SÊ MY ... IS ENIGE IETS ONMOONTLIK VIR GOD?
SÊ MY ... IS ENIGE IETS ONMOONTLIK VIR GOD?
(Getuienis)
(Nee)"Niks is vir God onmoontlik nie.”
LUKAS 1:37 AFR83
Graag deel ek met julle my vriendin se GETUIENIS van hoe Jesus haar WONDERBAARLIK GENEES het...aan Hom al die eer!
"So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.”
MATTEUS 8:17 AFR83
31 Januarie 2018
Getuienis aangaande die Goddelike genesing van my rugprobleem van bykans 45 jaar.
My naam is Leonie Botha ek is tans 52 jaar oud en woonagtig in Hartbeespoortdam en is gelukkig getroud met Johan Botha al vir 31 jaar. Ons het twee pragtige seuns Tiaan tans 24 jaar oud en Lehan tans 20 jaar , twee kosbare geskenke uit die hand van die Here ontvang.
Vandag staan ek in "Awe" voor die Here , ons groot geneesheer, JEHOVA RAPHA , God ons Genesing (Exodus 15:26).
Ek loof vandag Sy Naam met my hele hart en bring aan hom al die eer vir die grootste wonderwerk wat Hy in my liggaam gedoen het en ek wil van Sy wonders vertel.
"Ek wil Sy Naam verhoog en prys . In Lukas 19:40 spreek Jesus en sê : " Ek sê vir julle, as jul swyg, sal die klippe uitroep." Therefore I'll shout out His Name, from the rooftops and proclaim..."
Net 'n kort agtergrond van my rugbesering, ek gaan nie elkeen noem nie, omdat die wonderwerk wat die Here gedoen het al die eer toe kom. Ek het my 1ste rugbesering opgedoen toe ek 8 jaar oud was nadat 'n klasmaat die skoolbank se stoel onder my uitgetrek het en ek op my stuitjie geval het.
My 2de rugbesering was toe ek 14 jaar oud was en ek verkeerd op 'n trampolien geval het en dit is waar ek ernstige rugpyn begin ervaar het. Toe ek 16 jaar oud was, het ek my rug weer beseer. Ek het gereeld pyn en erg spierspasmas beleef en het geleer om met die pyn saam te leef.
In die jaar 2000 het ek weer my rug beseer en baie pyn en rug spasmas beleef. Deur die genade van die Here kon 'n week na die besering 'n 5 dag pakstap in Knysna gaan stap en voltooi.
Die volgende groot besering was in die jaar 2006 toe ek my sussie help pak het met hul trek. Ek het nie gedink nie en het 'n boks met boeke probeer optel waarna ek bykans 2 weke uit aksie was. Weereens het ek net die nodige behandelings ontvang.
In Desember 2009 op 44 jarige ouderdom, het ek gegly en geval terwyl ek van 'n stel trappe afgeloop het tydens 'n familie vakansie in San Lameer . Die spasma en pyn het so 5 dae na die val begin. Ons was genoodsaak om terug te keer Harties toe. Tydens ons reis terug Harties toe het ek soveel pyn ervaar dat ek skaars kon sit in die motor en om te lê was ook te pynlik. Ek was bykans 3 maande uit aksie. Kon nie sonder hulp uit die bed kom nie en kon glad nie, die huis waarin ons gewoon het se trappe op en afklim nie. Het hulp benodig om te bad en aan te trek.
Op 3 Februarie 2010 het 'n tannie en twee ander vriendinne, vir my kom bid en sy ervaar dat sy Psalm 6 moet gee en daaraan moet vashou en sy verwys spesifiek na vers 3: "Wees my genadig, Here, want ek is verswak; maak my gesond, Here, want my gebeente is verskrik." Halftien die oggend tydens gebed ervaar sy in haar gees deur die werking van die Heilige Gess dat die Here vir haar sê: "EK SAL HAAR GENEES! " Het weereens net die nodige behandelings ontvang. Ons het nie op daardie stadium 'n mediese fonds gehad nie. Ek kon dus eers die rugspesialis Dr Koos Louw in November 2010 gaan sien en gaan vir X strale en MRI , wat getoon het dat die rug kussingtjies by L3, L4 ,L5 en S1 besig was om te disintegreer.
