Posts

Showing posts from February, 2018

My storie

Image
Ek het baie lank in my lewe gedink God kyk die heeltyd wat ek verkeerd doen om my uit die hemel te hou want soos my seuntjie eendag opgemerk het, ons is nie net goed nie.  Die een trauma na die ander wat ons as gesin beleef het waarvan ek by die dood omgedraai het, en ons God se ingrype en voorsiening beleef het, leer ons Hom egter ken as die God van wonders en meer en meer as Vader wat ons so lief het dat Hy alles in Sy vermoë doen om ons in die hemel te kry, Hy het selfs Sy Seun gestuur.  Dis hoe lief Hy ons het. Ek verstaan nie altyd waarom dinge gebeur nie, maar ek het geleer ek kan Sy hart vertrou.  Ek het amper gesterf sonder Jesus. Na my siekbed wys Jesus my niemand se saak is maar net reg met Hom sonder wedergeboorre nie, al het jy in die kerk grootgeword.  Ek wou nie langer net van Hom weet nie,ek wou Hom nie in 'n Sondag boksie plaas nie. Ek wou Hom elke oomblik dien. Die Here wat ek leer ken het in ons woestyne verdien soveel meer van my.  Ek wil nie net'

Veilig in Jesus se arms

Image
Kan jy nie meer vashou nie, gee oor en WORD NET VASGEHOU... As die storms van die lewe net te veel word beaam my hart die woorde van die liedjie van Casting Crowns. " Hold it all together  Everybody needs you strong But life hits you out of nowhere  And barely leaves you holding on r And when you're tired of fighting  Chained by your control  There's freedom in surrender  Lay it down and let it go" Eendag iewers gelees: "FAITH IT TILL YOU MAKE IT." Bly net glo Opkyk nie rondkyk...vashou aan die Here ________________________________________________________________________________ “for every PROBLEM in life there is a PROMISE of God .  If we can learn to build our lifes on the promises of God then we will truly build a life that is UNSHAKEBLE because the promises of God is UNBREAKABLE, therefore our HOPE is UNSHAKEBLE"  - Max Lucado ________________________________________________________________________________ Is ons probleem hoek

Koningkryk opgaarders

Image
Vir watter koninkryk gaar ons op? "....want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” MATTHÉÜS 6:19‭-‬21 AFR53‬‬‬ Ons vind so verhaal in Haggai waar die volk se fokus was op opgaar vir hulself en hul eie koningkrykie en nie belê het in God sin nie… “So sê die Here die Almagtige: Hierdie volk sê dit is nie nou die tyd om die tempel te herbou nie .  Toe het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom: Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê? Daarom, so sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur .  Julle het baie gesaai, maar min geoes; julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek.  So sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur. Gaan haal hout in die berg en herbou my huis sodat Ek my eer kan ontvang en t

Give up the things we can not keep, in order to gain the things we can not loose

Image
“Father help us to give up the things we can not keep, in order to gain the things we can not loose”- Angus Buchan Jy kan al jou geld en besitting verloor in 'n oogwink, en ook nie inpak en saamvat die ewigheid in nie, dit het die rykman te laat besef maar liefde is die een ding wat nooit vergaan en groot waarde ook in die ewigheid vir jou inhou. Liefde tot God en liefde tot my naaste “Die liefde vergaan nooit nie , maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak." 1 KORINTIËRS 13:8 AFR83 “MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;   maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees .” MATTHÉÜS 6:19‭-‬21 AFR53 God se grootste geskenk ook aan ons was liefde wat in Jesus sigbaar g

SÊ MY ... IS ENIGE IETS ONMOONTLIK VIR GOD?

