Moenie jou gebedshande laat sak nie... ONS MOET NOU EERS ERG BID





Moenie jou gebedshande laat sak nie...

ONS MOET NOU EERS ERG BID


Gisteraand vertel iemand my dat hul dokter hul vertel het dat hy baie met gesprekke te doen het rondom die corona virus en dat die HULLE NIE WEET HOE IS DIT MOONTLIK dat Suid Afrika se getalle nie so erg is as wat hul voorspel het nie. Met alles basies teen ons wat hierdie virus betref  het hul verwag dat Suid Afrika en Afrika die hardste getref gaan word in die wêreld deur die virus maar dit het nie gebeur en begin hul dink ons het beter immuniteit teen die virus of iets. Hul kan dit nie verklaar nie.

Dit het my herinner aan die die dag toe ons net voor lockdown afgesluit het in gebed in ons bybelstudie groepie en terwyl ek bid het die volgende woorde uit my mond gekom, woorde wat mý verras het want ek het net geweet hierdie is nie my woorde nie en dit het my opgewonde gemaak want ek het toe besef ons verwag die ergste, maar ons kan bid daarteen, ons kan die onvermydelike weg bid.
_________________________________________________________________________________
 Die woorde in my gebed was “Here gee asb dat die virus ons land nie so erg sal tref soos almal dink nie en DAT MENSE NA DIE TYD SAL SÊ HOE IS DIT MOONTKIK DAT DIT ONS NIE SO ERG GETREF HET SOOS VERWAG IS IN VERGELYKING MET ANDER LANDE NIE.”
_________________________________________________________________________________

 Dus toe ek gisteraand hoor die dokter, iemand wat  tog kennis het spreek hierdie einste woorde het ek net weer besef :
 ONS MOET BID, ERG BID, AANHOU BID. 

Maar die getalle begin nóú erg optel sal ons dalk wil sê....die Here herinner my aan hierdie Woord

"Josua het gemaak soos Moses vir hom gesê het. Hy het teen Amalek gaan veg. Intussen het Moses, Aäron en Hur teen die koppie uitgeklim.
 Solank Moses SY HAND IN DIE LUG OPGEHOU het, 
was Israel aan die wenkant. Sodra hy sy HAND LAAT SAK het, het die Amalekiete die oorhand begin kry.
Moses se arms het naderhand begin moeg word.
 Aäron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit.
Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het.
Josua kon toe Amalek en sy volk verpletterend verslaan. Die Here het toe vir Moses gesê: “Skryf op wat vandag gebeur het sodat julle dit altyd kan onthou. Bevestig aan Josua dat Ek Amalek se naam totaal sal uitwis.”
Moses het toe daar ’n altaar gebou wat hy genoem het “Die Here is my vaandel”. Hy het gesê: “’n Vuis is gelig teen God se troon. Die Here sal nooit ophou om teen Amalek te veg nie.”
EKSODUS 17:10‭-‬16 NLV

Mag ons ook hierna terugkyk en opskryf en onthou wat die Here vir ons in die tyd gedoen het. Mag die Here ook hierdie virus totaal uitwis en ons weer ons geliefde en naaste kan omhels en saam kan kom.
MAG ALMAL SONDER TWYFEL WEET DIT WAS SY INGRYPE EN HY DIE EER KRY!

In gebed veg ons teen die virus, maar as ons ophou dan wen die virus.
Dalk het ons moeg geword en begin ons GEBEDSHANDE SAK of dalk het ons die vyand se leuen begin glo nl…ONS KAN NIKS DAARAAN DOEN NIE, die onvermydelike gaan bebeur, what will be will be, EN DAARMEE MAAK HY ONS BIDDELOOS. 

Koning Hiskia het ook 'n onvermydelike verwoestende tyding ontvang en hy het nie dit maar net aanvaar en moed opgegee nie, hy het sy lot by die Here gaan bekla. Hy het letterlik die briewe van die vyand aan hom, voor die Here se voete gaan lê. Die Here het ingegryp en hulle gered.

"Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het, gevat en gelees. Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan en die briewe in die teenwoordigheid van die Here oopgesprei.  Toe het hy tot die Here GEBID:...."
JESAJA 37:14‭-‬15 AFR83

 Is dit nie ook tyd dat ons al die beriggewing wat ons laat vrees voor die Here se voete gaan plaas en sê Here lees wat skryf hul oor ons lot, Here help!



