Dalk nog net een tree...
Dalk is dit nog net EEN TREE
Vir die Israeliete was daar ‘n laaste tree net voor die mure van Jerigo voor hul inmekaar begin tuimel het.“Julle moet om die stad loop; al die manne onder wapen moet een maal om die stad gaan, en dit moet julle ses dae lank doen. Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring voor die ark uit dra. “Die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop. Dan moet die priesters die ramshorings blaas, en sodra die ramshorings blaas en julle dit hoor, moet al die manskappe die aanvalskreet hard uitskreeu. Die muur van die stad sal DAN inmekaar stort en die manskappe kan oorklim, elkeen reguit vorentoe.”
JOSUA 6:3-5 AFR83
God se tyd is nie ons tyd nie, Sy plan nie ons plan.
Op die regte tyd sal die muur waarteen ons te staan gekom het (mure in ons verhoudings, mure in ons land, in ons finansies ens) ook ineenstort as ons in GELOOFSVERTROUE Hom bly volg al sien ons nog nie, al verstaan ons nog nie.
Die Woord leer ons om geduldig op die Here te bly wag
Ps 130 "5 Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. 6 Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. 7 Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker. 8 Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes."
Ons wil soms nie eers die EERSTE TREE gee nie en soms is dit moeilik om selfs net die volgende tree te gee wat nog te sê die LAASTE TREE.
Waarop ek HOOP sal bepaal waarheen ek my voetstappe rig en of ek enigsins die eerste tree gaan gee…
"Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek HOOP:
deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot."
Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom HOOP ek op Hom.
Die Here is goed vir wie op Hom bly HOOP, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; dit is goed vir 'n mens om sy las in sy jeug te dra..."
Klaagliedere 3:21-23
Die eerste tree behels GELOOFVERTROUE.
Jy gaan nie om die stad begin loop as jy nie glo in die Een wat sê jy moet nie. Jy sal alleenlik daai eerste tree gee as jy Hom ken en daarom weet dat Hy kan help en Hom vertrou met Sy plan.
Vir Petrus was dit ook GELOOFSVERTROUE wat gemaak het dat Hy daardie eerste tree gegee het oor die kant van die boot. Hy het geglo in die Een wat Hom roep en Hom gevolg…die gevolg, hy het saam Jesus op die water kon loop.
Vir Abraham was dit ook GELOOFSVERTROUE wat hom die eerste tree laat gee het toe God hom beveel het om op te pak en te trek…die gevolg, hy het die vader van die gelowiges geword.
Maar daar is ook baie TREË TUSSENIN die eerste tree en die laaste tree, ”its to keep on keeping on"
Dis juis hier waar Satan ons meedoënloos met Sy brandpyle aanval. Ons moed probeer breek, hoop laat verloor, van ons pos afkry, oneffektief maak vir God se koningkryk en laat wil opgee. Soms begin iemand goed maar min eindig goed. Dis hier waar Petrus sy fokus afhaal van Jesus en vir die golwe en die wind begin kyk en amper verdrink.
Die verskil kom in by VOLHARDING en om dit nie op ons eie te doen nie, maar saam met Jesus. Die Israeliete het die ark wat God verteenwoordig het met hul elke tree saamgeneem. Hul het Hom nie soms vir 'n rukkie eenkant neergsit nie. Ook Petrus roep "Here help" toe hy sink. Onthou Jesus is saam met ons in ons storms, Hy is saam met ons op die water.
_________________________________________________________________________________
Volharding is om te GELOOFSVERTROUE gehoorsaam tree vir tree saam met Jesus te bly gee al sien jy nog niks gebeur nie.
_________________________________________________________________________________
"U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad."
PSALMS 119:105 AFR53
TREE VIR TREE WYS HY DIE PAD
"Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry( die treë tussenin), want ons weet: swaarkry kweek VOLHARDING, en volharding kweek EGTHEID VAN GELOOF en egtheid van geloof kweek HOOP; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."
ROMEINE 5:3-5 AFR83
"Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die WEDLOOP wat vir ons voorlê (van die eerste tree tot daai laaste tree), met VOLHARDING hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins( Hy het elke tree gegee wat nodig was) en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie."