Image
SÊ MY ... IS ENIGE IETS ONMOONTLIK VIR GOD? (Getuienis )  (Nee)"Niks is vir God onmoontlik nie.” LUKAS 1:37 AFR83 Graag deel ek met julle my vriendin se GETUIENIS van hoe Jesus haar WONDERBAARLIK GENEES het...aan Hom al die eer! "So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.” MATTEUS 8:17 AFR83 31 Januarie 2018 Getuienis aangaande die Goddelike genesing van my rugprobleem van bykans 45 jaar. My naam is Leonie Botha ek is tans 52 jaar oud en woonagtig in Hartbeespoortdam en is gelukkig getroud met Johan Botha al vir 31 jaar. Ons het twee pragtige seuns Tiaan tans 24 jaar oud en Lehan tans 20 jaar , twee kosbare geskenke uit die hand van die Here ontvang. Vandag staan ek in "Awe" voor die Here , ons groot geneesheer, JEHOVA RAPHA , God ons Genesing (Exodus 15:26). Ek loof vandag Sy Naam  met my hele hart en bring aan hom al die eer vir die grootste wonderwerk wat Hy  in my liggaa

“WHAT IF” word dan “EVEN IF”

Image
WAT AS….????  Kan ‘n vrees word wat verlam. Wat maak ons as dit of dat gebeur.... "what if?" Satan val ons verwoed aan op elke moontlike gebied van ons lewe en veral in ons gedagtes.  Ons is bang – en nie sonder goeie rede nie Ons hoef net die koerante deur te blaai, die nuus te kyk of te luister na gesprekke rondom ons dan sien ons hoe die Satan hierdie vrese binne ons net meer en meer aanblaas. Vrese wat vlak lê, en Satan ons in die oor fluister is onder andere wat as jou finansies vou, wat as jou huweliksmaat jou verneuk/los,  wat as jy siek word,  wat as jy oud word en nie meer kan sorg, wat as dit joú kind is wat dit oorkom, wat as jy jou werk verloor, wat as misdaad jou tref, moord, wat as die land net verder korup word en nog pryse styg. Wat as, wat as, wat as..... Onbewustelik kom saai die Duiwel die saadjie van ONRUS in ons harte…gooi hy dit kort-kort nat deur wat ons sien en hoor gebeur om ons en voor ek my kan kry trek my keel toe en raa

Die beste nuus ooit

Image
Die beste nuus ooit!!  “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. " JOHANNES 3:16‭-‬17 AFR83 " ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde . Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.  Ek sê nie dat ek dit alles al het of

Moenie na die sandbanke swem nie, swem na die Rots

Image
In 'n storm waarheen swem jy? Nadat die een golf na die ander oor ons is het ek een aand ‘n ruk terug wou opgee... Ek het by Jesus se voete gehuil…ek was op, ek het altyd moed gehou maar die storms het net te erg om ons gewoed en het ek  vir die eerste keer in my lewe daardie aand moed verloor dat dinge ooit weer beter sal gaan... Vir jare nes ons dink dit gaan beter word tref die volgende golf ons...dit waarop ek gehoop het wat uitkoms moes gee bly ons ontwyk, of bring nie die uitkoms waarvoor ons gehoop het nie. Die Here herinner my die volgende dag aan 'n insident toe ek jonk was. Ek en 'n vriendin het saam met my broer hulle geswem in die see en die seuns het tot by 'n sandbank geswem dieper die see in waar hulle halflyf in die water kon staan. Ons besluit toe dat ons ook tot daar gaan swem maar het nie rekening gehou met die stroom en hoe diep dit sou wees tot daar nie. Die seuns het met hul rug na ons gestaan en was onbewus van wat agter hulle aangaan
Image
Fokus op die goeie in iemand Mnr Johan het eendag vir my so kosbare ding gesê.  Hy het gesê hy hanteer die slegte situasies as dit opduik(ignoreer dit nie) , maar steek nie daarby vas nie. As dit verby is soek hy die goeie in elke kind en fokus dààrop (niemand is net sleg nie) ...elke kind by hom in die klas het geblom. Nogal vir my as ouer ook wyse woorde gewees ten opsigte van my eie kinders. Ek dink wyse woorde ook ten opsigte van ons huweliksmaats.