Posts

Showing posts from June, 2020

Moenie jou gebedshande laat sak nie... ONS MOET NOU EERS ERG BID

Image
Moenie jou gebedshande laat sak nie... ONS MOET NOU EERS ERG BID Gisteraand vertel iemand my dat hul dokter hul vertel het dat hy baie met gesprekke te doen het rondom die corona virus en dat die HULLE NIE WEET HOE IS DIT MOONTLIK  dat Suid Afrika se getalle nie so erg is as wat hul voorspel het nie. Met alles basies teen ons wat hierdie virus betref  het hul verwag dat Suid Afrika en Afrika die hardste getref gaan word in die wêreld deur die virus maar dit het nie gebeur en begin hul dink ons het beter immuniteit teen die virus of iets. Hul kan dit nie verklaar nie. Dit het my herinner aan die die dag toe ons net voor lockdown afgesluit het in gebed in ons bybelstudie groepie en terwyl ek bid het die volgende woorde uit my mond gekom, woorde wat mý verras het want ek het net geweet hierdie is nie my woorde nie en dit het my opgewonde gemaak want ek het toe besef ons verwag die ergste, maar ons kan bid daarteen, ons kan die onvermydelike weg bid. _______________________

"Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!"

Image
                    As ek maar net so kon glo Here... Jesus sê ons moet glo soos 'n kind ...want ' n kind glo( vertrou) ERG .   Ons wil so graag erg glo , maar ons besef terdeë hoe ver ons tekort skied en dan voel ons so sleg daaroor. As ons maar net geloof so groot soos 'n mosterdsaad gehad het sou ons berge kon versit, maar omdat ons so maklik vrees en twyfel maak ons ongeloof of klein geloof eerder berge van molshope en maak ons min tot geen impak. (MATTHÉÜS 17:19 -20 )  Ai  wat sou ons nie gee om wel daardie geloof te kon hê nie. Ons Geloof word heeltyd of GETOETS of AANGEVAL . Ons geloof het 'n groot vyand, die Satan. Hy wil ons heeltyd so ver kry om te twyfel en te laat ophou glo. Hy maak die golwe en wind so erg dat ons voor ons, ons kan kry fokus verloor en sink ten spyte van al ons voorneme om op die water te wou loop. Maar net soos Petrus in geloof begin het eindig ook hý in die besef dat sy geloof nie sterk genoeg is nie.  H

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Image
Wat as ons HOOP VERLOOR? GELOOF , HOOP en LIEFDE . Ons lees dit oral raak maar Geloof en liefde kry soms al ons aandag en  vergeet ons soms van HOOP HOOP is allesbehalwe onbelangrik of minder belangrik as die ander twee. Satan probeer vir 'n rede heeltyd hoop by ons steel of ons fokus wegvat daarvan. Hoop kom 130x voor in die Bybel in 121 verse Die Here laat Sy lig vir my die laaste tyd val op HOOP … Dis asof ons almal wil begin hoop verloor . Amper elkeen waarmee jy praat sukkel hiermee. Ek besef ons is moeg Here, ons sukkel om ons fokus op U te hou en nie deur die storms onder gekry te word nie. Ek besef net weer en weer dat die Here weet van ons stryd, Hy weet ons begin moed en hoop verloor want op een dag deel drie verskillende medegelowiges Woord oor HOOP met my. Dit bevestig vir my dat Jesus deur Sy Gees in hierdie tyd met Sy kinders oor HOOP praat want tye is rof en ons is net mens. Hoe getrou is ons Here dat Hy self  besig is om Sy kinder