Alles om ons verander in 'n puinhoop


Leef ons op 'n PUINHOOP?

In Daniel 9:2 lees ons dat Jerusalem 70 jaar ‘n puinhoop sou wees. As ons verder lees sien ons dat die rede daarvoor was dat dit nie die vyand se skuld is nie, maar dit was agv hul eie ongehoorsaamheid aan die Here, dus agv hul eie keuses

“Ek het tot die Here my God gebid en bely: “Ag, Here, groot en ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en u trou teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam. Ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen, ons was opstandig en HET NIE GELEWE VOLGENS U GEBOOIE EN U BEPALINGS NIE.  Ons het nie geluister na u dienaars die profete nie, wat in u Naam ons konings, ons leiers, ons familiehoofde en die hele bevolking aangespreek het. U is regverdig, Here. Dit is onsself wat hierdie ellende oor ons gebring het, oor die mense van Juda, oor die inwoners van Jerusalem, oor die hele Israel, dié wat naby is sowel as dié wat ver is, ver in al die lande waarheen U hulle verstrooi het oor hulle ontrou teenoor U. Here, hierdie ellende het oor ons, oor ons konings, oor ons leiers en oor ons familiehoofde gekom omdat ons teen U gesondig het……(v13)Al hierdie onheil het oor ons gekom net soos dit geskryf staan in die wet van Moses; tog het ons, Here ons God, nie ons saak met U reggemaak deur ons van ons sonde te bekeer en in te sien dat U doen wat U sê nie. Daarom het U ons hierdie onheil nie gespaar nie maar dit oor ons gebring. Here ons God, U is regverdig in alles wat U doen, ons het nie na U geluister nie.”
DANIËL 9:4‭-‬8‭, ‬13‭-‬14 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

In Deut 28-31 lees ons waar Moses vir hul sê dat hul moet GEHOORSAAM wees aan God. As hul  is sal God  hulle én hul nageslag SEËN maar as hul nie gaan wees gaan die VLOEK hulle tref.
Hy beveel hul dan om dan te KIES tussen lewe(sèën) en dood(vloek).(Deut 30:19 – 20)

As mens deur hierdie hoofstukke lees tref dit mens met ‘n benoudheid hoeveel daarvan ons vandag in ons eie land beleef.

Sjoe, Deuternomium 28 tot 31 kan netsowel vir ons geskryf gewees het in hierdie land. En net voor ons dink dat dit wetties en ou testament is moet ons besef dis dieselfde God van die Bybel, ons kan nie sê ons is Sy kinders, maar Hom nie dien en gehoorsaam nie. Ons het nodig om dringend saam voor die Here te kom, na Hom te draai, weg van alle ander goed(afgode) waarop ons vertrou om ons te help. Net op Hom hoop vir redding. Ons moet bid, bid, bid. As ons dink ons is ok ons is nie so skuldig nie, dan is ons in die moeilikheid. Ons het ver afgedwaal. Ons kan maar net om ons kyk en sien hoe ons verval het, ons tv programme spreek boekdele, ons weet alles van die Bybel maar hoeveel daarvan leef ons. Nie om gered te word nie, maar omdat ons gered is. Geloof sonder dade is dood. Wat die hart van vol is loop die mond van oor...en as daar nie vrugte gesien word nie, is ons niks anders as die wêreld nie. Verdien ons Vader nie meer van ons nie. Sal Hy maar anderpad kyk


_______________________________________________________________________________
Ons mag dink maar ons is nie so sleg nie, maar ons is ook nie net goed nie…
_______________________________________________________________________________

Ons ken Daniel as ‘n man van God wat toegewyd aan die Here geleef het, maar as ons na sy gebed in Daniel 9 luister sien ons dat hy steeds besef ook hy is nie volmaak nie en sluit homself in as hy by God vergifnis vra vir húl ongehoorsaamheid. Hy besef die rede vir Jerusalem se lot en dat God hul kans gegee het om hul te bekeer, maar hul het nie....

Ons is seker een van die lande wat die meeste kerk toe gaan en Bybel lees en bid.
Tog DOEN ONS NIE WAT ONS WEET NIE.                                                                                                                Dit help veel ons weet wat die Woord ons leer, hoor dit Sondag na Sondag maar ons doen (gehoorsaam) dit nie.

_______________________________________________________________________________
Het ons ‘n land geword wat die Here dien met ons mond, 
maar ons harte is ver van Hom?
Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.”
MATTHÉÜS 15:8 AFR53
So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer as menslike opdragte en tradisies.
JESAJA 29:13 NLV
_______________________________________________________________________________

Is ons net godsdienstig of het ons ‘n ware verhouding met ons Vader.      Handel ons, ons godsdienstige pligte af in ons Sondag boksie.          Is dit ‘n paar moets en moenies wat ons moet nakom en dan besigheid verder die week soos gewoonlik.                                                                                                 Moet ons lig nie juis in die wêreld skyn nie, daar sout wees.

