Posts

Showing posts with the label Storms en woestyne

Wat as die trein kom...?

Image
Wat as die trein kom...? 'n Kosbare ou dame, hartsvriendin van my, Sarah vertel my die storie.... Skoolkinders wat anderkant 'n berg gebly het moes elke dag oor die berg klim om by die skool uit te kom. Soms was hulle laat dan het hulle sommer vinnig 'n kans gevat en deur die treintonnel geloop. Een dag toe hulle dit weer waag kom daar skielik 'n trein van vooraf en besef hul, dit help nie om te probeer vlug nie. Soos sy dit gestel het : "they realize they could not outrun the train" Al wat hul op daardie oomblik kon doen was om hul lywe styf  teen die rotswant te druk en so styf as moontlik vas te probeer hou aan die stukke van die rots wat uitgesteek het. So staan hul toe met hul wang styf vasgedruk teen die rotswand en klou vir al wat hul werd is terwyl die trein trok vir trok by hul verby spoed. Lam van skrik en bewerig maar veilig en ongedeerd kon hul na die tyd verder deurbeweeg tot aan die einde van die tonnel. Dis hoe dit ook is in ons...

Waarom Here?

Image
Waarom Here?  Ek is seker dat meeste van ons al in ‘n situasie was waar ons gevra het: ”WAAROM HERE!” Niemand kon egter meer daaroor gewonder het WAAROM God ons Vader slegte goed toelaat in ons lewe as Job en Habakuk. Ons mag vra waarom Here, maar die probleem kom in en beweeg ons op gevaarlike terein as ons antwoorde wil gee vir God se toelatende wil en wil besluit wie skuldig is dat dit of dat gebeur het. Ek onthou dat ons deur ‘n paar rowwe goed in ons lewe was kort na mekaar Een dag drie weke na ek self by die dood omgedraai het met breinvliesontsteking, deur ‘n fratsongeluk kap ‘n dakwaaier my 6 maande oue seuntjie se voorkop oop en terwyl ons van een hospitaal jaag na die ander omdat ons oorgeplaas is het ek daardie dag dit uitgeroep WAAROM HERE, waar was U Here kon U dit nie gekeer het nie? Toe ek praat was Hy stil soos met Job,en toe ek stil word toe praat Hy … Later toe die chirurg na ‘n uur uit die teater kom sê hy aan my of ons gesien het hoeveel GENADE ons...

Dis HIER....

Image
Dis HIER ... “What if trials of this life The rain, the STORMS, the hardest nights Are Your MERCIES IN DISGUISE”   - BLESSINGS, Laura Story Soms wonder mens hoekom sou God vir wie niks onmoontlik is toelaat dat Sy kinders in STORMS en WOESTYNE beland? Hy wat die toekoms ken, Hy wat alles kan verander, hoekom sou Hy dit nie wegvat uit Sy kinders se pad nie. Soms is dit selfs Sý plan vir hul pad... Hy vat ons meestal daardeur en nie daar om nie. Om die twee verhale van die STORM en die WOESTYN as voorbeeld te gebruik. Moses word deur God geroep om Israel uit Egipte te lei.  Menslik gesproke sal mens dink die Beloofde land wink net aan die ander kant van die grens, van nou af gaan dit net goed gaan met hulle, hierdie was immers gebedsverhoring, God het hul desperate smeek gebede gehoor, maar spoedig sien ons hulle pad loop deur die WOESTYN waar dit alles en behalwe net goed gaan met hulle. Dan sien ons ook in die verhaal van die STORM  dat Jesus ...