Wat as die trein kom...?


Wat as die trein kom...?

'n Kosbare ou dame, hartsvriendin van my, Sarah vertel my die storie....


Skoolkinders wat anderkant 'n berg gebly het moes elke dag oor die berg klim om by die skool uit te kom. Soms was hulle laat dan het hulle sommer vinnig 'n kans gevat en deur die treintonnel geloop.
Een dag toe hulle dit weer waag kom daar skielik 'n trein van vooraf en besef hul, dit help nie om te probeer vlug nie. Soos sy dit gestel het :
"they realize they could not outrun the train"

Al wat hul op daardie oomblik kon doen was om hul lywe styf  teen die rotswant te druk en so styf as moontlik vas te probeer hou aan die stukke van die rots wat uitgesteek het. So staan hul toe met hul wang styf vasgedruk teen die rotswand en klou vir al wat hul werd is terwyl die trein trok vir trok by hul verby spoed.
Lam van skrik en bewerig maar veilig en ongedeerd kon hul na die tyd verder deurbeweeg tot aan die einde van die tonnel.

Dis hoe dit ook is in ons lewe. Ons bevind ons soms ook op die spoor van die lewe in 'n donker tonnel met net die lig aan die einde van daardie tonnel waarop ons fokus. Maar dan skielik kom daar 'n trein met baie trokke van aanslae en ontberings skielik op ons af en weet ons dat ons niks kan doen om dit te vermy nie, dis daai oomblik wat ons weet "we can not outrun the train"

Daai oomblik wanneer al wat ons kan doen is om styf vas te hou aan die Rots te fokus op die Rots en nie op die trein, tot die trein verby beweeg het.
Die een ding wat ons nie moet vergeet nie is, treine het 'n einde so ook storms en woestyne. Dit hou nie vir ewig aan nie. Al wat geen einde het nie is God se liefde vir ons Sy kinders.

Die Woord leer ons Jesus is ons Rots en dat ons by hierdie Rots kan skuil, geen pyl van die vyand kan deur 'n rots skiet nie. Hier is ons veilig van die trein met sy trokke wat op ons afpyl.

"Vir die koorleier. 'n Lied van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het dié woorde tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul.  Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, my Sterkte.
  Die Here is my ROTS, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting..... 
 In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God
In sy paleis hoor Hy my geroep. Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my.  Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig. 
Hy het my gered van my vyand wat sterk was, van my haters toe hulle vir my te magtig was. 

 Die dag toe hulle my aangeval het, was my ondergang naby, (BUT GOD) maar die Here het my daarvan bewaar. 

 Hy het my in vryheid laat uitgaan, my gered omdat Hy my liefhet.
  Die Here het aan my reg laat geskied, Hy het my onskuld aanvaar,  want ek het die wil van die Here gehoorsaam en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie;  ek het my deur al sy bepalings laat lei en nie van sy voorskrifte afgewyk nie......
 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. 
Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.  (IN SY SKADUWEE VERTOEF.. PS 91)
Waarlik, wie anders as die Here is God? 
Ja, wie anders as ons God is 'n ROTS? 

 Die Here leef!

Ek loof Hom wat my ROTS is. Ek prys my God wat my gered het."
PSALMS 18:1‭-‬3‭, ‬7‭, ‬17‭-‬23‭, ‬31‭-‬32‭, ‬47 AFR83
(Ons lees ook hierdie selfde woorde in 2 Sam 22)

"Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon.  Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God.  Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees.  So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie.
Hy is my ROTS."
PSALMS 92:13‭-‬16 AFR83

Let op dit is vir hom persoonlik op homself van toepassing.

Mý God, mý Rots
Dit was die verskil tussen koning Saul en koning Dawid.
Saul het altyd gepraat van U God maar Dawid van mý God.

Dis wat Hy vir elkeen van ons wìl wees daarom het Hy Sy Seun gestuur.

"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.   Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie."
JOHANNES 3:16‭-‬18 AFR53


Dus hou hierdie selfde Rots vir die ongelowige die teenoorgestelde betekenis in

"Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is. Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. Daarom staan daar in die Skrif: “Kyk, Ek lê in Sion 'n hoekklip, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie.”  
Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword”  en: “'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n ROTS waarteen jy jou stamp.” Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.
1 PETRUS 2:4‭-‬8 AFR83

"Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan —  net soos u gesien het dat sonder toedoen van mense hande ’n klip(Rots) van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar."
DANIËL 2:44‭-‬45 AFR53

"Ek wil die Naam van die Here roem. Prys ons God om sy grootheid!  Hy is die Rots, sy werk is volmaak, alles wat Hy doen, is regverdig. 
Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar.
  Jesurun het alles in oorvloed gehad; hy het in opstand gekom. Jy het oorvloed gehad, jy het dom geword, jy het jou ooreet. 
Hy het God wat hom gemaak het, verwerp, Hy was vermetel teen die Rots wat hom gered het.  Israel het vreemde gode bo die Here verkies, Hom getart met hulle afskuwelike afgode,  offers gebring aan veldduiwels, aan goed wat nie gode is nie, aan onbekende gode, nuwe gode wat van die bure af kom, gode wat onbekend was aan julle voorvaders.  Jy het jou Rots, jou Skepper, nie in ag geneem nie, die God wat jou in die wêreld gebring het, vergeet.  Hoe kan een mens duisend agtervolg of twee tienduisende op die vlug jaag? Gebeur dit nie omdat die Rots van Israel hulle verkoop het nie, omdat die Here hulle uitgelewer het nie?  Die rots van die nasies is nie soos ons Rots nie, ons vyande kan tog self oordeel,  Moses het nader gekom en hierdie hele lied aan die volk voorgehou. Josua seun van Nun was by hom. het hy vir al die Israeliete gesê: “Neem al die woorde waarmee ek julle vandag vermaan het, ter harte. Julle moet julle kinders beveel om dit te gehoorsaam en te lewe volgens hierdie hele wet."
DEUTERONOMIUM 32:3‭-‬4‭, ‬15‭-‬18‭, ‬30‭-‬31‭, ‬44‭, ‬46 AFR83

Hoe word hierdie Rots eerder vir my 'n toevlug ?

Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is..
 Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”  
Elkeen dan wat hierdie woorde van My HOOR en daarvolgens HANDEL(doen), kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op ROTS gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op ROTS. En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op SAND gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”
MATTEUS 7:21‭-‬27 AFR83

Wat is hierdie Woord wat ons moet doen?
Natuurlik die hele Bybel maar veral in Sy plan vir verlossing te glo en nie ons eie heil te probeer uitwerk nie.
"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word."
JOHANNES 1:12 AFR83

MAAR VIR ONS AS SY KINDERS HET ONS DIE SEKER WETE DAT AS DIE TREIN KOM ONS STYF TEEN ONS ROTS KAN GAAN STAAN.

"Maar die Here is ’n rotsvesting vir my, en my God die ROTS van my toevlug."
PSALMS 94:22 AFR53


"Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die ROTS by wie ons redding vind,  laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange,  want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode.  Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne.  Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm.  Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!  Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg. As julle vandag maar na Hom wou luister:"
PSALMS 95:1‭-‬7 AFR83

"Don't try to outrun the train, run to the Rock"




Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”