Wat kan ons sê oor al hierdie dinge...








Wie van ons is by magte om die kloutjie by die oor te kan bring?

Ons lees vannaand Job 22: 21- 30
Elifas gee goeie raad vir Job op die oog af, wat hy sê is nie heeltemal verkeerd nie,
Ons moet ons aan God onderwerp.
Ons moet dat Hy Ons leer en ons moet Sy woorde ter harte neem.
Ons moet terugkeer na die Here en Hy sal ons dan herstel soos in die                  gelykenis van die verlore seun.
Ons moet kwaad vermy, en ons moet nie op ons goud vertrou nie.
Ons skat moet in die hemel wees, Jesus moet ons skat wees.
Ons moet ons in Hom verlustig en ons moet ons tot Hom wend in gebed.

MAAR ons sien dat die Here Job se vriende se woorde aan Job afkeur.
 Hoe dan so?
Is alles hierbo dan nie waar nie?

Dit is, MAAR NIE IN JOB SE GEVAL NIE!!

Hulle afleidings was nie waar tov Job se lewe nie.

Die probleem kom dus in AS ONS NAMENS GOD WIL PRAAT of ONS EIE OPINIES OOR DIE REDES VAN 'n situasie wil gee

Die Woord sê immers ons mag nie oordeel nie.

My vriende, julle moenie slegte dinge sê van mekaar nie. Wanneer iemand slegte dinge sê van sy vriend of wanneer hy sê sy vriend doen verkeerd en God moet hom straf, dan sê hy slegte dinge van God se wette en hy sê dat die wette verkeerd is. En as jy sê dat die wette verkeerd is, dan doen jy nie wat die wette sê nie, maar dan is jy die regter wat die wette oordeel. Daar is net Een wat wette maak en wat mag oordeel. Net Hý kan mense red of laat sterf. Maar jý, jy mag nie jou naaste oordeel nie.”
Jakobus 4:11‭-‬12 ABA

Soms wil die Here wel iemand se aandag kry deur wat hulle deurmaak om hul te laat terugkeer na Hom, maar dis ‘n saak tussen daardie persoon en die Here en nie vir ander om oor te besluit nie.
Maar soms is dit ‘n heel ander rede wat ons nie altyd hier en nou sal verstaan nie. Ons kan nie alles verstaan nie, net God weet.

Jesus het vir Petrus gesê: 
“Jy verstaan nie nou wat Ek doen nie, maar jy sal later verstaan.”
Johannes 13:7 ABA

Ook met die seun wat blind gebore is het die mense gewonder of dit sy eie sonde of die van sy ouers sin was wat dit veroorsaak het, maar net God weet wat die rede is en daarom kon Jesus antwoord
Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?”  En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind SODAT die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.
JOHANNES 9:1‭-‬3 AFR83

Soms wil God Homself en Sy mag openbaar in omstandighede sodat ons Hom beter kan ken en so makliker op Hom kan vertrou. Mens vertrou moeilik iemand wat jy nie ken nie. Elkeen wat al deur rowwe tye is kan saam Job sê:

"I had heard of You [only] by the hearing of the ear, But now my [spiritual] eye sees You.  Therefore I retract [my words and hate myself] And I repent in dust and ashes.”
Job 42:5‭-‬6 AMP



Mens staan nederig voor hierdie awesome God.

Soms wil die Here ons geloof versterk
"My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming."
JAKOBUS 1:2‭-‬4 AFR83

"Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."
ROMEINE 5:3‭-‬5 AFR83

Daar kan nog baie ander redes wees wat ons nog nie eers kon bedink het nie.

Ons moet dus oppas dat ons nie nou woorde in die Here se mond lê oor hoekom hierdie Carona virus oor die wêreld gekom het nie, ook nie oor hoekom party siek word en selfs doodgaan en ander nie.
Ons weet nie maar ons moet kinderlik vertrou dat God weet.

Glo dat Hy ‘n plan en doel vir ons het soos Hy met hierdie blinde seun en ook met Job se lewe gehad het.

