Soms mis ons heeltemal die punt!


Soms mis ons heeltemal die punt!

HOEVEEL BROOD WáS DAAR? 
HOEVEEL BROOD IS DAAR Nóú?

Hoekom vra Jesus die dissipels heeltyd hoeveel brood is daar?

Twee maal vermeerder Jesus die brood vir duisende

Eerste broodwonderwerk(5000) vra Hy...
"Hy sê toe vir hulle: “Hoeveel brood het julle? Gaan vind uit.” Toe hulle dit vasgestel het, sê hulle: “Vyf brode en twee visse.”
MARKUS 6:38 NLV

2de broodwonderwerk(4000) vra Hy..
Hoeveel brode het julle?” het Hy gevra. “Sewe,” was hulle antwoord.
MARKUS 8:5 NLV

Dan later as hul in die boot is besef hul, hul  het vergeet om vir hulself genoeg brood saam te bring....hul het net een!

Dan vra Jesus hul kopskuddend WEER....

"Toe Ek die vyf brode vir die 5 000 gebreek het, hoeveel mandjies vol oorskiet het julle opgetel?” Hulle antwoord Hom: “Twaalf.” “En toe Ek die 4 000 met sewe brode gevoed het, hoeveel mandjies vol oorskiet het julle opgetel?” “Sewe,” het hulle geantwoord." Mark8:19-20


Hoekom vra Hy hul heeltyd hoeveel?

Jesus kan nie glo hul vergeet so gou nie. 
Dis so belangrik dat ons sal onthou!!

Hy wou hul aandag daarop verstig met hoeveel hulle mee BEGIN het...
en met hoeveel hul GEËINDIG het....
hul op die onmoontlike van die situasie wys

Begin met HEELTEMAL TE MIN en eindig met HEELTEMAL TE VEEL!
In Markus 6 en 8 lees ons dan ook AL die mense het GENOEG geëet ÈN daar het OORGEBLY!!

Met watse onmoontlike situasie sit ek en jy op die oomblik? Wat lyk vir ons ook heeltemal te min om selfs mee te begin, die situasie en behoefte is net te oorweldigend?

Dan loop Jesus op die see na hulle in die storm...
"Hy het toe by hulle in die skuit geklim en die wind het gaan lê. Hulle WAS BAIE VERBAAS oor wat hulle beleef het. SELFS NÀ die BROODWONDER het hulle NOG NIE BEGRYP WIE HY WERKLIK WAS NIE ; daarvoor was daar nog te veel weerstand in hulle harte.
MARKUS 6:51-52 NLV

"Aware of their discussion, Jesus asked them: “Why are you talking about having no bread? Do you still not see or understand? Are your hearts hardened?  Do you have eyes but fail to see, and ears but fail to hear? And don’t you REMEMBER?  When I broke the five loaves for the five thousand, how many basketfuls of pieces did you pick up?” “Twelve,” they replied.   “And when I broke the seven loaves for the four thousand, how many basketfuls of pieces did you pick up?” They answered, “Seven.”
He said to them,
“Do you still not understand?”
Mark 8:17‭-‬21 NIV


Dus nà die 2 broodwonderwerke én die loop op die see verstaan/begryp hul steeds nie!!!
 daarom vra Hy weer...
“Verstaan(begryp) julle selfs nou nog nie?” 
MARKUS 8:19-21 NLV

Wat begryp hul steeds nie?


- Wie hierdie Jesus in hul boot is...
nl die Seun van God vir wie deur Sy kragtige werking NIKS onmoontlik is
- Dat Hy vir duisende brood voorsien het en dus ook vir hul brood kan gee
- Dat Hy nie net gekom het om net vir hulle aardse brood te gee nie maar juis van die Hemelse brood... Homself!!
- Hy kan voorsien in AL ons aardse behoeftes, maar nie net genoeg nie,meer as genoeg sodat ons oor het om te kan uitdeel aan ander...te min word in Sy hand te veel.
- Hy het gedink hul sal teen die tyd besef wie Hy werklik is dat Hy Almagtig is en hul nie hoef te bekommer as Hy by hul is.
- Dit wys daarop dat...na alles wat hul beleef het... hul nog steeds nie werklik ten volle in en aan Hom glo nie, daar is nog twyfel in hul harte

***********************************************************************
Met Jesus in ons boot eindig ons altyd op met meer as waarmee ons begin het...
-  die Weduwee se olie en meel
-  die Visnette wat wou skeur

Hul kon steeds nie die dinge wat hul reeds van Hom geweet en gesien het op hul eie lewe hier en nou toepas nie...as Hy vir duisende kon kos gee wat is n paar mense in die boot vir Hom

Netso lees ons die Woord,  hoor getuienisse maar twyfel dan of Hy dit vir my kan doen.
_________________________________________________________________________________
Ons moet nie net dit van die Bybel glo nie, maar God, God laat wees in ons eie lewe en omstandighede.
_________________________________________________________________________________

Toe Jesus die brood breek vir die Emmausgangers het hul geestelike oë oopgegaan en Jesus by hul erken vir wie Hy is.
Jesus het ook voor die dissipels die brood gebreek vir die duisende maar hul geestelike oë het hier nog toegebly...
Hoeveel keer word die brood(Woord) vir ons gebreek... Is my oë al oop of nog toe tov van wie Hy werklik is en wie ek vir Hom is in my eie verhouding en lewe met Hom?

