Gee pad uit sy pad!!!
GEE PAD UIT SY PAD!!!!
Iemand staan toe te naby en die een slang pik toe teen sy klere vas maar mis hom net-net.
Toe ek wakker word het die droom my baie gepla en vra ek die Here of dit maar net 'n droom was of is daar 'n boodskap agter die droom en indien wel wat tog die betekenis van die droom kan wees.
Ek kry toe net daarna te toevallig om toeval te wees die foto op sosiale media van 2 slange wat mekaar doodgepik en gewurg het en ook so inmekaar gedraai is soos in my droom.
Die woorde daarby tref my toe:
"all you have to do is stay out of the way"
Amper presies my woorde in my droom
Hy gee my ook die skrif in my stiltetyd die oggend
"Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die SLANG van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom."
DIE OPENBARING 12:7-9 AFR83
Ek besef toe dis wat die droom beteken:
Die slange is Satan en sy demone wat ons wil aanval (pik en verwurg), ook ons die kinders van God, maar ons moet alles in ons vermoë doen om hom
teen te staan
en BUITE SY BEREIK te bly.
Ek bid toe Here hoe doen ek dit, hoe bly ek buite sy bereik prakties, hier en nou in my alledaagse lewe.
Die twee hoofpunte wat die Here vir my uitwys HOE is:
1. Satan is 'n leuenaar!!! Vervang sy leuens met die waarheid.
2. Baie belangrik TREK JOU VÓLLE WAPENRUSTING AAN
Ons is in 'n geestelike oorlog of ons dit wil weet of nie. Die vyand loop rond soos 'n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslint, raak pik, wurg, by steel of verwoes.
_________________________________________________________________________________
1. Ek moet besef en weet Satan is 'n leuenaar!!!
Hy mik vir ons gedagtes
HY JOK VIR ONS!!!
_________________________________________________________________________________
MOENIE MET SATAN IN GESPREK TREE NIE, dit het Adam en Eva duur te staan gekom. Ons vergeet hy is magtig, maar ons God is almagtig.
Gaan in jou binnekamer, maak die deur toe op al die ander stemme in jou gedagtes en praat eerder oor die vyand MET DIE VADER in GEBED.
"Maar ek is bang dat julle GEDAGTES weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang."
2 KORINTIËRS 11:3 AFR83
Die slang kan nie God se waarheid wegvat nie, maar hy kan 'n verdraaide waarheid as alternatief gee om te glo. Gedagtes wat God se waarheid uitdaag.
Die enigste manier wat hy die kind van God teen God kan laat draai is deur hul te bedrieg.
Hy gebruik leuens en halwe waarhede om ons in vestings/tronke te plaas. Die oomblik as ons hom glo sit hy die slot aan.
In engels praat hul van "strongholds".
Direk vertaal "sterk,stewig vashou" menslik gesproke met geen uitkom kans, en klink dit vir my presies soos wat die luislang wil doen, om ons draai en ons stewig in sy greep kry om so die lewe uit ons te druk.
"Strongholds" vestings word deur Paulus gebruik om ons geestelike stryd te beskryf.
Maar dank die Here... BUT GOD!
"For though we walk in the flesh, we do not WAR according to the flesh. For the weapons of our warfare are not carnal BUT mighty in God for pulling down STRONGHOLDS, casting down arguments and every high thing that exalts itself against the knowledge of God, bringing every THOUGHT into captivity to the obedience of Christ,"
II Corinthians 10:3-5 NKJV
Die engelse woord WORRY beteken volgens die ou engels" STRANGLE"
Dus in Afrikaans om gewurg te word. Dis presies wat die vyand die slang doen met bekommernisse, hy wurg ons
"Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?"
MATTEUS 6:27 AFR83
Die Here wil ons losmaak uit Satan se wurggreep.
Ons moet besef wat ons te naby aan ons toelaat sal ons kan bykom.
"Neem daarom elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak."
Maw "CATCH THAT THOUGHT, OR IT WIL CATCH YOU"
In Johannes lees ons Christus is die Woord. Meet dit alles dus aan God se Woord want dis die enigste WAARHEID wat nooit verander nie.
HOU OP OM SY LEUENS TE GLO!!
Vervang Satan se leuens met God se waarheid
"Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart (gedagtes) aangaan.
Wat jy DINK, bepaal alles wat jy DOEN."
SPREUKE 4:23 NLV
Waak dus oor jou gedagtes.
