Die HEEL LAASTE VERS - daar is lig in die tonnel


Die HEEL LAASTE VERS...
        Wat staan aan die einde van jou storie?

VOEL DIT NAG, STIK DONKER NAG!!!!?

Dit voel vir ons daar is nie eens meer 'n lig aan die einde van die tonnel nie.

Ons verloor moed en wil handdoek ingooi, dalk is dit wat die land betref, of selfs persoonlike probleme.

Daar is 'n hele paar gelowiges in die Woord wat verseker ook op een of ander stadium so moes gevoel het. Toegewyde kinders van die Here, wat soms juis daaroor hulself in stikdonker omstandighede bevind

Kom ons vat vir Daniel, omdat hy weier om God sy Vader te verloën en te buig voor ander gode soos die res van die gemeenskap doen, word hy leeukuil toe gesleep waar honger leeus hom inwag. Verseker moes hy gedink het die lig in sy tonnel het geblaas, hierdie is verseker die einde van sy aardse bestaan.

Daniel se vriende weier om hul Vader in die hemel te verloën en weier om te buig voor die koning, en hul word vuuroond toe gesleep. Vir hulle moes dit ook gevoel het dis verby, geen lig, geen hoop vir uitkoms veral toe die oond sewe keer warmer gemaak moes word.

Ook Josef word put toe gesleep, en moes dit stik nag donker gewees het vir hom onder in daai put, nie net fissies nie, maar emosioneel ook. Die ouer broers wat hom moes beskerm was die wat hom nou wou dood hê.  Dan word hy as slaaf verkoop, valslik beskuldig en beland in die tronk. Die "vriende" wat hy in die tronk maak vergeet van hom toe hulle uit die tronk uitkom.

Daar is nog baie wat ons aan kan dink maar dis onmoontlik om almal te noem, maar iemand wat ons verseker nie hier kan uitlaat nie is Job. Job wat juis omdat hy die Here so getrou gedien het deur Satan se brandpyle aangeval word op elke denkbare gebied van sy lewe. Satan sleep hom deur elke denkbare ramp wat 'n mens kan tref. As daar nou iemand is wat met ons meegevoel kon betoon is dit Job. Op daai ashoop waar hy sy sere met 'n potskerf sit en krap het moes dit vir hom en die ander om hom gelyk het dat die ligge in sy tonnel nie eens meer vir hom bestaan het nie. Selfs sy vrou sê vir hom dat hy maar netsowel kan opgee en sterf.
________________________________________________________________________________

Deur wat sleep die vyand jou op die oomblik?
________________________________________________________________________________

WAT HET HIERDIE MANNE VAN GOD IN GEMEEN?
1.    Hulle is almal verskriklik toegewyde kinders van God.
Deur dit alles wat hul deurgemaak het bly elkeen van hierdie kinders van God toegewy aan God. Ons sien 'n Habukuk geloof/NOGTANS GELOOF
"al sou die vyeboom nie bot nie, nogtans..."
2.  Hulle keuses om God te gehoorsaam laat hul in bitter moeilike         omstandighede beland, maar almal was tot die bitter einde toe gehoorsaam
3.    Hulle het menslik gesproke geen hoop gehad dat daar tog 'n liggie aan die einde van hul tonnel sou wees nie, tog was dit by elkeen van hulle juis die Lig in hul lewe wat hulle laat volhard ten spyte van en hul lot sou verander.
4.   Almal het op hul God gefokus en nie op hul omstandighede.
5.  Hulle het OP DIE HERE bly HOOP, VERTROU en WAG

Ons sien egter ook almal se UITKOMS VAN HUL VERHALE is dieselfde:


By al vier verhale sien ons dat die plek en omstandighede waarin hul hul bevind nie hulle verander nie, maar dat hul gehoorsaamheid, geloof, liefde en toewyding aan God die plek verander en die mense beinvloed.
Hulle verhouding met die Here het nie net hulle lewe beinvloed nie, maar ook die om hulle wat hulle geloof waargeneem het.
God word deur waardeur hulle gegaan het bekend gemaak aan hulle wat hom dalk andersins nooit sou ken en word Hy verheerlik.
________________________________________________________________________________
Soms moet die kind van God deur die vuur gaan sodat die goddelose vir God kan sien, soos lettelik met Daniel se vriende gebeur het en altyd word die kind van God se geloof in daai vuuroond van omstandighede gesuiwer en versterk.
==================================================================

- By Daniel sowel as sy vriende sien ons dat die konings van daai tyd na die tyd God die eer gee en al hul onderdane oproep om God te dien en eer.