Die Here lê dit toe swaar op my hart om nou nog meer as ooit te bid,
TE BID SONDER OPHOU...

Om die mediese personeel se hande hoog te hou in gebed, die Here te vertrou vir wonderwerke. Te bid vir hulle wat geraak word hierdeur deur siekte of dood. Elke lewe wat ons verloor is verskriklik, maar hul het verwag dat dit soveel erger al moes gewees het en dit is nie. Dit moet ons moed gee. Vergelyk ons net met Amerika wat van als die beste het dan is dit onverstaanbaar menslik gesproke dat ons nie erger as hulle daaraan toe is al nie maar ons wat glo en bid weet dis BUT GOD 

 Ons het net die Here om op te kan VERTROU. 

 Jesus sê vir Maria by Laserus se graf

"Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?”
JOHANNES 11:40 AFR83

 Die seun in Markus 9 het vir almal om hom dood gelyk...BUT GOD
"En Jesus sê vir hom:
Wat dit betref — AS JY KAN GLO,
alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
  En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê:
Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!

Dus in alby gevalle het dit ook vir die mense gelyk of dit te laat is, help nie eers hul vra Jesus meer nie.
 Hulle kon fissies vir Jesus vra, ons doen dit in gebed.

Ons “demand" dit nie, maar vra dit in alle nederige afhankliheid van ons hemelse Vader om ons te bewaar en sou ons daardeur moet gaan Hy ons deur sal dra.

Vanoggend op radio kansel te toevallig sê die omroeper toe ook dat die getalle optel maar dat ons nie moet vrees en nou moet bly glo BUT GOD!!!
Dat ons moet aanhou bid en vertrou.

Dit was net weer vir my bevestiging van die Woord wat die Here my gisteraand ook gegee het en ek glo baie wat hier lees ook by die Here al gehoor het.

*************************************************************************
Ek wil dus vandag by elkeen van julle wat glo in Jesus pleit om nie op te hou bid nie. Die Here wil hê ons moet nou eers erg bid. 
Moenie die vyand se leuen glo nie, glo God!!
*************************************************************************

Moenie moeg word of opgee nie. Laat ons die arms hoog hou in gebed in die geveg teen hierdie virus. Moenie fokus op die getalle en nuusberigte nie, maar fokus op die Here se Woord en Sy BELOFTES aan ons. 

As jy ‘n medegelowige se arms sien sak, moedig mekaar aan en bid vir mekaar ook. Ons moet mekáár se arms nou ophou in gebed. Ons moet glo en ons moet erg bid vir almal in ons land, vir ons geliefdes en veral vir hulle wat Jesus nie ken nie en dalk sonder Hom kan sterf.

________________________________________________________

Ons hoef nie te aanvaar dit kan nie gekeer word nie,
ons moet glo dat Jesus vir wie niks onmoontlik is, kan!!
_________________________________________________________


 As van ons geliefdes of onsself  dit wel opdoen te bid dat die Here hul deur dit sal dra ook hulle wat al geliefde verloor het of nog gaan. Ons bid egter dat dit nie naastenby die verwagte getalle sal bereik nie.  Ek sê nie daarmee dat dit van ons gebede afhang nie maar dat Jesus kan.

Ons gebede sê net dat ons dit glo en daaraan vashou.



Niks wat met ons gebeur is buite Sy beheer nie.

"Want Hy's in beheer, Hy's ons weerman, stuurman, leidsman

Sweef soos 'n arend
Want Sy liefde dra ons so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos 'n arend
So ver soos die wind waai" -  lied sweef soos 'n arend

ROMEINE 12:12 AFR83: "Verbly julle in die hoop;
staan vas in verdrukking;
VOLHARD IN GEBED."


Die Here belowe dat HY ONS SAL DRA


"Geloof sy die Here! Dag na dag DRA HY ONS! God is ons hulp! Sela"
PSALMS 68:20 AFR83



"Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.  God is vir ons 'n God van verlossinge, en die Here Here het uitkomste teen die dood."
PSALMS 68:20‭-‬21 AFR53I

Hy het ons van die eerste oomblik dat Hy ons gevorm het al in Sy hande toegevou en dra Hy ons.


