Posts

Showing posts from August, 2018

Wat leer ons, ons kinders?

Image
As jou kind vanuit die hel roep:   "Pappa en Mamma hoekom het julle my nooit genoeg vertel!!!!??? Dis een ding as vreemdes, moordenaars, verkragters, heidene ens dalk eendag vanuit die hel ons gaan vra hoekom het ons hulle nooit vertel nie...maar dink jou in as dit jou kind gaan wees wat dit uitroep? Fokus ons genoeg daarop om ons kinders van Jesus te leer...of is ons so besig met verbygaande dinge dat ons nie tyd kry vir die ewige dinge nie...? Daar is 'n gesegde wat sê...wat jy nou doen het 'n effek op later en glo my later gaan kom. Vir party gouer as later...elkeen gaan eendag voor Jesus verskyn en dan gaan party hoor: "gaan weg van My ek het julle nooit geken! Om net AAN Jesus te glo is nie genoeg nie want die Duiwel glo ook .. Jak 2:19 "Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook -- en hulle sidder van angs." Jy moet IN Jesus glo! Joh 15...ons moet IN Hom bly en Hy in ons...daagliks toegewyd en gehoorsaa

Sal jy vrot vrugte eet?

Image
Geestelike vrugteslaai My lewe laat my soms dink aan ‘n vrugteboord. Een waarin ek elke dag moet werk en swoeg en aan moet aandag gee. Ons word nie met ‘n goeie vrugteboord gebore nie, nee, die Woord leer ons   “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,” ROMEINE 3:23 AFR53 Voorheen het ons ou bose natuur slegte vrugtebome opgelewer  wat slegte vrugte(sonde) dra. Hierdie vrugte loop uit op die ewige dood en hel. “ Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde (slegte vrugte)voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.” JAKOBUS 1:15 AFR83 Hierdie slegte vrugte(bome) se name lees ons in Gal 5 van. “ Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oo