HEBREËRS 12:1-3 AFR83
Hoeveel tree sou dit wees as ons kon uitwerk wat die volk van God moes gee om om die stad Jerigo te stap? Duisende? Defnitief nie min of maklik nie.
Tot die laaste tree verg dus VOLHARDENDE GELOOFSVERTROUE …
Maar ons weet vanuit geskiendenis geskrifte dat Jesigo ‘n baie sterk stad was en nie sommer oorwin sou kon word nie. Menslik gesproke eintlik bietjie onmoontlik.
Argeoloë reken daar was 2 mure, ‘n binne muur van omtrent 4 verdiepings hoog en ‘n buite muur van 8 tot 10 verdiepings om nie eers van die dikte van die mure te praat nie, dus ‘n onoorwinlike fort.
Sonder bonatuurlike hulp sou Joshua en die Israeliete nie die stad kon inneem nie.
Hul het bly loop en God presies gehoorsaam terwyl hul tree vir tree gegee het…en toe!!!
Toe is dit die LAASTE TREE…En God tree in!!!
Hy laat ‘n wonderwerk gebeur, die vyand se mure tuimel en word verslaan.
Jerigo met sy hoë mure het tussen die volk en God se bolofte van om die beloofde land in te neem gestaan. Wat staan vandag in ons pad om God se beloftes vir ons te kan ontvang. Ons leer dan ook hieruit dat ons God moet glo, vertrou en dan gehoorsaam doen wat Hy vra om Sy beloftes te kan ontvang. Die ewige lewe eendag, maar ook om die MURE hier en nou te kan oorkom. Jerigo was vir hulle 'n hier en nou probleem.
"Want met U loop ek ’n bende storm, en met my God spring ek oor ’n MUUR."
PSALMS 18:30 AFR53
Soms breek Hy daardie muur heeltemal af.
Watter probleem is op die oomblik in ons lewe wat vir ons onmoontlik lyk om te verslaan. As ons na die enormheid daarvan kyk, die omstandighede en feite beskou is dit menslik onmoontlik!!!
Is iets vir God onmoontlik?
In Sagaria lees ons…
“So sê die Here die Almagtige: As dit vir die oorblyfsel van hierdie volk vandag onmoontlik lyk, moet dit dan ook vir My onmoontlik lyk? Die Here die Almagtige het dit gesê."
SAGARIA 8:6 AFR83
Hou moed, daar is ook in ons omstandighede hier en nou daai laaste tree voordat God alles kan verander.
BUT GOD!!!
WANT ons weet wat het met Jerigo se mure gebeur nadat die Here daarmee klaar was.
"Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is."
2 KORINTIËRS 10:3-6 AFR83
Gee daai tree!!!
"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy GROOT ONTFERMING het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop"
1 PETRUS 1:3 AFR83
JESUS is ons lewende, opgestane HOOP. Met ons oog gevestig op Hom is ons bereid om die eerste tree te gee, met volharding op Hom bly hoop, nie deur eie krag nie, maar deur Hom wat ons instaatsteller is ook elke tree tussenin tot die laaste tree...DIS 'N WEDLOOP
Is jy al op die baan of sit jy nog op die pawiljoen?
Is jy al 'n " follower" of nog net 'n " fan"
_________________________________________________________________________________
BLY VOLHARD TOT DIE LAASTE TREE
Max Lucado het gesê::
“Keep walking.
For all you know this may be the day the Jericho walls come down.
You may be ONE STEP AWAY from victory.”
_________________________________________________________________________________
“Julle GELOOFSVERTROUE moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in. VOLHARDING is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het.
Nog net “'n kort, kort tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie."
HEBREËRS 10:35-37 AFR83
“Eendag sal ons dan saam met Paulus kan sê:
”Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik;
ek het gelowig end-uit volgehou.”
2 TIMOTEUS 4:7 AFR83
"KEEP ON KEEPING ON!"
JY MOET DALK NOG NET EEN TREE GEE...
Comments
Post a Comment