- By Josef sien ons hy lê die droom uit wat niemand anders kon doen en word God se almag teenoor die ander gode se mag bekend aan die heidene.

- En wat Job betref, nie net almal om hom nie, maar Satan self moes instem dat die ware kind van God nie die knie sal buig vir die wêreld al is hul omstandighede hoe erg.

Wat kan ons dan leer by elkeen van hierdie manne van God?

-  Ons as kinders van God sál deur die Satan se brandpyle aangeval word

-  nêrens in die Bybel lees ons dat dit met kinders van die Here net goed gegaan het nie, inteendeel.

-  Maar oor en oor lees ons GOD SE BELOFTES dat Hy ons in daai omstandighede nooit sal verlaat of in die steek laat nie. Hy self is by ons en gaan saam met ons daardeur. Daar was sigbaar 'n vierde persoon by Daniel se vriende, nie bý die oond nie, maar ín die oond. Daar was 'n engel by Daniel in die leeukuil. So is die Here en sy engele by ons wat ookal oor ons pad kom. Al gaan ons deur 'n dal van doodskaduwee, Hy los ons nooit ooit alleen. Hy is by ons tot in ewigheid.
"(JESUS sê vir Sy dissipels)... En ONTHOU: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:20 AFR83

-  Dit wat jou vyande vir jou beplan sal hulle tref.
Jou Vader word woedend vir jou vyande wat jou te na kom.
"So sê die Here die Almagtige: Ek is hartstogtelik begaan oor Sion(Elke kind van Hom), Ek het woedend geword vir sy vyande, so begaan is Ek oor hom."
SAGARIA 8:2 AFR83

Daniel se vervolgers is by die leeus ingegooi en nog voor hul die grond getref het is hulle verskeur
 Die soldate wat sy vriende in die vuur moes gooi is by die bek van die oond doodgebrand.
Dieselfde galg wat Haman vir Mordegai gebou het, het hyself aan gehang. Josef se broers moes later voor hom kom buig vir kos om te kan oorleef.
God was baie kwaad vir Job se vriende en moes Job vir sy vriende bid sodat God hul kon vergewe.
"Ja, ek sal U elke dag prys, want U het gesorg dat my lewe veilig is. Hulle wat my kwaad wou aandoen, sal self gespot word. Hulle sal self in ellende beland."
Psalms 71:24 DB

-  om aan God gehoorsaam en getrou te bly hou BELONING in, soms nie aards nie, maar altyd hemels soos vir Stefanus. Hy is wel gestenig, maar het die hemel geopen bo hom gesien en die ewige lewe ontvang.

Fokus altyd op die Here en nie op die omstandighede nie, toe Petrus op Jesus fokus kon hy op die water loop, toe hy op die golwe en die wind fokus, toe versuip hy amper. Toe hierdie vier op God fokus kon hulle deur gaan waardeur hulle moes gaan.

-  leef erg toegewyd aan God, Hy sê:  "Nader tot My en Ek sal tot julle nader."
By Hom is ons veilig. Omdat Noag gehoorsaam was aan God het Hy hom en sy gesin veilig toegesluit in die ark.
  Ons leer ook verder om Volgelinge van die Here te wees nie net Bewonderaars.
Die Woorde van God nie net te hoor nie, maar te doen(gehoorsaam)
Ons moet God ten alle tye gehoorsaam, al kos dit ons
Ons sien in al hierdie verhale een gemeenskaplike woord, GEHOORSAAMHEID.

Maar wat nou van die liggie in die tonnel?

Vir sommige voel dit eerder of dit die liggie van die trein kan wees.

Ook in Sagaria lees ons van menslik gesproke hopelose omstandighede, maar God hoor hul gebede en sê vir hul in Sagaria 8: 9 "Skep moed" en 13 "Moenie bang wees nie, skep moed!" (Daar is lig in die tonnel)

In elkeen van hierdie verhale sien ons dat die Lig van hierdie wêreld ook die Een is wat sorg vir die lig aan die einde van ons tonnel want sê Hy in
Sagaria 8:6
 "So sê die Here die Almagtige: As dit vir die oorblyfsel van hierdie volk vandag onmoontlik lyk, moet dit dan ook vir My onmoontlik lyk? Die Here die Almagtige het dit gesê."

Jesus is ook die Lig ín ons tonnel. 
Hy is die Woord en dus die lamp vir ons voet.
Elke dag tree vir tree.
"U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad."
PSALMS 119:105 AFR53

My stiltetyd by Sy voete moet ononderhandelbaar wees.
Soos wat die Engel vir Elia onder die besembos brood en water kom gee het met die woorde:
"Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.”
1 KONINGS 19:7 AFR83
 So versterk Hy ons met geestelike manna en lewende water elke dag vir die pad wat vir ons voorlê.

