Posts

Showing posts from 2020

Om om te kyk...

Image
 Laaste dag van 'n bitter moeilike jaar vir die ganse mensdom....2020 Dis hier waar ons vir 'n wyle stop en terugkyk. Soms is terugkyk nodig en soms nie... Hang af waarop jy fokus, soms is daar goed wat jy moet uitblur. SOMS NIE is soos wanneer die Israeliete terugkyk en verlang na die vleispotte van Egipte en dit terwyl die Here self voor hul uittrek na iets baie beter, Hy self vir hul sorg en hul beskerm en hul neem na die Beloofde land, hul verlos uit slawerny . SOMS NIE is as Lot se vrou omkyk na die lewe soos sy dit geken het OM DIT NIE TE WIL LAAT GAAN NIE, om te kyk na die stede Sodom en Gomora met al hul verleidelikhede, na 'n lewe van sonde waarvan die Here haar en haar gesin pas verlos het. " Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam.   En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit,

Dalk is dit nog net 'n entjie...

Image
Is jy dalk by die verkeerde fontein?   Dalk is dit nog net 'n entjie... Mis ons soms God se plan vir ons omdat:  *ons EIE PLANNE maak,  *ONGEDULDIG raak oor God se tyd    * Fokus verloor *of dalk te gou MOED OPGEE? Abraham en Sara het ongeduldig geraak en 'n ISMAEL PLAN gemaak 'n eie plan terwyl God sin 'n ISAK PLAN was... Net nog 'n entjie verder UITHOU, entjie verder VERTROU sou hul so baie hartseer en ongelukkigheid gespaar het.  Hulle maak hul besluite op wat hul SELF KAN SIEN, onvrugbaar, ouderdom en tyd wat uitloop vir kinders hê, 'n slafin wat kan erfgenaam gee... Ons planne word gemaak rondom die hier en nou, dit wat óns weet en kan sien .  Die Israeliete was al drie dae in die woestyn oppad toe hulle by Mara aankom.  Hul besluit uit wat hul kan sien voor hulle dat dit moet God se uitkoms vir hulle wees. Hulle kyk rond en nie Op nie... Toe dit nie in hul behoeftes voorsien soos wat hulle verwag het nie is hul baie ongelukkig en murmereer oor hul lot. M

Waar is die nege?

Image
" Toe antwoord Jesus en sê: ... waar is die nege?" LUKAS 17:17 AFR53 Die vyand het met soveel storms wat om ons woed op soveel gebiede van ons samelewing ons fokus kom steel en kyk ons heeltyd vir die golwe en wind maar dat ek nog hier kan skryf en jy hier kan lees is klaar 'n "BUT GOD"  storie met oor die 14000 mense wat reeds aan die virus gesterf het, is dit groot genade dat óns nog hier kan wees. Met soveel donker maande agter die rug kan ons begin terugkyk en die "BUT GOD" oomblikke raaksien.  Niemand weet wat môre bring, maar is ons DANKBAAR vir vandag? " Get. dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;  hulle is elke môre nuut; u trou is groot." KLAAGLIEDERE 3:22‭-‬23 AFR53‬ In ons nood roep ons na Hom, maar hoeveel kom sê dankie?  Ons het weer veral in 2020 geleer in Fillipense 4:6 dat ons moet bid oor ons angs maar soms mis ons die laaste deel van die vers dat ons

MET MY GOD

Image
Met my God "In Him was life [and the power to bestow life],  and the life was the Light of men.  The Light shines on in the DARKNESS,  and the DARKNESS did not  UNDERSTAND it  or OVERPOWER it  or APPROPRIATE it  or ABSORB it  [and is unreceptive to it]." John 1:4‭-‬5 AMP In Hom was daar lewe,  en dié lewe was die LIG vir die mense.  Die LIG skyn in die duisternis,  die duisternis kon dit nie uitdoof nie. JOHANNES 1:4‭-‬5 AFR83 ________________________ Die Here gee vir my oudste seun Jaco 'n droom hierdie week wat hom erg onstel het.  Hy het net geweet hierdie is nie 'n gewone droom nie. Hy droom dat ons buite agter ons huis staan en toe hoor ons ‘n geskreeu en skielik vlieg 'n klomp swart flermuise met swart rook om hul op ons af. Hulle het op die gras kom sit en het onaardse geluide gemaak, ons het baie bang geword en toe besef hy dis demone waarna hy toe erg begin bid!! Die volgende oomblik kom daar ‘n verblindende wit LIG  af uit die hemel amper soos ‘n w