DIT IS OORLOG! .... en daar sál op jou geskiet word!!
DIT IS OORLOG!
Daar sál op jou geskiet word!!
Of ek dit wil weet of nie, daar is 'n oorlog aan die gang.
In werklikheid 'n eeu oue oorlog wat van die begin van die wêreld af daar was en eers sal ophou die dag van Jesus se wederkoms.
Die Woord sê dit duidelik vir ons:
"Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug."
EFÉSIËRS 6:11-12 AFR53
Waar lê jou wapens, is dit aan jou?
Gebed, jou Bybel(swaard vir verdedig en aanval), Verlossing(helm), geloof(skild),waarheid(gordel), borsharnas van geregtigheid en bereidheid om evangelie te verkondig as skoene?
Alles wat ons sien, die oorloë, die stryd, die onmin tussen mense, als het steeds hul oorsprong uit die stryd tussen die magte van LIG EN DUISTERNIS.
As ons dit nie uit die oog verloor nie, sal ons die lewe beter kan hanteer en verstaan en met 'n ewigeheids perspektief sal ons besluite en optrede dalk anders lyk.
Satan se taktiek is net soms so weggesteek dat hy homself selfs as die engel van die lig kan voordoen.
Daarom waarsku die Woord ons om WAKKER en WAAKSAAM te wees, hy is heeltyd op die uitkyk wie hy kan verslint.
Houtgerus kan jou duur te staan kom want Satan is magtig.
Elke weermag weet om heeltyd wakker en waaksaam te wees, heeltyd wagte aan te stel op hul grense, selfs as alles vreedsaam lyk.
In watter kant is jy?
Jy is of in die een of in die ander.
Net VERRAAIERS is met die een voet in die een en met die ander voet in die ander een.
Almal het gesondig en het dus geen deel aan God se army nie en BEGIN ONS ALMAL dus as deel van Satan sin agv van ons sondes en oortredinge. Ons doen en late het sy stryd bevorder, hy was ons bevelvoerder.
"Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word."
EFESIËRS 2:1-3 AFR83
_____________________________________________________________________
Agv ons sondes het ons God dus teen ons gehad en nie vir ons nie.
_____________________________________________________________________
MAAR...!!!(dankie tog vir maar's)
Maar deur God se liefde en genade kan almal "oorloop" na Sy weermag.
"Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.....(13) Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus."
EFESIËRS 2:4-8, 13 AFR83
Deur Sy genade is jy nou JESUS SE SOLDAAT
Ons sing dit reeds al van baie klein af
"Ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer!!"
Maar dink ons soms daaroor en wat dit vir my kind van God beteken?
Dit beteken:
Jy is Satan se vyand en dus sy teiken.
DAAR GAAN OP JOU GESKIET WORD!!!
Dus moet ons nie so verward en geskok wees as dit gebeur nie, verwag dit.
Die Woord sê ons moet ons wapenrusting heeltyd aanhê, jou soldaat uitrusting, want daar word brandpyle op jou geskiet.
"Daarby moet julle ALTYD geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die BRANDPYLE VAN DIE BOSE kan afweer."
EFESIËRS 6:16 AFR83
_________________________________________________________________________________
As jy hierdie waarheid gaan ignoreer,
en leef asof daar nie oorlog is nie,
of nie 'n vyand is nie,
het jy groot probleme!!!
_________________________________________________________________________________
Sommige glo as hul nie te veel van die vyand maak nie sal hy hul uitlos. Dis 'n leuen van die Satan om jou 'n sagte teiken te maak. Iemand wat hom op die gevegsveld bevind en sonder sy wapenrusting oop en bloot rondloop is 'n oop teiken en sal uitmekaar geskiet word.
Hoekom mik hy vir ons?
Want hy weet 'n gewonde soldaat kan nie veel vir sy weermag beteken nie.Ons kan dan nie veel uitrig vir God se Koningkryk nie en gaan hulle wat ons moes bereik het verlore gaan.
Wat wil hierdie brandpyle uitrig?
Jou moeg maak, fissies en geestelik.
Jou laat twyfel in God se goedheid en selfs Sy bestaan.
Hy wil ons laat hoop verloor, moed opgee.
Wil ons laat vrees en vries.
Hy wil ons so ver kry om ons vertroue op ander goed te plaas en nie op die Here alleen.
Ons laat struikel en val, skuldgevoelens op ons laai.
Ons biddeloos maak en so ons kragteloos maak.
Ons so besig maak met die hier en nou en so ons tyd steel met Jesus ons kragbron, ons dus verswak.
Ons te besig maak om ons naaste te dien en so kan ons aanhou en aanhou.
=================================================================
Hy weet hy kan nie God se weermag wen nie, maar hy kan dit probeer verswak en die inpak daarvan op sondaars se lewens beperk of verhoed.
=================================================================
Openbaring vertel ons wie gaan wen.
Satan se eindbestemming is reeds bepaal en staan vas, maar hy wil kyk hoeveel moontlik hy met hom kan saam sleep helwaarts.
Jesus se hart is dat almal gered sal word, Hy het immers reeds vir ons ALMAL gesterf toe ons nog sondaars was.
_________________________________________________________________________________
In die oorlog, maar nooit alleen
"Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou ORAL waar jy gaan.”
JOSUA 1:9 AFR83
_________________________________________________________________________________
"en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die Here aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte(weermag) nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God."
II KRONIEKE 20:15 AFR53
Dit gaan oor God se saak(Sy koningkryk, Sy eer, Sy kinders)
Dis God se oorlog
"WAT sal ons dan van hierdie dinge sê?
As God vír ons is, wie kan teen ons wees?"
ROMEINE 8:31 AFR53
Comments
Post a Comment