 Ons kan Jesus baie keer nie meer saamnooi na waar ons ons bevind of mee besig is nie, maar Hy gaan onverwags opdaag en gaan jy wil hê Hy moet jou kry waar jy is of waarmee jy besig is?

As ons nie die vrug van die bekering dra en ons geloof nie tot dade oorgaan nie is ons geloof sonder meer dood (Jak 2:14-26).

GEHOORSAAMHEID het twee kante
-  dit wat ons weet ons nie moet doen en dit dan nie doen nie ( bv. ander gode soos mammon nie te dien)
-   en dit wat ons weet ons moet doen en dit dan doen (bv. lief hê, vergewe ens)
ONGEHOORSAAMHEID is
-  om te doen wat ek weet ek mag nie
-  en nie te doen wat ek weet ek moet.

Satan wat net wil verwoes en steel wil ons ongehoorsaam maak. Dan bring ons die een ramp na die ander oor onsself. Moses het hulle gewaarsku dat dit hulle eie toedoen gaan wees as hulle deur al wat ‘n elende moet gaan, hul het God getart deur hardkoppig te leef ongehoorsaam aan Sy wil (Deut31:29)

GEHOORSAAMHEID HOU ONS VEILIG NABY GOD,                  ONGEHOORSAAMHEID VAT ONS WEG VAN GOD EN BRING ONS IN GEVAAR

Ons kan redeneer dat hierdie in die ou testament opgeskryf is en dat ons nie vandag meer gehoorsaam hoef te wees nie want ons het genade.
Maar dit hang af van watter kant jy na gehoorsaamheid kyk.
 Ja ons hoef nie gehoorsaam te wees om gered te word nie, ons word alleenlik gered op wat Jesus gedoen het, agv  Sý genade MAAR agv Jesus se genade WIL ek nou gehoorsaam wees.

MOET GEHOORSAAM WEES WORD WÍL GEHOORSAAM WEES NA JOU REDDING
Gehoorsaamheid is die vrug op my redding, dit volg na redding.

 Jesus was God se Seun en selfs Hý moes deur wat Hy deurgemaak het gehoorsaamheid leer. Sy gehoorsaamheid het vir ons redding gebring.

God wil deur ons gehoorsaamheid redding bring aan ander. Ons opdrag was om 'n lig vir die nassies te wees, God gerig te leef en nie ek gerig nie.

As God van Jesus, Sy Seun wat volmaak heilig was gehoorsaamheid verwag het, hoekom sal Hy dit nie ook van ons verwag nie.
Verwag ons dit nie ook van óns kinders nie.

“Selfs al was Hy die Seun, het Hy gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het. Op hierdie manier het Hy volmaaktheid bereik sodat Hy VIR ALMAL WAT AAN HOM GEHOORSAAM IS, die bron van ewige verlossing geword.”
HEBREËRS 5:8‭-‬9 NLV

Is God dalk ook besig om ons weer te leer wat gehoorsaamheid is deur wat ons ly? Prys Hom dan daarvoor..."you can keep the whole world but give me Jesus"

Jesus het God gehoorsaam al was dit nie maklik nie
Wie is ons dan om te sê ons hoef nie meer gehoorsaam te wees nie.

“Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.
MATTEUS 24:11‭-‬13 AFR83


Jesus vra ons: "Het jy My lief?”
As ons antwoord ja is op hierdie vraag dan sê Jesus vir ons

As julle My liefhet, sal julle my opdragte GEHOORSAAM.”
JOHANNES 14:15 NLV

" Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”
JOHANNES 3:36 AFR83


God se wette en opdragte is nie daar om ons te frustreer en 'n struikelblok tot geluk te wees nie, nee dis daar om ons veilig te hou en vir ons groot seën en juis geluk te bring.(Lees Deut 28-31 )
As ons reëls vir ons kinders neerlê, is dit om hulle veilig te hou en omdat ons vir hulle die goeie en nie die slegte wil hê.