Joyce Meyer sê:
" thoughts go through your mind but you decide what stay behind"
" when satan atack you run quickly and get your Bible"
Satan se grootste oorlogsveld is ons gedagtes. Ons kan nie altyd help wat ons dink nie, maar ons kan besluit wat bly en wat gly.
DINK WAAROOR JY DINK
Waarvoor sê ek ja en waarvoor nee in my gedagtes.
Moenie eers 'n slegte gedagte troetel soos 'n marmoset apie nie, voor jy jou kan kry is dit 'n gorilla wat met jou speel.
Hanteer dit onmiddelik.
Satan weet as hy ons so ver kan kry om sy leuens te glo, verwond hy ons en verlam ons. As hy sy gif in ons kan inkry is die gevolg dat ons TWYFEL en VREES
Depressie en angs begin met gedagtes wat oorgaan in gevoelens en dade
Dit het met 'n slegte leuen gedagtes begin, Jesus kan dit eindig en genees deur gedagtes oor die waarheid van die Woord
"Anxiety in the heart of man causes depression, But a good word makes it glad."
Proverbs 12:25 NKJV
"Dalet. Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my VREES gered."
PSALMS 34:5 AFR53
Bid oor wat jou bang maak!!!
"Julle gees en GEDAGTES moet nuut word;"
EFESIËRS 4:23 AFR83
"Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink."
EFESIËRS 4:23 NLV
Maw leer om deur God se bril, Sy waarheid te kyk en nie deur satan sin nie. ***Spandeer baie tyd in WOORD en GEBED***
"And do not be conformed to this world [any longer with its superficial values and customs], but be transformed and progressively changed [as you mature spiritually] by the renewing of your mind [focusing on godly values and ethical attitudes], so that you may prove [for yourselves] what the will of God is, that which is good and acceptable and perfect [in His plan and purpose for you]."
Romans 12:2 AMP
"DON'T BE CONFORMED BY THE SNAKE BUT TRANSFORMED BY GOD"
"Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is."
ROMEINE 12:2 NLV
Denke word dade
Goeie gedagtes, goeie vrugte,
slegte gedagtes, slegte vrugte
Seker van die belangrikste Skrif in die Woord oor hoe om jou gedagtes gevange te neem en angs te oorkom is Fil 4: 6-8
"Moet oor niks bekommerd wees nie, maar BID OOR ALLES.
VRA alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook DANK vir alles wat Hy doen. En GOD SE VREDE, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die WAG HOU omdat julle aan Christus Jesus verbonde is."
FILIPPENSE 4:6-7 NLV
"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."
FILIPPENSE 4:6-7 AFR83
"Do not be ANXIOUS or WORRIED about ANYTHING,
BUT in EVERYTHING [every circumstance and situation]
by PRAYER and PETITION/ SUPPLICATION
with THANKSGIVING,
continue to make your [SPECIFIC] REQUEST known to God.
And the PEACE OF GOD [that peace which reassures the heart, that peace] which transcends all understanding,
[that peace which] STANDS GUARD over your hearts and your MINDS in Christ Jesus [is yours]."
Philippians 4:6-7 AMP
SY VREDE HOU WAG OOR ONS GEDAGTES AS ONS IN HOM ONS VERTROUE PLAAS
Pas op vir die SORGE EN GENIETINGE van die lewe...
Alby ewe gevaarlik!!
_________________________________________________________________________________
"Daardie mense by wie tussen die dorings gesaai is, is hulle wat die boodskap hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die boodskap en dit bly sonder vrug."
MATTEUS 13:22 NLV
Sorge laat jou moed opgee en vrees terwyl God wil hê ons moet vertrou
Rykdom en genietinge van die lewe maak jou besig en selfgesentreerd
Dus bring alby jou in Satan se bereik.
Alby se gevolg is GEEN VRUG
_________________________________________________________________________________
NADER AAN GOD, VERDER VAN DIE SLANG
_________________________________________________________________________________
"Onderwerp julle dan aan God.
Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.
Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie."
JAKOBUS 4:8 NLV
GEHOORSAAM DIE WOORD, leef onsettend afhanklik van God, leef erg toegewy aan Hom.
"Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."
MATTHÉÜS 6:33 AFR53
"Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here , en wyk af van die kwaad;''
SPREUKE 3:7 AFR53
Bid, bid, bid!!
Oor alles....
"Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelyk maak."
SPREUKE 3:6 AFR53
KEN JOU VADER vir wie Hy regtig is
"Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape."
