Posts

Showing posts from December, 2018

Ouerskap is nie vir sussies nie!!

Image
Dis ‘n ma(ouer) ding… Ouerskap is nie vir sussies nie!! Maria was ANGSBEVANGE toe sy agterkom Jesus was weg “En toe die feesdae verby was, het sy ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem gebly sonder dat hulle dit geweet het. Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na Hom……  NA DRIE DAE het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. Almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde. Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.” LUKAS 2:43‭, ‬45‭-‬48 AFR83‬‬ Na 3 minute sou ek al van my kop af wou raak wat nog te sê 3dae. Jesus vra haar nie hoekom sy dan so bekommerd was nie, maar net hoekom hul Hom sou soek. Hy het gedink in sy kinderlike onskuld dat hul mos geweet het Hy sal wees waar Sy hemelse Vader hom wou hê. Vir ons kinders is

Een verdraaide woord kan maak of breek

Image
Een verdraaide woord kan maak of breek n verdraaide woord kan maak of breek Sjoe met EEN verkeerde WOORD kan die boodskap verlore gaan. "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n JONG VROU  sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. JESAJA 7:14 AFR83 Teenoor die regte vertaling van die vers... " Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die MAAGD sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem. JESAJA 7:14 AFR53 " Therefore the Lord Himself will give you a sign: Behold, the VIRGIN shall conceive and bear a Son, and shall call His name Immanuel." Isaiah 7:14 NKJV As ons lees MAAGD is daar geen twyfel van wie Jesaja hier praat nl. Jesus die Seun van God. Reeds in die ou testament is Jesus se koms voorspel. Vir hulle was die teken 'n MAAGD sal' n seun in die wêreld bring (die menslik onmoontlike -  maar "... geen ding sal by God onmoontlik wees nie" L

Die Vyfde Evangelie vir baie die vertrekpunt

Image
Is daar 5 Evangelies...?  Die Ierse Evangelis, Gypsy Smith, het een keer gesê: "Daar is vyf Evangelies - Matteus, Markus, Lukas, Johannes en die Christen, sommige mense sal nooit die eerste vier lees nie." In baie gevalle word die Christen vóór die Bybel gelees. Die boodskap word gesien voordat dit gehoor word. - uit Juig - skrywer Ravi Zacharias “ Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” MATTEUS 5:14‭-‬16 AFR83 Woorde wek, maar dade strek... Wat LEES die wêreld as hulle na ons kyk? Sou dit my en jou kon oortuig het om te glo? Getuig ons lewens van die onsettende genade wat ons gekry het? Ons kan alles in plek hê, maar as die woord LIEFD