Die MRI het ook getoon dat 'n rugsenuwee vasgedruk is met gepaardegaande verlies aan gevoel in my regtervoet asook 'n groot hemangioom (benigh gewas op L3 werwel). Die dokter het gesê hy wil nog nie opereer nie en het aanbeveel dat ek eers gaan vir 'n rugrehabilitasie program. Weens 'n gebrek aan fondse kon ek nie gaan vir die rugrehabilitasie program nie.
Ek het gewoond geraak aan die verlies van gevoel in my regtervoet en nie agtergekom dat die verlies aan gevoel erger geword het nie. Verlede jaar tydens 'n gensingsdiens ,Doxa Deo in Hartbeespoortdam, tydens oom Dan Bosman se besoek het hy mense wat enige rugprobleme ervaar gevra om vorentoe te kom. Ek het ek vorentoe gegaan vir gebed en hy het my op 'n
op ' n stoel laat sit met albei my bene gelig en hy het albei my voete in sy hande gehou ,en die hakke van my voete teen mekaar gedruk, en ons kon duidelik sien die regterbeen was korter as my linkerbeen. Terwyl oom Dan Bosman gebid het kon ek voor my oë sien hoe die Here my regterbeen wat korter was as my linkerbeen laat terug groei het na dieselfde lengte as my linkerbeen. Ek kon nie die gevoel beskryf nie. Ek het daarna geen pyn beleef nie.
In November verlede jaar, by ons huis wou ek buite toe gaan, en terwyl ek loop kry ek ' n skerp steekpyn op my maag. Ek was nie bewus daarvan dat die veiligheidshek oopgesluit was nie want die hek het toegestaan. Ek het vooroor gebuk en aan die hek probeer vashou, die hek het toe oopgeswaai, my teen my voorkop getref en ek het op my regterkant van my sitvlak geval. Die pyn het deur my werwels opgeskiet. Ek het net op my sy gedraai en begin huil as gevolg van die skok.
Teen die tyd het ek al geweet wat my te doen staan na 'n besering. Na 6 weke het ek bykans geen pyn meer gehad nie. Op Kersdag verlede jaar het ek met die 2 trappies by die patio opgestap om iets in die huis te gaan kry hak my regtervoet wat gedeeltelik geen gevoel het nie, agv die senuwee wat nog vasgedruk was, teen die boonste trap en ek val op my regter bobeen en heup. Die spasma en pyn het stelselmatig erger geword en op Oujaarsdag was die spasma en pyn ontsettend erg. Die aand het my seun my dokter toe geneem en die dokter het my voltaren gespuit. Ons huisdokter het my gestuur vir x strale en skedule 5 pynmedikasie voorgeskryf.
Die x strale het gewys dat kussintjies van S1, L5, L4 en L3 heeltemal disingegreer het, en die dokter het op die verslag aan beveel dat 'n MRI gedoen moet word en dat ' n spinale rug fusie volgens die x strale al uitweg is. My huisdokter moes Dr Koos Louw , rugspesialis, in Faerie Glen, Pretoria Oos self skakel aangesien dr Louw baie vol geboek was tot en met 22 September 2018. Die ontvangsdame kon my indruk vir 'n afspraak 9 uur die oggend van 22 Februarie 2018 en het gesê ek moet ' n sak vol geduld en ' n mandjie vol kos saamneem.
Die 22ste Januarie was ons al 9 uur by die spreekkamer en ekhet ek Dr Koos eers half twee gesien. Hy het die nodige ondersoek gedoen en hy het redelik bekommerd gelyk. Hy het my gestuur vir stres x strale en MRI. Omdat ons net ' n hospitaalplan het die dokters ingestem om die MRI teen 'n baie lae tarief vir my te doen. Weens probleme by die bank kon die MRI nie gedoen word nie want die bedrag moet eers betaal word voordat die diens gelewer word.
Ons het terug gegaan na die spreekkamer en die dilemma aan die ontvangsdame verduidelik en sy kon gelukkig my afspraak skuif na die 31 Januarie 5 uur die middag. Ek was nogal baie moedeloos want ek wou net die storie agter die rug kry. Terwyl ons huis toe ry ervaar ek net in my gees "Every thing happens for a reason" en ek vra die Here om my rustig te maak. Tuis het ons die Diagnostiese Radioloë geskakel en gevra of dit moontlik sal wees om die afspraak vir die MRI te skuif na die dag wat ons Dr Koos weer sien en gelukkig kon ons dit so reël en kon 'n afspraak kry vir 2 uur die middag.
