Posts

Showing posts from February, 2020

Waar is God, God is daar!! Ook in Babilon.

Image
Waar was God?                                             God was dáár!! Daniel hul se realiteit was nie vir sussies nie. Daniel hul word weggevoer van hul familie, hul geloofgemeenskap, hul stad en hul kultuur na die godelose stad BABILON . In Babilon probeer die koning Daniël en sy vriende Babiloniërs maak deur hul te onderrig in die Babiloniese taal en skrif , hul name te verander en ook om te probeer om hul van hul kos te laat eet en voor hul afgode te laat buig. Ons sien dit ook vandag dat die vyand dit wat ons kinders leer op skole gebruik om hul al meer te omvorm om wêreldlinge te word. Jou NAAM is jou identiteit … Wie is ek, waar kom ek vandaan en aan wie en wat behoort ek. Dus het die koning probeer om Daniel en sy vriende van hul identiteit te stroop en te verander om in te pas en te doen soos die Babiloniërs. Daniel en sy vriende het egter nie hul identiteit as kind van God en van Sy volk vergeet nie . Hul het geweet hul is nou hier IN Babilon, maar i