Posts

Showing posts from April, 2024

Die politieke party waarvoor jy stem, kies hulle soos Salomo gekies het of soos hy nie gekies het nie?

Image
Baie het die laaste tyd hoop verloor!!   Baie wil nie eers meer gaan stem nie. Baie sal dadelik sê dat mens nie geloof en politiek moet meng nie, maar dis 'n leuen van die Satan. Dawid en Salomo en selfs Moses en Joshua wys die teendeel. Almal leiers of konings op hul tyd, in ons tyd presidente. Almal van hulle het vanuit hul geloof hul mense regeer, BIDDEND God se leiding GEHOORSAAM en die volk so geleer.  Vir hulle was politiek en geloof nie apart nie maar onlosmaaklik deel van mekaar. AL JOU WEË, NIE NET WAAR DIT MY PAS NIE. Die vyand het begin om politiek van geloof te skei, gebed en geloof uit skole, werksplek, en parlement te verwyder en ons beleef die gevolge daarvan.  Dink ons dan nog dat jy nie die twee moet meng nie.   GEBED en GELOOF moet die hoofbestandeel wees van enige iets, hetsy 'n organisasie, verhouding en veral in die regering van 'n Christelike land, nie 'n onbelangrike bestandeel wat na gelang van smaak en omstandighede weggelaat kan word nie.