Die oggend van 25 Januarie het ek wakker geword van die pyn. Die skedule 5 pynmedikasie het nie gehelp nie. Ek het die Here net aangeroep en gevra vir genade. Ek het die Stanger Christelike Sentrum, 6 uur die oggend geskakel en gevra vir voorbidding. Die pyn het daarna stelselmatig begin verbeter en al die eer kom toe aan ons God en Vader. Die Sondagoggend van 28 Januarie het ek geen pyn meer ervaar nie.
Op 31 Januarie nadat die MRI gedoen is, neem ons die MRI en al die nodige plate na die dokter se spreekkamer waarop die ontvangsdame ons meedeel dat Dokter nog so baie pasiente het en dat ons eers 6 uur moet terugkom. Met ons terugkoms 6 uur by die spreekkamer het ons net 'n halfuur gewag en dit terwyl die wagkamer nog vol pasiënte was. Nou moet ek net noem die Dokter se ontvangsdame kom roep gewoonlik die pasiënte. Daar stap Dr Koos self uit ,en kom roep my self. Ek wonder toe wat gaan aan omdat die dokter myself kom roep. Soos 'n mens maar is verwag mens iets ernstig is verkeerd.
Nog voor ons gaan sit sê dr Koos " nee, nee, kom staan sommer gou hier by die bord sodat ek jul die Plate van die MRI kan wys". Hy glimlag breed en wys ons die werwels het self aan mekaar gegroei en sê dit beteken ek het self op my rug geopereer en 'n spinale fusie gedoen. Ek sê toe ek verstaan nie mooi nie, en hy verduidelik toe wat 'n fusie is, dat dit sou behels dat hy die werwels met skroewe aanmekaar sou moes sit. Ek sê toe nee, dokter dit is dan 'n wonderwerk. Die dokter se glimlag word net breër . Hy skryf toe net voor dat ek vir 'n rugrehabilitasie program by 'n biokenitikus moet gaan en vir 'n rugskool by 'n arbeidsterapeut wat die normale prosedure is na 'n normale rug operasie. Hy verduidelik my rug lyk so goed dat hy nie enige rug operasie in die toekoms voorsien nie en dat hy nie opvolg afspraak gaan maak nie maar dat ek hom enige tyd mag kontak indien ek wel 'n probleem ondervind.
Dr Koos is baie professioneel, doelgerig, gefokus op sy werk, en ernstig. So dit was 'n rare ondervinding om die man so breed te sien glimlag. Ek en Johan was sprakeloos en staan nou nog in "awe" oor die grootheid van God.
Vrydag 2 Februarie terwyl ek my getuienis voorberei, gaan ek deur die verslae, van die MRI en ek lees toe die volgende:
L3/4
Level above surgery
En
L4/5
Uncomplicated previous discectomy (removal of an injured disc and laminectomy ( the removal, of the spongy tissue between the disks in the spine, to relieve the symptoms of an injured disk).
L5/S1
Level below the fusion (neurosurgical technique that joins two or more vertebrae).
En dit tref my die Jesus het self die operasie gedoen want daar is geen operasie, verwydering van beskadigde disk of vorige fusie gedoen op my rug nie. Geen dokter het geopereer nie. En ek staan toe weereens sprakeloos en in "awe" oor ons Groot Geneesheer. Ek besef toe eers hoekom dr Koos myself kom roep het want hyself het besef dit wat gebeur het was en is ' n wonderwerk. Ek kyk weer en vra, Here, bedrieg my oë my.
En ek besef weereens die Here is 'n waarmaker van Sy Woord en dat Sy Woord nooit leeg terug keer nie maar volbring waartoe dit uitgestuur is en dat Hy 'n hoorder is van gebed. Soveel mense het vir my rug gebid en ek wil aan ieder en elk baie dankie sê wat so getrou vir my bly intree het.
Alle eer aan ons Koning en Here vir Sy handewerk.
Niks gebeur toevallig nie en alles moes presies so gebeur want die Here was besig om aan my rug te opereer en die manifestasie van my genesing was nog besig om plaas te vind.
Ek bring aan die Here al die lof en eer vir my goddelike genesing.
Ek staan nog steeds in "awe". The Lord is indeed my God, my healer.
Liefde groete uit Hartbeespoortdam
Leonie Botha
Comments
Post a Comment