Posts

Showing posts from 2019

Wat as die trein kom...?

Image
Wat as die trein kom...? 'n Kosbare ou dame, hartsvriendin van my, Sarah vertel my die storie.... Skoolkinders wat anderkant 'n berg gebly het moes elke dag oor die berg klim om by die skool uit te kom. Soms was hulle laat dan het hulle sommer vinnig 'n kans gevat en deur die treintonnel geloop. Een dag toe hulle dit weer waag kom daar skielik 'n trein van vooraf en besef hul, dit help nie om te probeer vlug nie. Soos sy dit gestel het : "they realize they could not outrun the train" Al wat hul op daardie oomblik kon doen was om hul lywe styf  teen die rotswant te druk en so styf as moontlik vas te probeer hou aan die stukke van die rots wat uitgesteek het. So staan hul toe met hul wang styf vasgedruk teen die rotswand en klou vir al wat hul werd is terwyl die trein trok vir trok by hul verby spoed. Lam van skrik en bewerig maar veilig en ongedeerd kon hul na die tyd verder deurbeweeg tot aan die einde van die tonnel. Dis hoe dit ook is in ons

Waarom Here?

Image
Waarom Here?  Ek is seker dat meeste van ons al in ‘n situasie was waar ons gevra het: ”WAAROM HERE!” Niemand kon egter meer daaroor gewonder het WAAROM God ons Vader slegte goed toelaat in ons lewe as Job en Habakuk. Ons mag vra waarom Here, maar die probleem kom in en beweeg ons op gevaarlike terein as ons antwoorde wil gee vir God se toelatende wil en wil besluit wie skuldig is dat dit of dat gebeur het. Ek onthou dat ons deur ‘n paar rowwe goed in ons lewe was kort na mekaar Een dag drie weke na ek self by die dood omgedraai het met breinvliesontsteking, deur ‘n fratsongeluk kap ‘n dakwaaier my 6 maande oue seuntjie se voorkop oop en terwyl ons van een hospitaal jaag na die ander omdat ons oorgeplaas is het ek daardie dag dit uitgeroep WAAROM HERE, waar was U Here kon U dit nie gekeer het nie? Toe ek praat was Hy stil soos met Job,en toe ek stil word toe praat Hy … Later toe die chirurg na ‘n uur uit die teater kom sê hy aan my of ons gesien het hoeveel GENADE ons gek

Met KRAG wat ek waar kry?

Image
Met KRAG wat ek waar kry? Maar Gideon sê: "Ekskuus, Meneer, waarmee"? Gideon het reeds gehad wat hy nodig het, maar dit nie geweet... Almal wil 'n wonderwerk hê, maar niemand wil in 'n situasie wees waar hul een nodig het nie. In die ONMOONTLIKE, totaal in die minderheid situasies sien ons hoe God met bietjie baie meer kan doen as wat die wêreld met hul baie kan doen. “ Daarna het 'n Engel van die Here gaan sit onder die groot boom in Ofra wat behoort het aan Joas die Abiësriet. Sy seun Gideon was besig om koring uit te slaan in 'n parskuip waar hy weggekruip het vir die Midianiete.  Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê:  “ DIE HERE IS BY JOU , dapper man !”   MAAR Gideon het vir die Engel gesê: “Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is al sy magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ Nou het die

Mý plan teenoor God se plan

Image
Mý plan teenoor God se plan Wat ek sou dink moet gebeur is nie altyd wat God weet moet gebeur nie.  " My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;   soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.  Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.  So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het ." JESAJA 55:8‭-‬11 AFR83 Jesus se kruispad was nie Petrus se plan nie, maar dit was God se plan. Petrus se plan probeer Een persoon red. God se plan sterf Een persoon sodat baie gered kan word. Josef moes deur sy broers  in 'n put gegooi word, as slaaf verkoop word, valslik

DIE HERE SIEN WAT DIE ANDER AAN JOU DOEN, MAAR WAT DOEN JÝ?

Image
DIE HERE SIEN WAT DIE ANDER  AAN JOU DOEN,  MAAR WAT DOEN JÝ? Daar is TWEE KANTE Die stryd is geestelik, en daar is net twee kante… Watter kant veg jy? “Verder nog dit: (1)  Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. (2) Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, SODAT julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. "Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug .” EFESIËRS 6:10‭-‬12 AFR83‬ Dit laat my dink aan Simba wie gedink het in the Lion king dat dit vir hom is wat hulle skielik so bang is en nie geweet het dat sy pa Mufassa agter hom staan nie. Ons vergeet ook as kind van God te maklik Wie by ons is. Satan gebruik VREES of GEESTELIKE HOOGMOED om ons te laat vergeet. "Terwyl die koning van Aram besig was om oorlog te voer teen Israel, het hy met sy dienaars beraadslaag en gesê: Op dié en dié plek sal m