Posts

Showing posts from September, 2018

Dalk nog net een tree...

Image
Dalk is dit nog net EEN TREE Vir die Israeliete was daar ‘n laaste tree net voor die mure van Jerigo voor hul inmekaar begin tuimel het. “Julle moet om die stad loop; al die manne onder wapen moet een maal om die stad gaan, en dit moet julle ses dae lank doen. Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring voor die ark uit dra. “Die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop. Dan moet die priesters die ramshorings blaas, en sodra die ramshorings blaas en julle dit hoor, moet al die manskappe die aanvalskreet hard uitskreeu. Die muur van die stad sal DAN inmekaar stort  en die manskappe kan oorklim, elkeen reguit vorentoe.” JOSUA 6:3‭-‬5 AFR83 God se tyd is nie ons tyd nie, Sy plan nie ons plan. Op die regte tyd sal die muur waarteen ons te staan gekom het (mure in ons verhoudings, mure in ons land, in ons finansies ens) ook ineenstort as ons in GELOOFSVERTROUE Hom bly volg al sien ons nog nie, al verstaan ons nog nie. Die Woord leer ons om geduldig op die Here te bl

Alles om ons verander in 'n puinhoop

Image
Leef ons op 'n PUINHOOP? In Daniel 9:2 lees ons dat Jerusalem 70 jaar ‘n puinhoop sou wees. As ons verder lees sien ons dat die rede daarvoor was dat dit nie die vyand se skuld is nie, maar dit was agv hul eie ongehoorsaamheid aan die Here, dus agv hul eie keuses “Ek het tot die Here my God gebid en bely: “Ag, Here, groot en ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en u trou teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam . Ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen, ons was opstandig en HET NIE GELEWE VOLGENS U GEBOOIE EN U BEPALINGS NIE.  Ons het nie geluister na u dienaars die profete nie, wat in u Naam ons konings, ons leiers, ons familiehoofde en die hele bevolking aangespreek het. U is regverdig, Here. Dit is onsself wat hierdie ellende oor ons gebring het, oor die mense van Juda, oor die inwoners van Jerusalem, oor die hele Israel, dié wat naby is sowel as dié wat ver is, ver in al die lande waarheen U hulle verstrooi het oor hulle ontro

DIT IS OORLOG! .... en daar sál op jou geskiet word!!

Image
DIT IS OORLOG! Daar sál op jou geskiet word!! Of ek dit wil weet of nie, daar is 'n oorlog aan die gang. In werklikheid 'n eeu oue oorlog wat van die begin van die wêreld af daar was en eers sal ophou die dag van Jesus se wederkoms. Die Woord sê dit duidelik vir ons: "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug ." EFÉSIËRS 6:11‭-‬12 AFR53 Waar lê jou wapens, is dit aan jou? Gebed, jou Bybel(swaard vir verdedig en aanval), Verlossing(helm), geloof(skild),waarheid(gordel), borsharnas van geregtigheid en bereidheid om evangelie te verkondig as skoene? Alles wat ons sien, die oorloë, die stryd, die onmin tussen mense, als het steeds hul oorsprong uit die stryd tussen die magte van LIG EN DUISTERNIS. As ons dit nie

Ek MOET nie word ek WIL nie

Image

Die HEEL LAASTE VERS - daar is lig in die tonnel

Image
Die HEEL LAASTE VERS.. .         Wat staan aan die einde van jou storie? VOEL DIT NAG, STIK DONKER NAG!!!!? Dit voel vir ons daar is nie eens meer 'n lig aan die einde van die tonnel nie. Ons verloor moed en wil handdoek ingooi, dalk is dit wat die land betref, of selfs persoonlike probleme. Daar is 'n hele paar gelowiges in die Woord wat verseker ook op een of ander stadium so moes gevoel het. Toegewyde kinders van die Here, wat soms juis daaroor hulself in stikdonker omstandighede bevind Kom ons vat vir Daniel , omdat hy weier om God sy Vader te verloën en te buig voor ander gode soos die res van die gemeenskap doen, word hy leeukuil toe gesleep waar honger leeus hom inwag. Verseker moes hy gedink het die lig in sy tonnel het geblaas, hierdie is verseker die einde van sy aardse bestaan. Daniel se vriende weier om hul Vader in die hemel te verloën en weier om te buig voor die koning, en hul word vuuroond toe gesleep . Vir hulle moes dit ook gevoel het dis v