Hoe glo 'n kind?




As ek my geloof moet opsom, wat sal ek sê?

Een aand lank gelede lees ons as gesin uit die Bybel. Ons lees die gedeelte waar Jesus sê ons moet glo soos 'n  kind. Ons vra onsself toe af, hóé lyk so 'n geloof? Aangesien ons jongste seker so 8 jaar oud was draai ons na hom en vra hom tong in die kies:
"Boeta aangesien jy die jongste kind hier is, sê vir ons HÓÉ GLO 'N KIND?"
Hy bly vir so rukkie stil en toe kyk hy op en al wat hy antwoord is: 
"ERG!"

Ons hele verhouding met Jesus, ons hele geloof opgesom in een woord.

Glo nog ERG?
 Jesus sê in Openbaring ek het dit teen julle, julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.

Breek die Woord van God nog ons harte?

Het ons nog BEHOEFTE daaraan dat God met ons moet praat.?

Kom ons doen bietjie selfondersoek en toets onsself aan die volgende voorbeeld wat ons hier in Nehemia sien.

 1. Die hele volk het "soos een man" almal SAAMGEKOM om God se Woord te hoor. (Neh 8:2) Hulle het met selfde brandende begeerte om van God te hoor bymekaar gekom. Dit herinner my sterk aan die "It's Time" gebeds byeenkomste. 'n Land wat SAAMKOM met 'n brandende behoefte om van GOD te hoor.

2.  Hulle het BEHOEFTE gehad om God se wil te hoor en GEVRA dat dit aan hul voorgelees en verduidelik sal word. Wat is SÝ bevele tov hulle lewe.
(Neh 8:2)
Gaan luister ons na die Woord van God nog met dieselfde GESINDHEID as die volk hier in Nehemia.
Het ons nog 'n dringende behoefte om van ons Vader te hoor, of het dit vir ons tradisie, godsdiens, gewoonte en plig geword.

3. Hulle was ERNSTIG om van die Here te hoor. Hulle het MET AANDAG  na Sy Woord (wetboek) geluister.
 NIE BY DIE EEN OOR IN EN BY DIE ANDER OOR UIT NIE.
Hulle het geluister om te verstaan, om te kon gaan doen. (Neh 8:4)
Dit was nie meer BUT LORD (met verskonings vir hul ongehoorsaamheid nie) nie, maar met BUT GOD(geloof in wat Hy kan en wil doen, en 'n begeerte om te HOOR, VERSTAAN SODAT HULLE KON GAAN DOEN)

4.  Die WOORD is toe  in erns en vir lank aan hulle VERDUIDELIK op 'n manier dat hul kon VERSTAAN en BEGRYP wat God deur Sy Woord van hulle vra. (Vandag kyk ons op die horlosie)
Hulle het geweet DIE WAARHEID MAAK VRY, en die Woord is die waarheid
 Sommige bring vandag net die bemoedigende dele van die Woord, maar die vermanings is selfs nóg belangrik. Ons moenie die Woord selektief lees of bring nie. (Neh 8: 3, 4 en 9)

"All Scripture is God-breathed [given by divine inspiration] and is profitable for INSTRUCTION,
 for CONVICTION [of sin],
for CORRECTION [of error and restoration to obedience],
 for TRAINING in righteousness [learning to live in conformity to God’s will, both publicly and privately--behaving honorably with personal integrity and moral courage]; so that the man of God may be complete and proficient, outfitted and thoroughly equipped for every good work."
2 TIMOTHY 3:16‭-‬17 AMP

"Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.   Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
II TIMÓTHEÜS 3:14‭-‬17 AFR53

"Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee."
HEBREËRS 4:12‭-‬13 AFR83

"In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 
Die lig skyn in die duisternis, DIE DUISTERNIS KON DIT NIE UITDOOF nie."
JOHANNES 1:1‭-‬5 AFR83


Gebruik ons nog God se Woord as die lig wat my die pad aanwys?
Hoe gereëld tel ek my lamp op om my die pad te wys?
Te min?
Wel dan moet ek nie wonder hoekom ek myself stukkend val en soms selfs verdwaal nie.

"U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad."
PSALMS 119:105 AFR53
Die groot troos en belofte lê daarin dat as ek die Woord lief het en baie tyd daarin spandeer (my lamp optel) kan die duisternis van hierdie wêreld dit nie uitdoof, maak nie saak hoe donker dit is nie. God se Woord gee altyd vir ons lig in die donker tonnel.

Die volk in Nehemia was stukkend geval, het afgedwaal en het behoefte gehad om die lamp te vat en terug te kom op die regte pad. Die Woord is toe so aan hulle verduidelik dat hulle dit op hulle daaglikse lewe kon toepas, as volk maar ook individueel.


5.  Uit eerbied vir God se Woord het die hele gemeente OPGESTAAN toe die Woord oopgemaak word. (Neh 8:6)
Besef ons nog wie ons dien?