JOHANNES 10:11 AFR53
Satan wil Hom in diskrediet by ons bring deur leuens oor Hom en Sy Vaderhart aan ons op te dis. Hy wil ons laat twyfel aan Sy liefde vir ons
Baie maak ook hul eie prentjie van wie hul dink God moet wees en is dan teleurgesteld as Hy nie is wie hul gedink het Hy moet wees nie, of het 'n verwagting van wie Hy is gemeet aan hul eie ervaring dalk met 'n aardse pa en dan sal hul Hom selfs verwerp, maar dis eintlik hul eie idee van Hom wat hul verwerp. Die feit hier is dat ons dan nie meer die God van die Bybel aanbid nie, maar ons eie afgod geskep het. Hy is nie net liefde nie, Hy is nie net regverdig nie. Hy is alby. Vir 'n rede, en dis om vir ons die goeie te gee nie die slegte.
Spandeer tyd in Sy Woord en gebed by sy voete. Ken Sy hart, sy karakter, sy stem. Dan sal jy betyds kan vlug. Jy sal nie bedrieg kan word deur die slang nie.
Jou tyd in WOORD en GEBED by Sy voete is ononderhandelbaar!!!
"En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom WEGVLUG, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie."
JOHANNES 10:4-5 AFR53
WEGVLUG, dus nie binne sy bereik kom nie.
_________________________________________________________________________________
KEN JOU VYAND, ken sy katakter en sy strategie anders gaan jy te naby aan hom kom
_________________________________________________________________________________
"Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed."
2 KORINTIËRS 2:11 AFR83
"En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien."
2 KORINTIËRS 11:14-15 AFR83
MOENIE MET DIE DUIWEL OOR ENIGIETS SAAMSTEM NIE. stem net met God ons Vader saam
1 PETRUS 5:8 AFR83
Hy hou daarvan om ons in onkunde te hou
"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; ..."
HOSÉA 4:6 AFR53
Lees self die Bybel!!!
As ons die vyand se metodes van aanval ignoreer, is ons oop teikens en kry hy vastrapplek, of sterk houvas in ons lewens, verlam ons en maak ons stukkend.
Hy kom altyd met gedagtes wat jou laat TWYFEL of laat VREES.
Herken dit dadelik en vervang dit met VERTROU. Goddelike gedagtes gee HOOP.
"Die dief kom net om te steel en te slag en te VERWOES. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê."
JOHANNES 10:10 AFR53
'N DIEF STEEL eenmalig, maar angs, vrees en depressie kan baie jare by ons steel. Die vyand wil ook ons VREDE EN BLYDSKAP steel.
Hy wil ons laat twyfel of God goed is en goed bedoel met ons. Sy gesprek met Eva blyk dit duidelik.
Hy ken jou SWAKPUNTE en sal daarop fokus.
As drank, skinders ens vir jou 'n probleem is...BLY WEG DAARVAN!!!
Die slang bring jou in versoeking...VLUG!!!
"Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood."
JAKOBUS 1:13-15 AFR83
Wees bewus van jou swakpunte, bid daaroor en bely dit.
_________________________________________________________________________________
2. Baie belangrik TREK JOU VÓLLE WAPENRUSTING AAN
_________________________________________________________________________________
Sy klere in my droom het die slang verhoed om hom raak te pik
Weet as kind van God is ons teikens, ons is in 'n geestelike oorlog wat nooit ophou.
RUN TO GOD, NOT FROM HIM
"Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom."
PSALMS 34:20 AFR53
Dis groot troos en groot genade maar weet ook JESUS los ons nooit alleen, Hy is by ons ALTYD, veral in ons stryd.
"Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings (strongholds)kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente..."
2 KORINTIËRS 10:4 NLV
VOLLE wapenrusting!!!
- as jy gedeeltelik geklee is kan die slang plek kry om jou raak te pik
EFESIËRS 6:10-18 AFR83 sê....
"Verder nog dit:
Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
( nie met ons eie krag en menslike wapens probeer veg nie)
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee
(God ons Vader self rus ons toe),
(Hoekom moet ek dit aantrek?)
SODAT julle op julle pos kan bly ONDANKS die listige aanslae van die duiwel.
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
Trek DAAROM die volle wapenrusting aan wat God julle gee, SODAT julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die STRYD tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.
