Hoe kyk hulle dit mis?
Hoe kyk hulle dit mis?
Tot vandag toe glo die Jode dat die Messias nog nie gekom het nie, maar nog moet kom.
Tog dink ons, is dit duidelik soos daglig die ooreenkomste tussen Jesus die Paaslam en die paaslammetjie wat húlle moes offer.
Die Woord gee egter vir ons die antwoord, dat hulle verstand toe is die dat hulle dit nie kán raaksien, insien of verstaan nie.
"Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo. Maar vandag nog, elke keer as die wet van Moses voorgelees word, is daar 'n sluier oor hulle verstand. Van Moses sê die Skrif egter: “Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem.” “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is."
2 KORINTIËRS 3:14-18 AFR83
Voordat hierdie SLUIER nie gelig word deur geloof in Jesus Christus nie kan hul nie raaksien, insien of verstaan nie.
As jy en ek verstaan is dit net groooot genade want die Woord sê Jesus open óns verstand.
"En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder."
LUKAS 24:44-47 AFR53
"Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê:
U is die Christus, die Seun van die lewende God.
Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou GEOPENBAAR nie, maar my Vader wat in die hemele is."
MATTHÉÜS 16:15-17 AFR53
Kom ons kyk na 'n paar van hierdie ooreenkomste van die offer lammetjie met die van die Lam
Die Israeliete was in slawerny in Egipte. God sien hulle toestand, hoor hulle hulpgeroep (gebede)en stuur Moses om hulle te verlos.
1. Alby babas se lewe word bedreig en bonatuurlik gered.
Moses wat die volk uit hul slawerny moes kom uitlei en deur wie baie wonders en tekens gedoen is deur God word vir 3maande weggesteek om hom sy lewe te spaar nadat die bevel van die koning uitgeroep is dat alle Hebreeuse(die volk Israel) se seuntjies moet sterwe by geboorte.
BUT GOD...Die vroed vroue het God gevrees en die koning nie gehoorsaam. En toe gee hy die bevel
"Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe."
EXODUS 1:22 AFR53
Ook Jesus se lewe word as baba bedreig en probeer die vyand Hom so keer om God se opdrag uit te voer om die mensdom te kom verlos uit hul slawerny van sonde.
"EN toe hulle teruggegaan het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak. Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep. Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het. Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het: ’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie."
MATTHÉÜS 2:13-18 AFR53
Die Bybel sê ons word in sonde ontvang en gebore. Dus brvind elkeen van ons, ons in "Egipte" in slawerny van sonde. Die oomblik toe Farao hoor dat die kinders van Israel wil optrek weg van Egipte wasr hul sý slawe is om God te gaan aanbid soos Hy aan hul voorskryf veg Farao verbete terug om hulle in Egipte te hou.
Hy stel later selfs alternatiewe maniere voor hoe hulle God kan gaan aanbid
Die paaslammetjie wat hul moes offer is net te toevallig om toeval te wees die perfekte spieëlbeeld van wat Jesus kom doen het vir ons, maar hulle oë is toe daarvoor.k
k
KGAAN VERTEKL AKNDER MAR KGKAAN VERTEKL OOK VIR GOD
Comments
Post a Comment