met 'n wegspring(wedergeboorte) dan in die wedloop bly deur in die wingerdstok te bly, gehoorsaam, volhard.
Maar hierdie wedloop het 'n wenpaal....wie in die wedloop gebly het tot die einde behaal die oorwinning. En hierdie oorwinning hou soveel beloftes in.
Maar as die atleet hier net na die wegspring ophou is daar nie 'n wedloop nie. DIT IS NET 'N HALWE STORIE Baie hou hier op en behaal dus nie die oorwinning nie.
Laat my dink aan die fliek Overcomer.
Sy hardloop die wedloop met haar pa se stem in haar ore wat haar bemoedig, aanmoedig, leer en lei en dis dit wat haar instaat gestel het om die oorwinning te kon behaal. Dit was nie haar eie vermoë en krag nie. Ons hardloop nie alleen... so doen ons Vader ook deur Sy Woord en Heilige Gees.
Jesus is deur Sy Gees elke tree by ons.
Ons moet HOOR en LUISTER en dan DOEN ten spyte van ons OMSTANDIGHEDE om die oorwinning te behaal....
DIS DIE HELE STORIE EN DIS DIE VOLLE WAARHEID
Dis 'n Habakuk geloof
"Blessed is he who reads and those who hear the words of this prophecy, and KEEP those things which are written in it; for the time is near."
Revelation 1:3 NKJV
"Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie LEES, en die mense wat dit HOOR en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby."
DIE OPENBARING 1:3 AFR83
"Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met VOLHARDING hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God."
HEBREËRS 12:1-2 AFR83
"En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word."
MATTHÉÜS 10:22 AFR53
Elke brief aan die gemeentes in Openbaring eindig met 'n BELOFTE aan elkeen wat die OORWINNING behaal.
Sewe maal BLY in MY, nou hier SEWE maal word OORWINNING herhaal
Aan hom wat die OORWINNING BEHAAL...
Gemeente van Efese
"Wie 'n oor het, laat hom HOOR wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is."
OPENBARING 2:7 AFR53
Gemeente van Smirna
"Wie 'n oor het, laat hom HOOR wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie."
OPENBARING 2:11 AFR53
Gemeente van Perganum
"Wie 'n oor het, laat hom HOOR wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang."
OPENBARING 2:17 AFR53
Gemeente van Tiatira
"En aan hom wat oorwin EN my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. En Ek sal hom die môrester gee. Wie 'n oor het, laat hom HOOR wat die Gees aan die gemeentes sê."
OPENBARING 2:26-29 AFR53
Gemeente van Sardis
"Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele."
OPENBARING 3:5 AFR53
Gemeente van Filadelfia
"Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. Wie 'n oor het, laat hom HOOR wat die Gees aan die gemeentes sê."
OPENBARING 3:11-13 AFR53
Gemeente van Laodisea
"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem HOOR en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Wie 'n oor het, laat hom HOOR wat die Gees aan die gemeentes sê.
OPENBARING 3:20-22 AFR53
Let op die sewe briewe is aan gemeentes geskryf dus nie aan ongelowiges nie. Jesus moedig Sy kinders aan om te VOLHARD tot die einde, om te oorwin moet ons lampies vol olie bly.
Hoe sal ons HOOR BY DIE GEES as ons nie IN HOM BLY nie.
"In dié dag sal julle weet dat Ek IN my Vader is, en julle IN My, en Ek IN julle. Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar."
JOHANNES 14:20-21 AFR53
Moenie moeg word en uitsak nie
Keep on keeping on.
Gaan WEES die Olyftakkie wat Jesus deur Sy genade op die mak OLYFBOOM ingeënt het.
DOEN wat van takkies verwag word(BLY IN HOM) en die vrug/olie sal volg.
"You have not chosen Me, but I have chosen you and I have appointed and placed and purposefully planted you, so that you would go and bear FRUIT and keep on bearing, and that your fruit will REMAIN and be LASTING..." Joh 15
VRUG wat HOU en nooit OPRAAK nie
Die volmaakte sirkel.
VRUGTE IS DUS LIEFDE IN aksie/PRAKTYK
Die storie van die olie is dus 'n saak van "KEEP ON KEEPING ON"
En so kom al die stukkies bymekaar en sien ons 'n groter deel van die prentjie en so begin ons beter VERSTAAN ....
Die einddoel van ALLES is om Hom te verheerlik
"Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge.
Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen."
ROMEINE 11:36 AFR83
"For from Him [all things originate] and through Him [all things live and exist] and to Him are all things [directed]. To Him be glory and honor forever! Amen."
Romans 11:36 AMP
"Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie."
DIE OPENBARING 3:2 AFR83
Geen gelowige wil hoor:
"Gaan weg Ek het jou nooit geken nie..."
"Maar julle het darem 'n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie, en hulle sal altyd in wit klere by My wees omdat hulle dit waardig is. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra.
Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.
Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê."
DIE OPENBARING 3:4-6 AFR83
Elkeen sal wil hoor:
"JY BEHOORT AAN MY"
Comments
Post a Comment