Ons het nodig om bymekaar te kom en reg te maak met God ons Vader, terug draai na Hom. 
Moses was God se instrument wat die volk so bymekaar geroep het.
ROEP ALMAL BYMEKAAR, mans, vroue en kinders en ook die vreemdelinge wat in julle dorpe woon, sodat hulle kan luister en leer om ontsag te hê vir die Here julle God en om sorgvuldig gehoorsaam te wees aan al die bepalings van hierdie gebooie.”
DEUTERONOMIUM 31:12 NLV

Dan het die Woord vir ons groot troos en hou dit vir ons beloftes van God se redding en ingrype in
“As al hierdie dinge met jou gebeur het, die seën en vervloeking wat ek aan jou voorhou, dink daaroor na wanneer jy tussen die vreemde nasies moet leef waarheen die Here jou God jou in ballingskap weggevoer het. As jy dan na die Here jou God terugkeer en jy en jou kinders begin weer om van harte gehoorsaam te wees aan die gebooie wat ek jou vandag gee, sal die Here jou God jou situasie verander. Hy sal jou genadig wees en jou terugbring uit al die nasies waarheen Hy jou verstrooi het. Selfs al was jy tot aan die uithoeke van die aarde verstrooi, sal die Here jou God jou daar bymekaarmaak en jou weer terugbring. Hy sal jou terugbring na die land wat aan jou voorouers behoort het en jy sal weer die land besit. Hy sal jou selfs meer voorspoedig en talryker maak as wat jou voorouers was. “Die Here jou God sal jou hart en die hart van jou nageslag besny sodat jy Hom met hart en siel sal liefhê. Dan sal jy lewe! Die Here jou God sal al die vervloekings op jou vyande en jou vervolgers laat neerkom. Dan sal julle weer die Here gehoorsaam en al die opdragte nakom wat ek jou vandag gee. Die Here jou God sal jou dan voorspoedig maak in alles wat jy doen. Hy sal vir jou baie kinders gee, jy sal baie diere hê en jou landerye sal oorvloedige oeste oplewer. Die Here sal Hom daarin verbly en jou voorspoedig maak soos met jou voorouers. Dit sal gebeur as jy die Here jou God gehoorsaam, sy opdragte en voorskrifte nakom soos dit in die boek van die gebooie geskryf is, en as jy met hart en siel na die Here jou God terugkeer.”
DEUTERONOMIUM 30:1‭-‬10 NLV

Is dit nie bevestigend van die boodskap wat Ds Elsa Meyer ontvang by die Here van “ SA DRAAI TERUG NA GOD” nie?
Ook die skrif wat die Here vir oom Angus Buchan gegee het?
“If I shut up the heavens so that no rain falls, or if I command locusts to devour the land, or if I send pestilence and plague among My people, and (if)My people, who are called by My Name, humble themselves, and pray and seek (crave, require as a necessity) My face and turn from THEIR wicked ways, then I will hear [them] from heaven, and forgive their sin and heal their land. Now My eyes will be open and My ears attentive to prayer offered in this place.”
2 CHRONICLES 7:13‭-‬15 AMP

"Soms sal Ek die hemele toesluit sodat daar geen reën val nie, of Ek kan bepaal dat sprinkane julle oeste opvreet, of Ek kan dalk plae onder julle stuur. Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. Ek sal ’n oog hou oor hierdie plek en luister na elke gebed wat hier opgestuur word, “Maar as julle My verlaat en ongehoorsaam is aan my gebooie en die voorskrifte wat Ek vir julle gegee het, en as julle ander gode dien en hulle aanbid, dan sal Ek die volk Israel ontwortel uit hierdie land van My wat Ek vir hulle gegee het. Ek sal hierdie tempel verwerp wat Ek afgesonder het om my Naam te eer. Ek sal dit tot bespotting en minagting onder die volke maak."
2 KRONIEKE 7:13‭-‬15‭, ‬19‭-‬20 NLV

Hou trots ons weg van die oplossing van ons NOOD. Ons dink ons het nie gesondig dis die ander?

Solank ons die vingers weg gaan wys van onsself, gaan ons land nie genees.
Net God kan ons land genees, ons het 'n wonderwerk nodig, ons het GENADE nodig.

"Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie;  as Hy BEPROEWING oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot:  dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en BEPROEWING bring."
KLAAGLIEDERE 3:21‭-‬33 AFR83

Dit is tyd dat ons weer bymekaarkom op ons knieë want God sê ook vir ons…
“Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek. Ek roep die hemel en die aarde as getuies vir die keuse wat jy gaan maak. Mag jy tog die lewe kies sodat jy en jou nageslag mag lewe!
DEUTERONOMIUM 30:19 NLV

Ook ons nagelsag se lot is in ons hande.


"Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek HOOP: 
deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie,  dit is elke môre nuut. U trou is groot. 

Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom HOOP ek op Hom. 
Die Here is goed vir wie op Hom bly HOOP, vir die mens wat na sy wil vra;  dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; ...."
KLAAGLIEDERE 3:21‭-‬33 AFR83

JESUS IS ONS HOOP

ITS GOD OF ALL OR NOT GOD AT ALL!!!





Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”