Ons kan ook bly HOOP vir hier en nou.
Dawid skryf in die Psalms

"o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...   Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here !
PSALMS 27:13‭-‬14 AFR53

"As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!  Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!"
PSALMS 27:13‭-‬14 AFR83

Vir elkeen van hierdie manne was daar op aarde 'n lig aan die einde van hulle tonnels
Josef het onderkoning geword en is deur God gebruik om almal en veral die volk Israel uit wie die Messias gebore sou word van hongersnood te red.

Job was daaraan beter toe op die einde as aan die begin.
"En die Here  het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.......v12 En die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.
JOB 42:10‭, ‬12 AFR53

Ook Daniel en sy vriende se LAASTE VERSE klink so...

"Ek gee hiermee opdrag dat in my hele koninkryk die God van Daniël gevrees en geëer moet word. “Hy is die lewende God, Hy bestaan vir ewig; sy koninkryk sal nie vernietig word nie, sy heerskappy sal nooit eindig nie.

(Laaste vers)
Dit het goed gegaan met Daniël gedurende die regering van Darius en die regering van Kores die Pers."
DANIËL 6:27‭, ‬29 AFR83

"Daarom vaardig ek 'n bevel uit dat enige persoon, van watter volk, nasie of taalgroep hy ook is, wat met minagting praat oor die God van Sadrag, Mesag en Abednego, in stukke gekap moet word en dat sy huis 'n puinhoop gemaak moet word. Daar is immers geen ander god wat in staat is om so te red nie.”  

(laaste vers)
Die koning het toe gesorg dat dit voorspoedig gaan met Sadrag, Mesag en Abednego in die provinsie Babel."
DANIËL 3:29‭-‬30 AFR83
_______________________________________________________________________________
Daar is laaste verse oor die hier en nou van ons lewens,
maar dan is daar ook die HEEL LAASTE vers...

Ons moet weet God skryf die laaste vers oor die wêreld geskiedenis in Openbaring maar ook in elke mens se lewe.
DIE MENS WIK MAAR GOD BESKIK
________________________________________________________________________________

Vir die kind van God en die ongelowige gaan dit so klink
Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.  “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit.......
 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is..." MATTEUS 25:31‭-‬34‭, ‬41 AFR83
_____________________________________________________________________ 
HOE GAAN DIE HEEL LAASTE LAASTE VERS VAN MY LEWE KINK?
_____________________________________________________________________ 

 Maar vir hier en nou is die Here Jesus se heel laaste Woorde(vers) vir ons tot groot troos:
".....En onthou: EK IS BY JULLE al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:20 AFR83

En ook die heel laaste 2 verse van die Bybel klink so:
"Hy wat dit alles getuig, sê:
“Ja, Ek kom gou!”
Amen! Kom, Here Jesus!
(Heel, heel laaste vers)
Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.
DIE OPENBARING 22:20‭-‬21 AFR83

As kinders van God weet ons hoe die wêreld gaan eindig,
en dis nie die duiwel wat wen nie!!!
_________________________________________________________________________________

Dus kan ons vir mekaar sê:

 "DAAR IS LIG IN DIE TONNEL!

"Stel al jou hoop op die Here! Vertrou op Hom! Hou moed! Wees sterk! Moenie die handdoek ingooi nie; bly wag op die Here!"
Psalms 27:14 DB
___________________________________________________________

"Omdat Hy leef Sien ek kans vir môre 
Omdat Hy leef Verdwyn my vrees 
Omdat Hy leef, Ja Hy leef Hy hou die toekoms 
Die lewe is die moeite werd Omdat Hy leef...
(LIED VAN:Onbeskaamd)

"I believe You are able
 I believe you are good
 I believe you are with me
Even now I believe You are greater Than every mountain that I face 
I believe You will supply all I need 
You're all I need
 Till the ocean runs dry My God is my provider
 Though my heart it may fail 
YOUR LOVE WILL LIGHT THE WAY
 And if there's one thing I know I know that
 You are with me You're my provider 
Would You speak, I am listening
 I can't do this on my own 
So I will lift up my eyes
 For my help is found in You Found in You 
Till the ocean runs dry
 My God is my provider 
Though my heart it may fail 
Your love will light the way 
and I there's on thing I know I know that you are with me 
Youre my provider 
My provider 
Oh Oh You're my Provider"

- My Provider van Urban Rescue  - 



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”