Posts

Showing posts from July, 2021

Hy sê moontlik waar die mens sê onmoontlik, wat is nodig om te gebeur vir ons land om te genees?

Image
  Ja, SA BRAND!!@ Letterlik en figuurlik Baie in ons land sê verdoemdende dinge oor ons land en dat dit of dat gáán gebeur  "NO MATTER WHAT… "  Ons sien winkels word geplunder, dorpe het letterlik geen voorraad, kos, medesyne ens oor.  Oor die honderd apteke verwoes waarvan baie hoor ons nie weer sal heropen. Verskeie ondernemings is tot op die grond afgebrand. Bitter baie het hul werk en selfs hul lewens verloor.  'n Bitter hartseer ongekende situasie. Baie kommunikasie torings is beskadig, dan kom die besef ons sal dalk nie met mekaar kan praat of waarsku en vrees kruip by ons kele op, dis dan wanneer ons moet ONTHOU daar is een kommunikasie lyn wat die vyand nooit heeltemal kan verbreek nie en dis GEBED, ons kan vir die Here vra om hulp.  Tog probeer die vyand ons gebede verhinder, deur ons te probeer verlei tot opsetlike sonde, want hy weet watter krag daar in ons gebede is. Maar selfs dan het ons steeds toegang tot ons Vader deur opregte berouvolle bebede. Die vyand

Is ons Luidsprekers of Ramshorings?

Image
Is ons Luidsprekers of Ramshorings?  Soms wil ons liewer stil bly, want 'n toe mond is mos 'n heel mond, en ons hoef niemand te vertel hoe erg die teenkanting kan wees nie, hoe dit jou vriendskappe kan kos en baie ongewild maak nie, maar dan kom die Woord en sê  " En Hy antwoord en sê vir hulle:  Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep." LUKAS 19:40 AFR53 Ons sien in ons samelewing dat die wat die verkeerde propageer dit LUIDKEELS doen soos Luidsprekers , maar baie keer bly die wat die waarheid ken en in glo stil terwille van die vrede glo ons, maar stilbly wanneer ons moes praat is om die Luisprekers se volume op te draai.  Om niks te sê vir wat reg is,  is netso goed as om saam te stem met wat verkeerd is. "Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is." JAKOBUS 4:4 AFR83 Maar dit help nie, sal ons seer sekerlik w

Ons troos, KRAG en oorwinning lê by ELKE DAG SE KLIPPIES OPTEL.

Image
  Dis derde golf, dis nag... Ek sê vir iemand die ander dag, die Here het ons so bewaar deur die afgelope jaar, deur elke golf van die Carona maar sjoe ek weet nie, hierdie derde golf, is baie baie rof. Die oomblik toe ek dit sê kom die woord in my gedagtes, asof die Here self vir my geamuseerd sê;  "O Ek kon jou tot hier help en beskerm maar jy dink hiérdie golf is vir my te erg?" Ek het dadelik besef wat ek besig is om te sê. Ek sê die Here kon my tot hier help maar nie verder asof iets vir ons Vader te moeilik is. Ek besef die vyand het pas vrees gebruik om die waarheid uit my hart te vat en dit met sy leuen te vervang. Ek moes hierdie gedagte gevange neem en die waarheid verklaar dat ons Vader is die Almagtige, vir wie niks onmoontlik is...  Ook dit waardeur ons nou moet gaan. Oral waar ons kyk is daar elende, hartseer en vrees maar die Here wys my en my man die laaste tyd dat ons nie self iets aan die omstandighede kan doen nie, maar wat ons kan doen is om nou onsettend