Hoe gaan ons hierdeur kom?
Ek bid: " Here ons is bang, ons sien wat in ander lande reeds afspeel rondom die Carona virus, ons weet nie wat vir ons voorlê nie, hoe gaan ons hierdeur kom?"
Die Here gee vir my die volgende Woord
Ons is nie alleen nie, Hy het ons Sy kinders baie lief.
HY IS BY ONS!!!
Ons gaan nie met ons eie krag hierdeur kan kom nie maar ons het Sy krag.
“Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars
deur Hom wat ons liefgehad het.”
ROMEINE 8:37 AFR53
Ons sal ook hierdeur kom.
Ons kan oorwin maar ons het Sy krag nodig.
Jesus wys my op hoe die Onse Vader gebed eindig wat Hy ons geleer het om te bid.
“en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die KRAG en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”
MATTHÉÜS 6:13 AFR53
Dus behoort die krag vir ons om hierdeur te kan gaan aan Hom
Ook die WAPENRUSTING opdrag begin met dat ons, ons krag by die Here moet kry. Met ons eie krag gaan ons dit nie maak, dus wil die Here vir ons Sy krag gee. Dis tot die beskikking van God se kinders
“Verder nog dit: Soek julle KRAG in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ONDANKS die listige aanslae van die duiwel.”
EFESIËRS 6:10-11 AFR83
“EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.”
EFÉSIËRS 6:10 AFR53
“Daar bly nog een ding oor waaroor ek met julle wil praat. As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak.”
Efesiërs 6:10 DB
Hy gee ons die krag om deur te gaan
"By God is wysheid en KRAG, by Hom is raad en insig." JOB 12:13 AFR83
"U het my met krag omgord vir die stryd,
U het my teëstanders voor my laat swig."
PSALMS 18:40 AFR83
Hy het 'n ferm greep op ons en gaan ons nie laat gaan nie
Hy kom versterk ons as ons nie meer kan nie
“Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry NUWE KRAG. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”
JESAJA 40:29-31 AFR83
“EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, VERSTERK en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die KRAG tot in alle ewigheid! Amen."
I PETRUS 5:10-11 AFR53
“ Ek is tot alles in staat deur Christus wat my KRAG gee. “
FILIPPENSE 4:12-13, 15 AFR53
"And He said to me, “My grace is sufficient for you, for My STRENGTH is made perfect in weakness.” Therefore most gladly I will rather boast in my infirmities, that the power of Christ may rest upon me."
II Corinthians 12:9 NKJV
"En Hy het vir my gesê: MY GENADE IS VIR JOU GENOEG, want my KRAG word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, SODAT die KRAG van Christus in my kan woon."
II KORINTHIËRS 12:9 AFR53
"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, NOGTANS SAL EK IN DIE HERE JUBEL, sal ek JUIG in God, MY REDDER.
DIE HERE MY GOD GEE VIR MY KRAG.Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op HOË PLEKKE laat HY my VEILIG loop."
Habakuk 3
Maar hoe kry ek hierdie krag?
"NADER TOT GOD en HY SAL TOT JULLE NADER.
Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars."
JAKOBUS 4:8 AFR83
Ons gaan so lig om met sonde ons besef nie hoe aansteeklik dit kan wees nie.
Was jou hande ook geestelik!!
Maak eerstens jou lewe reg met God
"Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here : al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol."
JESAJA 1:18 AFR53
Ps 91 is so groot troos in hierdie tyd vir elkeen van ons, maar dit begin met die woorde
"He who dwells in the shelter of the Most High Will remain secure and rest in the shadow of the Almighty [whose power no enemy can withstand]."
Psalms 91:1 AMP
"Dwell" beteken om op 'n seker plek te vertoef of te bly.
Ons moet dus eerstens vertoef in Sy teenwoordigheid
Ons moet na Hom toe gaan, Sy teenwoordigheid opsoek
- in gebed...Fil 4:6 (bid oor alles ook elke vrees)
- en tyd met Sy Woord spandeer. Jesus is die Woord
Jesus was oppad verby die dissipels op die boot in die storm, hul moes na Hom uitroep.
Jesus was oppad verby die vrou met die bloedvloeiing, sy moes haar hand uitsteek en Hom aanraak.
Die kindertjies het na Jesus gekom (hul moeders het hulle gebring)
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee."
MATTHÉÜS 11:28 AFR53
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
MATTEUS 7:7-12 AFR83
Hoekom moet ek na Hom gaan in gebed en Woord
Hy weet dan dat ons Hom nodig het en wat ons nodig het?
Sodat óns kan weet dis nie toeval nie maar dit was Hy wat ingetree het.
_______________________________________________________________________________
Ek dink ons almal voel so....
(met toestemming geleen)
A conversation with God:
Me: Okay, God, here's the thing. I'm scared. I'm trying not to be, but I am.
God: I know. Want to talk about it?
Me: Do we need to? I mean, you already know.
God: Let's talk about it anyway... We've done this before.
Me: I know, I just feel like I should be bigger or stronger or something by now.
God: *waiting patiently, unhurried, undistracted, never annoyed.
Me: Okay. So, I'm afraid I'll do everything I can to protect my family and it won't be enough. I'm afraid of someone I love dying. I'm afraid the world won't go back to what it was before. I'm afraid my life is always going to feel a little bit unsettled.
God: Anything else?
Me: EVERYTHING ELSE.
God: Remember how your son woke up the other night and came running down the hall to your bedroom?
Me: Yes.
God: You were still awake, so when you heard him running, you started calling out to him before he even got to you... remember? Do you remember what you called out to him?
Me: I said, "You're okay! You're okay! You're okay! I'm here."
God: Why did you call to him? Why didn't you just wait for him to get to your room?
Me: Because I wanted him to know that I was awake, and I heard him, and he didn't have to be afraid until he reached the end of the dark hallway.
God: Exactly. I hear you, my child. I hear your thoughts racing like feet down the dark hallway. There's another side to all of this. I'm there already. I've seen the end of it. And I want you to know right here as you walk through it all, you're okay. I haven't gone to sleep, and I won't.
Me: *crying. Can we sit together awhile? Can we just sit here a minute before I go back to facing it all?
God: There's nothing I'd love more.
"Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand."
PSALMS 121:3-5 AFR53
_________________________________________________________________________________
Ek bid dat die Here ons sal sterk maak en krag gee, Sy krag, sodat ons ondanks al die aanslae sal kan bly op ons pos waar Hy ons wil gebruik.
Trek daarom jul wapenrusting aan
Die Here wys my ook dat ek moet ook bid dat Sy wil moet geskied en nie wat ek dink moet gebeur nie, Hy weet beter en Hy weet hoe Hy hierdie ten goede gaan gebruik.
"That what the enemy intended to do me harm with,
God intended for good"
"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."
ROMEINE 8:28 AFR83
Wees stil en weet Ek is God
Wees stil en weet Ek is goed
FOKUS OP HOM EN NIE OP DIE STORM
Fokus op Sy goedheid
Fokus op die feit dat HY BY ONS IS!!
"Jesus loves me this I know
For the bible tells me so
Little ones to Him belong
They are weak but He is strong
Yes Jesus loves me"
"So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here !"
PSALMS 9:10-11 AFR53
"leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En ONTHOU: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:20 AFR83
Lees ook
Met krag wat ek waar kry
http://gaanvertelgotell.blogspot.com/2019/08/met-krag-wat-ek-waar-kry.html
Comments
Post a Comment