Posts

Showing posts from December, 2021

COLA se storie...

Image
  COLA SE STORIE is ook ons storie  Cola is ons hondjie,  sy is 'n Yorky kruising,  6 jaar oud.  So rukkie terug toe ons vir die naweek gaan kamp het besluit sy, sy gaan ons soek. Ons vermoed met covid inperking en die werk en leer van die huis af het sy bederf geraak dat daar altyd iemand meeste van die tyd deesdae tuis is, en moes sy verbouereerd geraak het toe daar skielik niemand tuis is.  Vir 6 jaar het sy nooit ooit uit die erf kon kom nie en het sy boonop maatjies, sy was dus nie alleen, alleen nie.  Van ons ander woefkinders is kleiner gebou as sy en hul het nie saam met haar uitgekom nie dus was ons dronk geslaan en kon nie dink wat van haar kon geword het toe my kinders die aand na ons gery het tuis kom van die universiteit en Cola nerens te vinde is nie.  Ek het dadelik oral haar begin soek en rondgevra. So paar ure later het sy so twee blokke van ons af by ‘n kompleks ingeloop en het iemand haar gekry en ons gekontak. Groot was die verligting vir almal want Cola is die