6.  Esra het begin om God te PRYS (soos Jesus ons ook in die onse Vader geleer het om ons gebede mee te begin)
Die hele volk het met hul HANDE OMHOOG daarop "Amen,amen" geantwoord
(Neh 8:7)

7.  Toe KNIEL hulle en BUIG diep voor die Here. Dus uit eerbied vir wie Hy is en onderdanig afhanklik van Hom alleen. (Neh 8:7b)


8. By die aanhoor van God se Woord is die volk van God se harte so diep getref dat die hele gemeente begin huil het.
TREF GOD SE WOORD NOG ÓNS HARTE?
(Neh 8:10)

9. Weens die opregtheid van hul harte waarmee hulle na die Here gevra het, kon hul weet dat God hoor hulle en dit kon hul met vreugde laat opstaan en gaan fees vier. Nehemia sê vir hulle
".... this day is holy to our Lord. And do not be worried, for the joy of the Lord is your strength and your stronghold.
NEHEMIAH 8:10‭-‬12 AMP


Hulle kon met blydskap gaan fees vier want elkeen wat die Woord van die Here gehoor het, het verstaan dat dit hier gaan oor GENADE EN LIEFDE, 'n Vader wat hulle wil terugvat.
Deur Sy Woord bind Hy ons vas aan Hom en kan ons vanuit hierdie intieme Vader kind verhouding met ons Vader in blydskap en vreugde leef.


_______________________________________________________________________________
Let op!
 Opgestaan, hande omhoog, gekniel, voor God gebuig en begin huil. Vandag is ons te skaam oor wat mense sal sê om enige van hierdie te doen.
Die volk was hier ernstig meer begaan oor wat God sê as wat mense sê.
_______________________________________________________________________________

 By die It's Time gebedsgeleenthede het ons dieselfde as hier in Nehemia 8 en 9 beleef. Kinders van die Here wat behoefte het om van Hom te hoor, biddend, met trane oor ons wange op ons knieë in die stof, hande omhoog, oë gevestig op Hom alleen vir leiding om te weet wat wil Hy hê moet ons doen in 'n moeilike tyd soos hierdie waarin ons, ons bevind. Spontaan eensgesind SAAM vreemdeling, verskillend in vlees, maar soos een man in gees voor God óns Vader. 'n Dag  waar mense traag die terein begin verlaat het omdat God se teenwoordigheid so werklik en tasbaar was dat jy dit nog net 'n klein rukkie langer wou koester en beleef, 'n dag wat ons moes herken, erken en bely, 'n dag waarop ons moes kies om terug te draai na God en Sý wil, 'n dag wat ons ook met ongekende vreugde daarvan laat terug draai het met nuwe hoop in ons harte. Hoop gevestig op Hom. Met harte wat steeds sien wat aangaan maar elke keer uitroep :
" BUT GOD!!" 

Dis goed om van die Here te hoor...
maar wat gebeur daarna as ons terugkeer na ons alledaagse lewe?

10.  Die volk het GAAN DOEN WAT GOD VAN HUL VRA.
"Hul het weer die Huttefees begin hou soos God dit opgeteken het vir hulle.
Hulle vind toe in die wet geskrywe dat die Here deur Moses opdrag gegee het dat die Israeliete in hutte moet woon vir die duur van die fees in die sewende maand,..."
NEHEMIA 8:15 AFR83

11.  En nóg later  die vier en twintigste dag van die maand het hulle belydenis gedoen van hul en hul voorvaders se sonde. Op die dag is daar weer lank vir hul voorgelees
Hulle het dus nie onveranderd aangegaan met hulle lewens nie. Die Woorde van God het hul van rigting laat verander. Hulle lewe was weer in gehoorsaamheid aan wat Hy van hulle vra. Hulle het weer en weer terug gekeer na die Woord om nog meer te hoor en te kon doen.

Dus SY WIL NIE HUL EIE WIL MEER ..."laat U wil geskied" 
op elkeen se lippe wat oorvloei in hul dade

12 . Dan sien ons die volk word in Nehem 9 herinner aan alles wat hulle verkeerd gedoen het in die verlede, maar ook hoe goed die Vader is, LIEFDEVOL en GENADIG. Ons moet ook ons verlede onthou en wat ons uit ons foute kon leer. Ons het ook geleer van wie God is soos Hy Hom aan ons geopenbaar het in woestyntye

"Maar hulle, ons voorvaders, was vermetel, hulle koppe was hard, hulle het nie u gebooie gehoorsaam nie.  Hulle het geweier om te luister, hulle het nie die wonderdade onthou wat U vir hulle gedoen het nie. Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny.  ( Neh 9: 16)

13.  Hulle word herinner aan wat die Vader vir hulle gedoen het in die verlede, nie omdat hulle dit verdien het nie...GOOD GOOD FARTHER 


"Maar U is 'n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie."
NEHEMIA 9:16‭-‬17 AFR83

" het U in u groot barmhartigheid HULLE NIE IN DIE WOESTYN GELOS NIE  Die wolkkolom het bedags nie van hulle af weggedraai nie maar hulle op die pad bly lei; die vuurkolom was snags daar om vir hulle lig te maak op die pad waar hulle langs moes trek.  U het u goeie Gees gegee om hulle te onderrig, U het u manna nie van hulle teruggehou nie, U het vir hulle water gegee vir hulle dors.  Veertig jaar lank het U vir hulle gesorg, hulle het niks kortgekom in die woestyn nie. Hulle klere het nie verslyt nie, hulle voete het nie geswel nie."
NEHEMIA 9:19‭-‬21 AFR83

Ons kan om ons rondkyk en sien hoe Hy ook by ons is in ons woestyne.

Ook ons kan aan hierdie wete vashou Hy het HULLE NIE IN DIE WOESTYN GELOS NIE .

Glo soos 'n kind
ERG!



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”