Posts

Showing posts from January, 2018

Praat die klippe ons dood?

Image
Praat die klippe ons dood? Sal ons langer toelaat dat "n klip in ons plek van ons Here en Sy wonderdade gaan vertel ___________________________________________ " 'n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!”  Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: AS HULLE STILBLY, SAL DIE KLIPPE UITROEP" LUKAS 19:39‭-‬40 AFR83 _____________________________________________ Satan wil ons stilmaak met al die brandpyle wat hy op ons afvuur. Ek sal nie stilbly nie, wat van jou? http://gaanvertelgotell.blogspot.co.za/2018/01/praat-die-klippe-ons-dood.html

As die God van Josafat jou vat

Image
                                   (foto - hard times becomes blessing)  Vyand wees gewaarsku!! “ Want as die God van Josafat jou vat kan jy die neerlaag nie vermy nie Want as die God van Josafat hulle vat het daar nie een van hulle oorgebly nie En as die God van Josafat jou vat kan jy nie anders as om te verloor nie Want as die God van Josafat hulle vat was daar net mooi niks van hul oor nie Loof die Here die God van Juda aan Sy liefde is daar geen einde nie ” (Lied - Piet Smit) Josafat kry tyding dat drie volke REEDS teen hom opgetrek het en REEDS oppad is.  ‘ n Groot magtige menigte noem die Bybel hulle.(v2 , 15, 24) Hy word baie bang(VREES) en roep tot God om hulp . God antwoord hul gebede en veg namens Sy volk, soveel so dat toe hul oor die bult kom lê die vyand verslaan. Nie een het oorgebly nie. En so maak die VREES VAN die kind van God  plek vir die VREES VÍR God deur Sy vyande. (Lees die verhaal van Josafat in 2 Kron 20) As kind van God meld ons nie aan vir

Regte bestandele, verkeerde volgorde

Image
Dan wonder ons hoekom die koek flop? Selfde bestandele, selfde stappe. Maar die geheim lê in die VOLGORDE, as ons die volgorde verkeerd het flop alles. Jy kan tog nie die nat bestandele al gaan bak voordat die droë bestandele bygevoeg is nie of dit uitlaat om alles te klits nie. Nee ons moet die skepper van die resep se stappe volg... Selfde met die evangelie. "Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê(regte bestandele), maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie(verkeerde volgorde)." JESAJA 29:13 AFR83 Dit was presies ook hoekom God Kain se offer afgewys het en Abel sin aangeneem het. God vereis 'n bloedoffer wat heenwys na Sy Seun se kruisdood en nie net wat Kain gedink het wat hy sal wil offer nie. Al was dit sy beste uit sy oes dit was nie God se opdrag, want dit was nie God se plan van redding. (2Kor5:17-21) Genade kom eerste en dan volg res... Dade en ge
Van Dawid. Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.  Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.  PSALMS 103:1‭-‬2 AFR83