Posts

Showing posts from November, 2018

Ou verbond en Nuwe verbond hardloop aflos.

Image
DIS NIE WIE WEN VIR WIE NIE... Ou verbond en Nuwe verbond hardloop aflos. Het God se eerste plan dan nie gewerk nie? Daar is die Ou verbond en die Nuwe verbond in die Bybel. Die probleem kom as ons dit afsonderlik lees en nie die Woord as 'n geheel lees nie. Sonde was nie God se skuld nie, maar die mens wat geval het vir Satan se plan Tot vandag nog probeer hy dat ons in God se goedheid en plan moet twyfel. Mense kan dink dat God se ou verbond, die "OU PLAN" dus om mense die ewige lewe te gee en te red nie gewerk het nie en daarom moes Hy toe 'n "NUWE PLAN" maak en die nuwe verbond instel, wat deels waar is, maar Hy het van die begin af geweet dit gaan gebeur en was die Nuwe verbond van die begin af deel van Sy plan van redding. Nee Hy die Almagtige maak nie foute nie, en ja Sy eerste plan het volgens ons "nie gewerk" as jy dit afsonderlik beskou en dink dit was sy uitsluitlike doel daarmee nie. Maar dit was ook nooit bedoel om

Toets alles en behou die goeie

Image
EET ONS ALLES VIR SOETKOEK OP? Pas op vir Rottegif! Het jy jou TOETS PEN byderhand? Die Woord moedig ons heeltyd aan om alles te TOETS . "Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag DIE SKRIF ONDERSOEK om te sien of dit is soos Paulus sê ." HANDELINGE 17:11 AFR83 ________________________________________________________________________________ Waaraan toets ons alles? Aan die Woord alleen punt! ________________________________________________________________________________  Elke preek wat ons hoor, elke opinie, elke fliek, boek ens moet ons langs die Woord plaas om getoets te word of dit die waarheid is en niks anders as die waarheid. Bid daaroor! "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt." JAKOBUS 1:5 AFR83 As dit wat ons met die Bybel toets VERSKIL van die Waarhe