Posts

Showing posts from May, 2022

Hoe kyk hulle dit mis?

Image
 Hoe kyk hulle dit mis? Tot vandag toe glo die Jode dat die Messias nog nie gekom het nie, maar nog moet kom. Tog dink ons, is dit duidelik soos daglig die ooreenkomste tussen Jesus die Paaslam en die paaslammetjie wat húlle moes offer. Die Woord gee egter vir ons die antwoord, dat hulle verstand toe is die dat hulle dit nie kán raaksien, insien of verstaan nie.  " Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo. Maar vandag nog, elke keer as die wet van Moses voorgelees word, is daar 'n sluier oor hulle verstand. Van Moses sê die Skrif egter: “ Elke keer as hy hom na die Here wend , word die sluier weggeneem .” “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die be