Posts

Showing posts from July, 2020

MET MY GOD

Image
Met my God "In Him was life [and the power to bestow life],  and the life was the Light of men.  The Light shines on in the DARKNESS,  and the DARKNESS did not  UNDERSTAND it  or OVERPOWER it  or APPROPRIATE it  or ABSORB it  [and is unreceptive to it]." John 1:4‭-‬5 AMP In Hom was daar lewe,  en dié lewe was die LIG vir die mense.  Die LIG skyn in die duisternis,  die duisternis kon dit nie uitdoof nie. JOHANNES 1:4‭-‬5 AFR83 ________________________ Die Here gee vir my oudste seun Jaco 'n droom hierdie week wat hom erg onstel het.  Hy het net geweet hierdie is nie 'n gewone droom nie. Hy droom dat ons buite agter ons huis staan en toe hoor ons ‘n geskreeu en skielik vlieg 'n klomp swart flermuise met swart rook om hul op ons af. Hulle het op die gras kom sit en het onaardse geluide gemaak, ons het baie bang geword en toe besef hy dis demone waarna hy toe erg begin bid!! Die volgende oomblik kom daar ‘n verblindende wit LIG  af uit die hemel amper soos ‘n w

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Image
IS DIT DONKER, STIKDONKER? Dié Lig kan jou lewe red. Uit die duisternis van sonde,  maar ook uit die donker put van depressie/wanhoop/ opgee/oorgee. "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie . In Hom was daar lewe,  en dié lewe was die LIG vir die mense.  Die LIG skyn in die duisternis ,  die duisternis KON DIT NIE UITDOOF NIE ." JOHANNES 1:1‭-‬5 AFR83  Lig teenoor duister  ...  Die u iterste kontras! Gen 1:1-4 "In die begin het God die hemel en die aarde geskep.  Die aarde was heeltemal onbewoonbaar,  dit was donker op die diep waters,  maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.   God het gesien die lig is goed,  en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei." Die goeie (Lig

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”

Image
Jer 12:5  As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde?  “EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,” Soms stamp die aanslae van die lewe ons onderstebo. Baie mense is in 'n bloedige geveg teen die donker wat hul wil oorweldig. Mens hoor van mense wat lank gestry het teen die donker gat van depressie en dan tog selfmoord pleeg. Dan wonder mens wen die donker dan ? Ons het self die hartseer nuus gehoor nou in die tyd van iemand wat selfmoord gepleeg het, hy het self so baie mense in hul donkerste tyd bygestaan as berader, maar het egter self later in dié donker gat beland. Ook God se profeet Elia beland in hierdie donker gat, en bevind hom onder 'n BESEMBOS diep in die woestyn. " Hy self het die WOESTYN ’n dagreis ver binnegegaan . Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf.  “EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”    het hy gesê.  “Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as my voorouer