Posts

Showing posts from May, 2021

Waar tref jou KLIPPE?

Image
Gooi ons Satan se leuen met KLIPPE of God se waarheid? Deur die eeue sien ons hoe God se waarheid met klippe gegooi word. Verseker word die meeste klippe gemik op die Evangelie, die goeie nuus Stefanus word in Handelinge 7 met KLIPPE doodgegooi net nadat hy aan hulle die waarheid verkondig het. Hulle kies om die leuen te glo en probeer die waarheid stil maak. Stefanus vol van die Heilige Gees, dus vol van die Waarheid het in daardie oomblikke die hemel voor hom geopen gesien. " Toe die lede van die Joodse Raad dit hoor, het hulle van woede op hulle tande gekners. Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees , het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan." HANDELINGE 7:54‭-‬55 AFR83 Om vol te kan wees van iets beteken jy moes eers heeltemal leeg wees.  "Hy moet meer word, maar ek minder." JOHANNES 3:30 AFR53 Hoe voller ek van Hom is hoe minder is daar plek vir die leuen.  Oor die geskiedenis heen sien ons hoe die

Onthou julle die Woord van die Here aan my 'n hele ruk gelede?

Image
My man sê altyd mense kan baie wonderwerke en goddelike ingrype wegredeneer, maar hul kan nie God ons Vader se "TIMING" weg redeneer nie. Onthou julle die Woord van die Here so ruk terug aan my? Ek was oppad werk toe en het geluister op die radio na die nuus en hulle het berig oor die binne gevegte in die regering op daardie stadium (Zuma was nog president) en wat dit aan ons land doen. Ek was omgekrap en het gebid, Here menslik gesproke is daar nie hoop vir ons land nie maar ek weet U het gesê ons moet glo BUT GOD! JA DAAR IS REUSE MAAR DIE HERE KAN!! Ek moet erken daardie oggend was dit moeilik. Die volgende vers kom toe op daardie oomblik in my gedagtes op. "En as ’n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;  en as ’n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;" MARKUS 3:24‭-‬25 AFR53 Sjoe het ek gedink, is dit nie presies waarna ek nou sit en luister het nie. Is hierdie Woord van die Here dat Hy dus ons g