Bly dan op julle pos,
(Hoe?)
toegerus met die WAARHEID as gordel om julle heupe,
(Satan se wapen is leuens wat ook soms gekamofleer word as die waarheid en hy wil hê ons moet dit vat en vir onsself glo maar vervang dit met God se waarheid, ken jou vader, ken Sy Woord)
die VRYSPRAAK deur God as borsharnas,
Dit beskerm jou hart. Satan wil hê ons moet twyfel of God ons werklik vrygespreek het en sal ons aanhoudend aankla in ons gewete oor ons sondes van die hede, verlede en toekoms.
Vervang hierdie twyfel met God se waarheid
"AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes BELY, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van ALLE ongeregtigheid te reinig."
I JOHANNES 1:8-9 AFR53
"Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie. Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is."
PSALMS 103:8-14 AFR83
en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as SKOENE aan die voete.
As nog iemand Jesus as Verlosser aanneem verloor die Satan nog iemand onder sy heerskappy, en moet die duisternis plek maar vir die lig.
Ons moet hiervoor vir mekaar bid dat ons ons nie sal skaam vir die evangelie, en verleë voel nie, maar met vrymoedigheid ander sal vertel sodat hulle ook gered kan word.
Jou eie storie en jou eie lewe is jou grootste getuienis teenoor ander.
Daniel en sy vriende het hul geloof, deur hoe hul geleef het, in hul alledaagse lewe en en hoe hul storms hanteer het, God sigbaar gemaak aan 'n goddelose Babilon en sy mense.
Daarby moet julle ALTYD GELOOF as SKILD in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.
Gevaar, lyding en swaarkry laat jou bang word en vrees, dit beinvloed jou vertroue in die Here en laat jou begin twyfel aan Sy liefde vir jou. Satan wil daarmee regkry dat ons ipv na God hardloop weg van God hardloop.
Geloof in God en Sy goedheid laat die kind van God juis na God sy Vader hardloop in sulke tye. Nader aan God verder van die slang. God is ons beskerming en hulp, ons Rots by wie ons skuil. Ons kry ons krag by Hom.
"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."
HEBREËRS 11:1 AFR83
Sit VERLOSSING as HELM op
Afgehandelde saak aan die kruis deur Jesus vir my verdien.
WEDERGEBORE mense is nou God se kinders en lewe nou onder God se gesag en krag en nie meer onder eie krag of gesag van die Satan nie. Die helm is daar om jou verstand/ GEDAGTES te beskerm. As Satan jou kan laat twyfel of jy waarlik gered is wond hy ons dodelik. My sekerheid is gebou op die feit dat ek deur genade en nie verdienste redding ontvang het. Ek kán dus seker wees, EK MOET SEKER WEES.
"Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het."
I JOHANNES 5:12-15 AFR53
Soos ons dan ook hier sien dra sekerheid van jou verlossing kragtig by tot jou gebedslewe.
en VAT die swaard van die Gees, dit is die woord van God.
Vat hom in jou hand, dit sê nie sit die Bybel in 'n glaskas vir veilige bewaring nie. Gebruik hom daagliks. Op die boekrak gaan hy niks vir jou beteken nie, net soos 'n geweer in die kluis niks beteken as jy jouself moet verdedig nie. Jy moet hom uithaal, in jou hande neem en gebruik.
Die Bybel is een van ons geestelike aanvalswapen waarmee ons onsself verdedig. Ons neem elke gedagte(veral Satan se leuens) gevange en maak dit aan God se Woord gehoorsaam. Dit ontbloot ook Satan se gekamofleerde leuens.
'N mens moet vertroud wees met jou wapen om dit effektief te kan gebruik. Daarom moet ons, ons oefen in ons geestelike wapens. Baie tyd in Woord, gebed en lofprysing deurbring soos ons al soveel keer gehoor het maar nie genoeg kan sê nie.
Lees die Woord biddend om te VERSTAAN sodat ons dit kan doen.
Ons staan die vyand teë deur die inhoud van die Bybel op te staan, dit te glo en te doen, nie net te hoor nie. Daarom pla dit die vyand nie veel as ons net kerk toe gaan nie maar hy siidder as ons die kerk begin wees.
Jesus het in die woestyn telkemale gesê, daar staan geskrywe toe Satan hom aangeval het en die Duiwel moes later die aftog blaas. Hy het ook die Woord geleef op die markplein.
DOEN dit alles BIDDEND
Dus is gebed die HOE ek my wapenrusting aantrek
Ons gebede moet gelowige gebede wees en ons moet nie twyfel as ons bid nie.
"As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon."
HEBREËRS 11:6 AFR83
en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.
Want ons weet dat ons dit nie uit eie krag kan regkry om staande te bly teen satan se aanslae nie want hy is magtig. Maar God is almagtig en Hy wat in ons is, is groter as hy wat in die wêreld is.
