Posts

Showing posts from February, 2019

VERTROU vooruit

Image
"Van Dawid. Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?  ... Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!" PSALMS 27:1‭, ‬14 AFR83

No longer me, myself and I

Image
Die hele Skrif opgesom in een paragraaf "EN toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?   En Jesus antwoord hom: Die EERSTE van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ’n enige Here;  en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag . Dit is die eerste gebod.  En die TWEEDE , hieraan gelyk , is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie. MARKUS 12:28‭-‬31 AFR53 Dit laat mens met die besef: " It's not about me" "Hy moet meer word en ek minder " Joh 3 :30 Ek moet sterf aan myself... NO LONGER I Ek moet my kruis opneem en Hom volg. "And He was saying to them all, “If anyone wishes to follow Me [as My disciple], he must deny himself [set aside selfish interests], and take up his cross

Hallo wie praat?

Image
Hallo wie praat? As jy die foon optel is dit tog die eerste ding wat jy wil weet is: WIE PRAAT MET JOU? Maar stop ek soms en maak seker wie is besig om met my te praat in my gedagtes? God praat gereeld met ons Sy kinders op baie maniere, ook deur ons gedagtes, maar so doen Satan ook... Ons GEDAGTES is Satan se oorlogsveld, onthou ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. (Efes 6:12) Jesus se stem sal ons aanmoedig, ophelp, reghelp, leer en waarsku sodat ons die lewe kan hê van oorvloed, maar Satan wil dit heeltyd by ons steel en ons verwoes. " 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed." JOHANNES 10:10 AFR83 As ek na die verkeerde stem luister kan dit vir ons voel  soos om slangetjies en leertjies te speel, die slange kan my insluk en voel dit ek eindig baie maal weer op by “square one" in my geestelike groei, my pad van heiligmaking. Satan wil hê ons moet moedeloos raak en opgee . Maar

Hoe glo 'n kind?

Image
As ek my geloof moet opsom, wat sal ek sê? Een aand lank gelede lees ons as gesin uit die Bybel. Ons lees die gedeelte waar Jesus sê ons moet glo soos 'n  kind. Ons vra onsself toe af, hóé lyk so 'n geloof? Aangesien ons jongste seker so 8 jaar oud was draai ons na hom en vra hom tong in die kies: "Boeta aangesien jy die jongste kind hier is, sê vir ons HÓÉ GLO 'N KIND?" Hy bly vir so rukkie stil en toe kyk hy op en al wat hy antwoord is:   "ERG!" Ons hele verhouding met Jesus, ons hele geloof opgesom in een woord. Glo nog ERG?  Jesus sê in Openbaring ek het dit teen julle, julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Breek die Woord van God nog ons harte? Het ons nog BEHOEFTE daaraan dat God met ons moet praat.? Kom ons doen bietjie selfondersoek en toets onsself aan die volgende voorbeeld wat ons hier in Nehemia sien.  1. Die hele volk het "soos een man" almal SAAMGEKOM  om God se Woord te hoor. (Neh 8:2) Hul