Posts

Showing posts from May, 2024

9. Die geestelike stryd teen Apòllion (Satan) DIE GEESTELIKE WÊRELD... die Pelgrim se reis deel 9

Image
Die geestelike stryd teen Apòllion  Ons is besig met die boek van John Banyon "The Pelgrims Progress" 'n fiktiewe verhaal wat hy in 1678 geskryf het en al in baie tale vertaal is. John Banyon was 12 jaar in die tronk vir sy geloof.  Die bekende Charles Spurgeon het glo dié boek 100 keer gelees in sy lewe. Ons stap deur die verhaal saam met Christian die pad van 'n gelowige hoofstuk vir hoofstuk vannaf  sonde besef,  wedergeboorte,  heiligmaking tot by die Ewige lewe. Geestelike oorlogsvoering "Want ons STRYD is nie teen mense nie, maar teen bose   regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen,  teen die bose geeste in die hemelruimtes ." Efes 6 Ons gaan kyk na die geestelike oorlog waarin ons, ons bevind.  Die geestelike wêreld en die rolspelers daarin.  In die volgende stuk, deel 10 gaan ons na òns rol in hierdie oorlog kyk en na die geestelike wapens wat God aan ons gee. Christian se reis het dus begin toe hy no

8. Die berg moeilikheid...die vyand wil ons laat ophou glo...die Pelgrim se reis deel 8

Image
 Wanneer ek Jesus aangeneem het as my Verlosser en Koning dan word dinge nie makliker nie maar moeiliker. Die vyand zoom dan in op elke gelowige want hy wil ons laat ophou glo. Baie vals evangelies(gospels) verkondig:  "kom na die Here Jesus en dit gaan dan net met jou goed gaan"   Die teendeel is waar!! Gaan kyk maar na elke gelowige in die Bybel se lewe en sien hoe hulle verdruk en vervolg is.  Jesus self het gesê: ‭‭JOHANNES‬ ‭16:33‬ ‭NLV‬‬ "[33] Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed : Ek het die wêreld reeds oorwin.” "I have told you these things, so that in Me you may have [perfect] peace. In the world you have tribulation and distress and suffering , but be courageous [be confident, be undaunted, be filled with joy]; I have overcome the world .” [My conquest is accomplished, My victory abiding.]" John 16:33 AMP As ons verder lees in die boek "The Pelgrims progr