Jesus bid dat God ons van die bose sal bewaar en leer ons ook in die onse Vader om dit te vra want Hy weet hoe erg ons stryd is. Daarom kan ons nie bekostig om dit nie te doen nie of dit gering skat nie. Bid bid bid.
Een predikant het een keer gesê as hulle preek is die uitwerking soos R1 gewere wat net hier voor hul tref, maar as ons bid gooi ons atoombomme wat oor afstande impak maak. Besef ons die krag van gebed, ek glo nie anders sou ons die Woord ter harte geneem het en gebid het sonder ophou en oor alles en vir almal.
Wees waaksaam
As die vyand dit regkry om te naby aan ons te kom maak hy ons stukkend en verwond hy ons soms dodelik. Elia moes wakker word, ophou slaap. As ons nie wakker en waaksaam is nie is ons sagte teikens vir die vyand. Daarom sal jy nooit 'n weermag sien sonder wagters op hul mure. Iemand staan altyd wag om die vyand betyds te kan sien, te waarsku en te kan terug veg.
en bid gedurig vir al die gelowiges.
Onthou ons is nie alleen in hierdie stryd nie, Bybel sê reg oor die wêreld moet ons medegelowiges die aanslae deurmaak.
Bid vir mekaar sodat ons op ons pos kan bly en dat die vyand dit nie regkry om GOD SE KONINGKRYK swaar te verwond nie. As hy dit regkry gaan soveel siele verlore wat ons dan nie by uitkom nie.
************************************************************************
AS JY JOU WAPENRUSTING AANHET,
SAL DIE VYAND AS HY WEL DIT REGKRY OM NABY GENOEG AAN JOU TE KOM DEUR HOM TE KAMOFLEER, JOU NIE KAN WOND NIE WANT DAAR IS "KLERE" TUSSEN JOU EN SY DODELIKE GIF.
Dis God se wapenrusting wat jou daarteen bewaar.
Ons hoef hom dus nie te vrees nie!!
************************************************************************
RESIST THE DEVIL, DO NOT ASSIST HIM
Maak dus seker waaroor jy dink en maak self seker oor die waarheid, moet dit nie aan ander oorlaat nie.
Pas op, wees waaksaam!!!
BLY UIT SY PAD!!!
(gaan waarsku ander)
VOICE OF TRUTH
Song by CASTING CROWNS
"Oh what I would do to have
The kind of faith it takes
To climb out of this boat I'm in
Onto the crashing waves
The kind of faith it takes
To climb out of this boat I'm in
Onto the crashing waves
To step out of my comfort zone
Into the realm of the unknown where Jesus is
And He's holding out His hand
Into the realm of the unknown where Jesus is
And He's holding out His hand
But the waves are calling out my name
And they laugh at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The waves they keep on telling me
Time and time again. "Boy, you'll never win!"
"You'll never win!"
And they laugh at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The waves they keep on telling me
Time and time again. "Boy, you'll never win!"
"You'll never win!"
BUT the voice of truth tells me a different story
The voice of truth says, "Do not be afraid!"
The voice of truth says, "This is for My glory"
Out of all the voices calling out to me
I will choose to listen and believe the voice of truth
The voice of truth says, "Do not be afraid!"
The voice of truth says, "This is for My glory"
Out of all the voices calling out to me
I will choose to listen and believe the voice of truth
Oh what I would do to have
The kind of strength it takes to stand before a giant
With just a sling and a stone
Surrounded by the sound of a thousand warriors
Shaking in their armor
Wishing they'd have had the strength to stand
The kind of strength it takes to stand before a giant
With just a sling and a stone
Surrounded by the sound of a thousand warriors
Shaking in their armor
Wishing they'd have had the strength to stand
But the giant's calling out my name
And he laughs at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The giant keeps on telling me
Time and time again. "Boy you'll never win!"
"You'll never win!"
And he laughs at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The giant keeps on telling me
Time and time again. "Boy you'll never win!"
"You'll never win!"
But the stone was just the right size
To put the giant on the ground
And the waves they don't seem so high
From on top of them lookin' down
I will soar with the wings of eagles
When I stop and listen to the sound of Jesus
Singing over me
To put the giant on the ground
And the waves they don't seem so high
From on top of them lookin' down
I will soar with the wings of eagles
When I stop and listen to the sound of Jesus
Singing over me
I will choose to listen and believe the voice of truth"
Comments
Post a Comment