No longer me, myself and I
Die hele Skrif opgesom in een paragraaf
"EN toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal? En Jesus antwoord hom:
Die EERSTE van al die gebooie is:
Hoor, Israel, die Here, onse God, is ’n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
En die TWEEDE, hieraan gelyk, is dit:
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
MARKUS 12:28-31 AFR53
Dit laat mens met die besef: " It's not about me"
"Hy moet meer word en ek minder " Joh 3 :30
Ek moet sterf aan myself...NO LONGER I
Ek moet my kruis opneem en Hom volg.
"And He was saying to them all, “If anyone wishes to follow Me [as My disciple], he must deny himself [set aside selfish interests], and take up his cross daily [expressing a willingness to endure whatever may come] and follow Me [believing in Me, conforming to My example in living and, if need be, suffering or perhaps dying because of faith in Me]."
LUKE 9:23 AMP
********************************
Kruis is vir my die simbool van:
LIEFDE TOT GOD - Ankerpaal
LIEFDE TOT NAASTE - Dwars paal
*********************************
Die dwarspaal val op die grond as die Ankerpaal nie stewig in plek is nie.
"Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê."
I JOHANNES 4:19-21 AFR53
Dus gaan hierdie 2 gebooie saam, die een kan nie sonder die ander
Tipies mens glip die gedagte in, "nou wat dan van my, Here? As my hele lewe moet draai om U lief te hê en my naaste wat word van my en my behoeftes?"
Die Here antwoord my dat ek Syne is. Hy kyk na my. Hy voorsien in my behoeftes, ek hoef nie.
Wow!!
Wou ek toe nog verder na myself kyk, NOPE!!!
Wat wil 'n mens meer hê en waar sal jy veiliger wees as in God self se hande.
Hy kyk na my en jou SODAT ons Hom en ander kan DIEN en LIEFHÊ.
Hy stel ons in staat om te doen wat Hy van ons vra.
Met hierdie seker wete kan ek dus nou net fokus op wat Hy van my vra:
1. Om Hom lief te hê met alles in my en van my, en dit deur gehoorsaamheid te wys
Om ons Vader lief te hê is nie net praat nie, dit is doen
“As julle My liefhet, sal julle my opdragte gehoorsaam.
JOHANNES 14:15 NLV
"Ek kom u verordeninge na, ek het hulle baie lief. U bevele en verordeninge gehoorsaam ek. My hele lewe lê oop voor U."
PSALMS 119:167-168 AFR83
2. My naaste lief te hê
Naasteliefde is nie net praat nie, dit is doen.
My gawes en talente te gebruik tot voordeel van ander, om hulle te help.
Ander bo myself en my behoeftes te sit.
As ek iets vir ander doen het ek dit indirek aan Jesus gedoen of nie gedoen
"Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. .........Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie."
MATTHÉÜS 25:37-41, 45 AFR53
DIE BELANGRIKSTE DEEL (anoniem)
Moeder vra eendag haar jong dogter watter liggaamsdeel die belangrikste is.
Gaan dink mooi daaroor dan kom se jy my.
Na 'n paar dae gaan se die dogter vir haar moeder - Die Oor?
Nee, antwoord haar Moeder, daar is baie mense wat Doof is... maar hou aan dink, ek sal jou binnekort weer vra!
'n Paar jaar het verloop en op n dag vra haar Moeder haar.... Jy is nou ouer, het jy al geleer watter liggaamsdeel die belangrikste is? Mmm jou oe? vra die Dogter...
Nee, my kind daar is tog baie blindes!!
Teleurgesteld het sy omgedraai maar oor die jare het sy nog n paar maal teleurgesteld omgedraai na sulke onsuksesvolle raaiskote.
Op n dag, staan hul by die begrafnis van haar Oupa... langs sy oop graf en haar Moeder kyk na haar....
My Kind, het jy al gedink watter deel is die belangrikste?
Die kind was geskok dat haar ma op so n dag sou kies om dit te vra.
Haar Ma merk dit en se.... juis vandag is die vraag belangrik.
Die kind merk die trane in haar Moeder se oe.....
My Kind.... die mees belangrikste deel is jou Skouer!!!
Sy vra haar Moeder.... Is dit om ons kop regop te hou????
Nee antwoord haar Moeder... dis om die kop te kan hou van n ou Vriend of Geliefde.... wanneer hul huil en gebroke is en Troos soek!!
Net daar het die Dogter besef, die belangrikste deel....is nie n selfsugtige deel wat jy nodig het vir jouself nie.... maar n deel wat jy kan gebruik vir n ander!!!!
Wanneer laas het jy jou skouer vir iemand aangebied wat dit so nodig het
NO LONGER I
Comments
Post a Comment