Ons moet baie versigtig wees wat ons kommentaar lewer op sosiale media, en wat ons aanstuur.
Dink ek dis so, of weet ek dis so?

 Die Here het baie kwaad geword vir die valse profete wat goed vir die volk gesê het wat nie so is nie.
“Maar ek het gesê: Ag, Here my God, die profete sê dan vir hulle hulle sal geen oorlog of hongersnood beleef nie en dat U sê: Ek sal vir julle blywende voorspoed gee in hierdie land.  Die Here het vir my gesê: Die profete gee voor dat hulle in my Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsêery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete. Daarom sê Ek oor die profete wat in my Naam optree sonder dat Ek hulle gestuur het, wat beweer daar sal nie oorlog of hongersnood in hierdie land kom nie: Daardie profete sal deur oorlog en hongersnood aan hulle einde kom."
JEREMIA 14:13‭-‬15 AFR83

Hoekom gebeur dinge soos dit gebeur?
Ons weet nie.

Ons kan wel vertrou en weet dat ons Vader weet en Hy is in beheer.
Niks gebeur buite Sy beheer nie.

 Hy kan alles ten goede laat meewerk, vir Hom is niks onmoontlik, Hy alleen kan tye en omstandighede verander, daarom kan en moet ons bid.

Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort,  Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het,  wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig.  Ek loof en prys U, God van my voorvaders, omdat U aan my wysheid en mag gegee het. U het aan my bekend gemaak wat ons van U gevra het, U het aan ons bekend gemaak wat om aan die koning te sê.”
DANIËL 2:20‭-‬23 AFR83

Pas op wat jy nou glo. Pas op na watter predikers jy luister.
Bid voor jy lees, bid voor jy luister vir onderskeidings vermoë.

Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.  En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ’n klip gee; of ook ’n vis, en hy sal hom in plaas van ’n vis ’n slang gee;  of ook as hy ’n eier vra, hom ’n skerpioen gee?  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?”
LUKAS 11:10‭-‬13 AFR53

Hy gee vir ons die Heilige gees wat ons sal lei in waarheid en Hy sal nie as ons van Hom wysheid bid ons verkeerd antwoord nie.

“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee wordMaar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.  Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —   so ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë…”
JAKOBUS 1:5‭-‬9 AFR53

Glo dus dat as jy Hom vra Hy vir jou die onderskeidingvermoë sal gee.
Luister na daai stem in jou hart wat nie gemaklik voel met ‘n boodskap nie.

Satan werk op twee maniere, of hy wil hê ons moet alles vir soetkoek opeet en so verwar hy ons, laat ons vrees en twyfel of Satan sal wil hê ons moet alles weggooi en ons so dan van groot seën beroof.

Daar is wel kosbare Woord daar buite en kan ons nie alles weggooi nie. 
God gebruik in tye soos hierdie baie maniere om Sy kinders te bemoedig, versterk, te lei en te ondderig.

Die geheim is om alles aan God se Woord te toets of dit die waarheid is en indien nie, nie die Woord weg te gooi nie maar dit wat nie daarmee perfek in lyn is nie weg te gooi.
________________________________________________

Onthou amper reg is steeds nie reg nie.
_________________________________________________

Julle moenie keer wanneer die Heilige Gees werk nie. Dit beteken julle moenie 'n profeet stilmaak nie. Maar julle moet ook nie alles glo wat mense sê nie. Julle moet toets wat mense sê en kyk of dit regtig is wat God wil hê. Dan sal julle weet wat goed is.” 1 Tessalonisense 5:19‭-‬21 ABA

"Moenie die Gees uitblus nie. Moenie profesieë geringskat nie, maar ondersoek alles wat gesê word en behou wat goed is. Bly weg van elke vorm van kwaad."
1 TESSALONISENSE 5:19‭-‬22 NLV

"Beproef alle dinge; behou die goeie."
I THESSALONICENSE 5:21 AFR53

Dis ons verantwoordelikheid om alles aan God se waarheid te gaan toets en die goeie te behou.
Hoe?
Doen alles biddend!!
Spandeer self baie tyd in die Woord




Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”