Posts

Showing posts from June, 2018

Ons het 'n Vader!!!

Image
Ons het 'n Vader...   ‘n Vader is ---------------------------------------------------------------------------------------------- Iemand wat jou optel as jy geval het, iemand wat in jou glo, wat jou liefdevol versorg, beskerm, van leiding en raad voorsien, wat vir jou baklei, wat vir jou behoeftes sorg, hy ondersteun jou, bemoedig jou, iemand waarna jy opkyk en vertrou, iemand wat jy goed ken en wat jou nog beter ken, wat jou opvoed en leer, iemand wat jy respekteer, jy gehoorsaam as hy praat, wat jou tug omdat hy te veel vir jou omgee om dit nie te doen, dus iemand wat jou onsettend liefhet, wat tot jou redding kom as jy in die moeilikheid is en so kan ons aanhou en aanhou, ________________________________________________________________________________ Ongelukkig is almal nie altyd die perfekte pa nie want ons is mense en maak foute. Maar daar is Een Vader wat alles en nog meer is. “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of

Mag ons?

Image
Mag ons? Mag ‘n kind van God al is dit net een keer uit nuuskieringheid of watter rede ookal afgode, hul tempels besoek, daarvoor buig, hul vereer, hul gebruike eerbiedig of selfs saamdoen. Dit was die vraag op ons lippe een aand toe ons na ‘n Reis program kyk waar hulle ‘n afgod's tempel besoek en meedoen aan die rituele ens. Iets binne ‘n mens se hart voel sommer ongemaklik, "HERE", bid ons, "mag ons?" "Here hoe getrou is U. U antwoord altyd  as ons van U wysheid bid." In dieselfde week ervaar Wynand, omroeper van Radio Kansel ook hierdie brandende vraag nadat hy die program Amazing race kyk en die deelnemers se volgende uitdaging is om wierook te brand ens vir ‘n goue afgod. Met hierdie onrus en vraag in Sy hart lees hy later die aand te toevallig om toeval te wees Ps 115 in sy stiltetyd (Hy is besig om die Psalms deur te werk en dit was die volgende een om te lees) En te toevallig om toeval te wees luister ons, die oggend toe hy h

Soms wonder ek of ons in “Chameleon village" bly?

Image
Soms wonder ek of ons in “Chameleon village" bly? Soos ons omgewing verander, so verander ons spraak, keuses en optrede “ Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man.” LUKAS 19:2 AFR83 Saggeus was ‘n sondige man, iemand wat oneerlik wins gemaak het en homself so verryk het. Nie net ‘n tollenaar nie, maar die Hooftollenaar. Mens sou dink dat Jesus hom sou ignoreer en probeer vermy,  maar Jesus het nie, inteendeel… “Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.”  Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang.  Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by 'n sondige man tuis!” LUKAS 19:5‭-‬7 AFR83 Jesus het in Saggeus se huis gaan eet. Die tollenaar wat sy eie volksgenote bedrieg en ingedoen het. Maar ons sien Jesus verander nie en word soos Saggeus en begin mense indoen nie. Nee, Jesus se teenwoordigheid in Saggeus se huis maak dat Sag
Image
‘n Ware verhaal van gehoorsaamheid Jare gelede het ‘n predikant ons vertel van ‘n vroutjie in sy gemeente wat op Sondag handel gedryf het en hy haar besoek het en mooi met haar daaroor gaan praat het. Hy het aan haar verduidelik dat dit verkeerd is om op ‘n Sondag te werk in die Here se oë. Sy het egter aan hom verduidelik dat sy weet en so skuldig voel , maar sy verkoop haar goedjies by ‘n flooimark en dat dit die beste dag vir besigheid is omdat so baie besoekers en toeriste op ‘n Sondag die plek besoek en kan sy nie bekostig om nie op ‘n Sondag te vekoop nie.  Hy het haar aangeraai om weer daaroor te gaan dink en bid en dat Sy die Here moet vertrou om vir haar te sorg. Sy het toe oortuig geraak dat sy haar stalletjie Sondae moet toemaak en het baie benoud toe so gemaak. Later het sy kom getuig dat die Here haar so seën op die ander dae dat sy nou meer verdien in ‘n maand as wat sy verdien het met die Sondagverkope by in die verlede ‘n maand. Die Here is so getrou. Dis vir m