Toe Laserus dood is het Jesus gehuil, dalk kan dit wees omdat:
-   hy Laserus lief gehad het soos die omstanders opgemerk het.
"Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!”
JOHANNES 11:35‭-‬36 AFR83

- of dalk omdat Hy die hartseer van die twee sussies Hom aangetrek het en Sy hart vir hulle gebreek het.
"Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan."
JOHANNES 11:33 AFR83

-  of dalk vir 'n ander rede....

(MAAR ons sal nie werklik kan sê wat die rede vir Sy hartseer was nie want die Bybel spel dit nie vir ons uit nie, dalk is dit die een of die ander of 'n bietjie van elk)

Kom ons kyk bietjie na hierdie ander moontlike rede verder.

Die ander rede kan wees: Alby sussies in dieselfde hartseer omstandighede sê aan Hom dieselfde woorde as hulle by Hom kom, maar Jesus reageer verskillend op die twee sussies.
"Marta sê toe vir Jesus:
“Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie."
JOHANNES 11:21 AFR83

"Toe Maria daar aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete gekniel en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.”
JOHANNES 11:32 AFR83

Die een gaan Hom dadelik tegemoet die ander een wag en gaan eers toe haar sussie vir haar sê Hy roep jou. Alby gaan Hom tegemoet op presies dieselfde plek ook.

 Met Marta redeneer Jesus. Sy sê Hy het te laat daar aangekom, maar Jesus sê vir haar dat dit vir Hom nooit te laat is nie, nie net ten opsigte van die ewigheid soos uit Marta se redenasies bleik nie, maar ook vir die hier en nou soos Hy later bewys toe Hy Laserus uit die dood opwek. 
Jesus help Marta van wanhoop beweeg na HOOP.
Hy weerspreek haar twyfel en gee vir haar hoop. Sy benadering tot Maria verskil radikaal. Toe Hy sien dat Maria huil het sy gemoed vol geskiet en Hy was aangedaan.  Hy vra net: Waar het julle hom begrawe?

Het Hy dalk van Maria wat altyd by Sy voete gesit het meer geloof in wie Hy is en wat Hy kan doen verwag, het Hy haar dalk al, al die dinge reeds geleer wat Hy nou met Martha geredeneer het toe sy Maria gekies het om by Sy voete te gesit het?
Van die besige Marta het Hy dit dalk nog verwag om dit te sê, dat sy nog sal twyfel, en nog kennis en wysheid kortkom maar nie nou Maria ook nie,  of dalk was Hy net te hartseer om Maria op daardie stadium ook te antwoord.
Of was die rede dalk vir Sy hartseer oor die feit dat Sy naaste vriende na alles wat hul van Hom weet en van Hom geleer en beleef het soos sy dissipels in die boot dit steeds nie begryp nie. Sy hartseer neem toe as hy die omstanders se woorde hoor wat dit bevestig dat hul nog nie glo dat Hy waarlik God is en die onmoontlike kan doen nie.
"Party van hulle het ook gesê: “Kon hy wat die oë van die blinde man genees het, nie ook gemaak het dat hierdie man nie sterwe nie?”  Jesus se gemoed het weer vol geskiet toe Hy by die graf kom. Dit was 'n rotsgraf, en daar was 'n klip voor die ingang gerol."
JOHANNES 11:37‭-‬38 AFR83

Dit bewys dat hul werklik nog steeds nie besef en begryp nie.

Hul bely wel met hul mond dat hul dit glo, maar hul dade weerspreek dit.

"Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?”  
Hulle het toe die klip weggerol. Jesus het opgekyk boontoe en gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. Ek weet dat U My altyd verhoor, MAAR Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, SODAT hulle kan glo dat U My gestuur het.”  Nadat Hy dit gesê het, roep Hy met 'n harde stem: “Lasarus, kom uit!”  Die oorledene het uitgekom. Sy hande en sy voete was nog toegedraai met grafdoeke en sy gesig toegebind met 'n kopdoek. Jesus sê toe vir die mense: “Maak hom los dat hy kan huis toe gaan.”
JOHANNES 11:40‭-‬44 AFR83

Jesus kom ons ongeloof tegemoet en sal dit weer sê en dit weer doen om ons so ver te kry om Hom te glo en te vertrou ook in ons eie lewe.

Glo jy dit al vir jóúself?

Hy kan ook die onmoontlike in jou en my lewe doen.

Van HEELTEMAL TE MIN tot HEELTEMAL TE VEEL!
Maar soms mis ons heeltemal die punt!

Hy sê ook vir ons vandag in hierdie storm
“Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, 
sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag 
van God sien nie?”
Joh 11:40

Mag ons lewe ook nou 'n getuienis wees van BUT GOD!!

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”