Posts

Showing posts from January, 2020

Bid heeltyd, altyd... Moenie stop nie

Image
BID SONDER OPHOU!!!!  I Thessalonicence 5:17 AFR53 Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens ALTYD MOET AANHOU BID SONDER OM MOEDELOOS TE WORD. LUKAS 18:1 AFR83 Maar WEES WAAKSAAM EN BID ALTYDDEUR dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.” LUKAS 21:36 AFR83 Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan..... DOEN DIT ALLES BIDDEND en SMEEK GOD BY ELKE geleentheid deur die Gees. WEES WAAKSAAM en BID GEDURIG vir al die gelowiges. EFESIËRS 6:13‭, ‬18 AFR83 Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het n