My kant, jou kant en die regte kant
Het jy jouself al afgevra of daar nie dalk 'n ander kant van die muntstuk kan wees nie.. Ek het hom die voorkant van n R10 gewys En vir haar die agterkant van 'n R10 En toe hulle twee om 'n tafel laat sit en gevra: "Hoe lyk 'n R10?" Elkeen hardkoppig om sy eie prent te verduidelik het hulle daar gesit en gestry en gestry sewe dae, en sewe nagte lank All in vain- Sy kon nie vir Nelson sien nie En hy nie haar renoster nie Uiteindelik het albei uitgestorm, woedend "Hy is verkeerd, ek is reg" Sy het almal vertel hoe stupid hy is Dat hy nie eers weet hoe lyk 'n R10 nie En vir hulle haar kant met die renoster gewys As bewys Hy het almal vertel hoe stupid sy is Dat sy nie eers weet hoe lyk 'n R10 nie terwyl hy die prentjie van Nelson wys As bewys Sewe jaar later toe stry hulle steeds Teen daardie tyd ook oor die R20 noot en die R50 noot En uiteindelik besluit hulle moet maar skei omdat hulle uitmekaar uit geg...