Posts

Showing posts from March, 2019

Vertrou vir DAAI OOMBLIK!!!

Image
GLO NET EN VERTROU sê jy? Ons as kinders van God weet in Wie ons glo en vertrou maar die probleem kom in by  waarvoor ons vertrou . Die Woord leer ons oor en oor  GLO EN VERTROU ! Maar die resultaat van aanhoudende  "What if" gedagtes loop altyd uit op vrees en angs. DIE VYAND wil hê ons moet DINK om te GLO EN VERTROU is om te glo  dat niks met ons sal gebeur as ons God se kinders is nie en dat hoe goed ons glo ook daartoe bydra.   Dis dan ook hoekom ons soms voel ons kry dit nie reg om te glo en vertrou, al probeer ons hoe hard, en wil vrees en angs die oorhand kry want as ons om ons kyk sien ons die teendeel. Ons sien mense word siek, mense kry seer, mense gaan gebuk onder misdaad, mense gaan dood….ook gelowige kinders van die Here word nie gevrywaar, inteendeel. Die wêreld glo Satan se weergawe van GLO EN VERTROU en betwyfel daarom God se goedheid en liefde wanneer Sy kinders deur rampe getref word. Natuurlik kan die Here alle onheil van ons weghou, Hy is a
Image
Neem vandag en elke dag jou Lamp op, bring Jesus in jou situasie in deur ernstige Woord en gebed.  ONTHOU die duisternis kan die Lig nie uitdoof nie,  inteendeel dit vlug voor die Lig. Sit by Jesus se voete.  Vertoef daar. Bad in Sy Woord.