Die waarheid is, Hy het ons nog nooit opgehou dra nie.
Die Here dra ons steeds, dag ná dag


"en in die woestyn (in die moeilike tyd), waar jy gesien het hoe die Here jou God JOU GEDRA HET soos 'n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het."
DEUTERONÓMIUM 1:31 AFR53

Selfs as Hy aan ons vorm is ons NOOIT UIT SY HANDE


Die Hebrewse Woord wat vertaal is as vorm beteken letterlik om iets te druk tot 'n vorm, maar dit het ook 'n dieper betekenis nl om GEVORM TE WORD TOT 'N DOEL in ons geval God se doel met ons lewe. Hoe gaan ons lyk hierna?

"I love You, Lord
For Your mercy never failed me
All my days, I've been held in Your hands
From the moment that I wake up
Until I lay my head
Oh, I will sing of the goodness of God

And all my life You have been faithful
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I will sing of the goodness of God

I love Your voice
You have led me through the fire
And in darkest night You are close like no other
I've known You as a Father
I've known You as a Friend
And I have lived in the goodness of God, yeah!

And all my life You have been faithful, oh
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I will sing of the goodness of God, yeah!

'Cause Your goodness is running after, it's running after me
Your goodness is running after, it's running after me
With my life laid down, I'm surrendered now
I give You everything
'Cause Your goodness is running after, it's running after me, oh-oh
'Cause Your goodness is running after, it's running after me
Your goodness is running after, it's running after me
With my life laid down, I'm surrendered now
I give You everything
'Cause Your goodness is running after, it keeps running after me

And all my life You have been faithful
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I'm gonna sing of the goodness of God
I'm gonna sing, I'm gonna sing
'Cause all my life You have been faithful
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I'm gonna sing of the goodness of God
Oh, I'm gonna sing of the goodness of God"
- Bethel music



Ek kan dra wat ek moet omdat God mý dra

Ons wil wegskram van wat na ons kant toe kan kom, maar dankie tog dat Jesus gedra het wat Hy moes terwille van ons...




"En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die Here , om jou uit te red."
JEREMIA 1:19 AFR53

HY IS BY ONS...

"'n PSALM van Dawid. Ek roep U aan, o Here ! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.  

Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp(GEBED), 
AS EK MY HANDE OPHEF na die binneste van u heiligdom.  

Geloofd sy die Here , want Hy het die stem van my smekinge gehoor.  
Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.  
Die Here is 'n sterkte vir hulle, en Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde.  
Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder 
en DRA HULLE tot in EWIGHEID.
PSALMS 28:1‭-‬2‭, ‬6‭-‬9 AFR53



"LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My(Jesus)"
JOHANNES 14:1 AFR53



Mag ons terugkyk en net EEN RY VOETSPORE sien, van hoe HY ONS GEDRA het hierdeur...


Laat ons dan ernstig BLY BID, glo en vertrou

Mag almal na die tyd sê
 ''THAT WAS U LORD, THANKYOU" 

"Die wat wag in die redding van die Here
Vind hul rus in die skadu van die heilige God
Die Almagtige
Ek sal sê
Die Here is my vesting
Ek sal sê die
Here is my toevlug en krag
My God wie ek vertrou

U's my God, ek vertrou U grote Naam
Die wat glo, sal U nooit ooit beskaam
My God in wie ek glo
Op U sal ek vertrou
U's my God, ek vertrou U grote Naam
Die wat glo, sal U nooit ooit beskaam
My God in wie ek glo
Op U sal ek vertrou

In donker tye as geloof en hoop getoets word
En alles wat bekend is in in oomblik verdwyn
Bly U getrou

Ek sal sê
Die Here is my vesting
Ek sal sê die
Here is my toevlug en krag
My God wie ek vertrou

U's my God, ek vertrou U grote Naam
Die wat glo, sal U nooit ooit beskaam
My God in wie ek glo
Op U sal ek vertrou
U's my God, ek vertrou U grote Naam
Die wat glo, sal U nooit ooit beskaam
My God in wie ek glo
Op U sal ek vertrou

Halleluja
Halleluja
Halleluja
Halleluja
My God in wie ek glo
Op U sal ek vertrou"
- Retief Burger

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”