Posts

Showing posts from June, 2023

Die hedendaagse "ASPOESTERTJIE " weergawe van die Evangelie van: EEN MAAL GERED ALTYD GERED

Image
Dis nie een maal gered altyd gered nie...  dis 'n proses van begin, voortsit en voltooi " Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle  BEGIN  het, sal  VOORSIT  totdat Hy dit  VOLTOOI  op die dag wanneer Jesus Christus terugkom." FILIPPENSE 1:6 NLV Hy BEGIN ,  dan sal Hy dit VOORSIT   TOTDAT Hy dit  VOLTOOI Dis nie iets wat ek uit my eie doen of kan doen nie nie, in al drie gevalle is dit God drie enig wat dit doen, ek moet net gehoorsaam wees en my deur Sy GEES laat lei.   Hy die Pottebakker ek die klei. (Jeremia 18) Hy skenk wedergeboorte, deur Sy Gees sit Hy dit voort in die proses van geestelike groei en heiligmaking(HOLINESS) in Sy kind se lewe en Hy voltooi dit op die dag as Hy terugkeer om Sy kinders te kom haal. Ja Hy verwyder UIT ONVERDIENDE GENADE ons sonde so ver as die oorste van die weste van ons maar Hy het ook gesê "jou sonde is vergewe maar gaan en sondig nie meer nie." Jy kan nie vergewing van sonde ontvang en dan weer kies om in s