Posts

Showing posts with the label Bang

Wanneer dit rof gaan, rowwer as rof!!!!

Image
Veel rowwer kan dit nie gaan nie. Lank laas het dit so rof reg oor die wêreld gelykertyd gegaan soos nou nie. Almal is in dieselfde boodjie, maak nie saak of jy eerste of derde wêreld is nie, ryk of arm, geen status, titel, posisie, ouderdom, geslag, ras, kultuur of wat ookal kan jou vrywaar hiervan nie.  "We are in it together" As ons na die verhale oor Daniel en sy vriende kyk in Daniel hoofstukke 1 tot 7 sien ons hoe die vyand die lewe vir die jong manne rowwer as rof gemaak het. Dus wanneer dit rof gaan met myself kan ek na die voorbeeld van hierdie manne in die Bybel kyk om so by hulle te kan leer hoe om kop bo water te hou ten spyte van. _________________________________________________________________________________ Wat uitstaan van hierdie manne se lewens is: -  hulle leef TOTAAL AFHANKLIK van God hul Vader vir alles. -  hulle leef TOTAAL TOEGEWYD aan God hul Vader, ten spyte van. _______________________________________________________________...

Onthou my asb as ek dalk vergeet

Image
Kom ons hou mekaar se arms op Jesus het ons lief met 'n onbegryplike liefde want ons verdien niks daarvan. Hy gee vir ons onsettend om, selfs die hare op ons kop is getel. Niks wat ons aangaan is Hy nie van bewus nie. Ons is by dag 6 van "lockdown" vir die Carona virus in Suid -Afrika en is dit vir my kosbaar hoe ons as medegelowiges van ons Here Jesus Christus mekaar in hierdie tyd dra en bemoedig. As ek die boodskappe so lees sien ek hoe die Here vir elkeen van ons individueel omgee en  boodskappe(Woord) in ons stilte tyd gee wat ons persoonlik deurdra in ons persoonlike omstandighede, maar daar is ook soveel boodskappe wat hande vat en te toeval is dat al God se kinders dieselfde by die Here hoor. _______________________________________________________________________________ Dit bevestig vir my ons is nie alleen, Hy is by ons. Dit maak my opgewonde en diep dankbaar vir 'n Vaderhart wat tot ons nader wanneer ons in groot nood en benoudheid tot Hom ...

Hoe gaan ons hierdeur kom?

Image
Hoe doen ons hierdie Here? Ek bid: " Here ons is bang, ons sien wat in ander lande reeds afspeel rondom die Carona virus, ons weet nie wat vir ons voorlê nie, hoe gaan ons hierdeur kom?" Die Here gee vir my die volgende Woord Ons is nie alleen nie, Hy het ons Sy kinders baie lief. HY IS BY ONS!!! Ons gaan nie met ons eie krag hierdeur kan kom nie maar ons het Sy krag. “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars   deur Hom wat ons liefgehad het.” ROMEINE 8:37 AFR53  Ons sal ook hierdeur kom. Ons kan oorwin maar ons het Sy krag nodig.  Jesus wys my op hoe die Onse Vader gebed eindig wat Hy ons geleer het om te bid. “en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose . Want aan U behoort die koninkryk en die KRAG en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” MATTHÉÜS 6:13 AFR53 Dus behoort die krag vir ons om hierdeur te kan gaan aan Hom Ook die WAPENRUSTING opdrag begin met dat ons, ons krag by die Here moet kry. Met ons eie...

In wanhoop, roep ons na U ...

Image
In wanhoop, roep ons na U ( op die vooraand van die "Lockdown" in SA vir die Carona virus ) " Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.  Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed.   Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U .  Bring my op 'n ROTS waar ek veilig sal wees.   U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand.   Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels. Sela   U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.  Laat die koning lank lewe, laat sy lewensjare oor geslagte strek.  Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar!    Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.” PSALMS 61:1‭-‬9 AFR83 ______________________________________   Ons troos in die tyd is HY IS BY ONS!!! ________________________________________ “ buite bereik van die vyand. ” ...

Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"

Image
ONS WEET NIE, EN TOG WEET ONS Niemand weet wat die volgende paar weke vir ons gaan inhou in hierdie tyd van die CORONA virus nie, maar wat weet ons wel  en waarop moet ons fokus? God verander nie, Hy bly dieselfde WEET DAT GOD JOU Só LIEF HET " Want so lief het God die wêreld gehad , dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, SODAT elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie , maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, MAAR  dat die wêreld deur Hom GERED kan word ." JOHANNES 3:16‭-‬17 AFR53 WEET DAT HY ALLES TEN GOEDE SAL LAAT MEEWERK " Ons weet dat God alles TEN GOEDE laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." ROMEINE 8:28 AFR83 " Jesus het vir Petrus gesê:  “Jy verstaan nie nou wat Ek doen nie, maar JY SAL LATER VERSTAAN .” Johannes 13:7 ABA ___________________________________________________________________________ Ons versta...