Posts

Showing posts from July, 2018

Die Here se doel vir ons is om te hoor MOOI SO!

Image
Niemand wil eendag hoor: "Gaan weg van My, Ek het jou nooit geken nie!" Daardie eendag kan gouer wees as wat ons besef... Sal jy nie ook eendag in Jesus se oë wil opkyk en wil hoor  "MOOI SO!" *********************************************** Die EEN woord wat die Bybel opsom is LIEFDE !!! (Onselfsugtige, opofferende liefde) *********************************************** Eerstens God se liefde vir óns wat Hy tot die uiterste aan ons bewys het deur Sy Seun in ons plek te straf sodat óns gered kon word. GOD ÍS LIEFDE - Liefde het vir ons die prys betaal - Liefde is nie net genade nie, maar ook regverdig. - Liefde straf waar dit moet straf. Ek kan myself nie red nie, dis genade! Maar as ek eendag wil hoor "Mooi so!" wat is dit wat God van my verwag? Die  2 belangrikste gebooie  wat die hele Bybel opsom is: -   LIEFDE TOT GOD , -   EN LIEFDE TOT ONS NAASTE (verhoudings gebooie) Hierdie gebooie som vir my alles in die Woord op

Verbly jou in die Here

Image
Wat het verander na 22 April 2017….it’s Time? (It's time was 'n gebedsbyeenkoms in Bloemfontein waar meer as 1000 000 gelowiges saamgekom het uit alle kulture om saam voor God  te bid vir ons land en sy mense)? Toe ons daar opstaan van ons knieë in Bloemfontein was daar ‘n BLYDSKAP in ons harte wat ons bybly en ons nie in Woorde kon beskryf… Baie wat skepties was wou weet waaroor ons bly is…volgens hul het niks regtig verander…maar die verandering was binne. Die Here gaan die land verander van binne na buite…harte is en word steeds elke dag verander deur die werking van die Heilige Gees en GOD se kinders wat begin doen wat hul weet…wat begin om sout en Lig te wees. Wat nie meer na hul eie vermoë kyk om ‘n verskil te maak nie, maar wat op ons Here vertrou om deur ons(Sy kinders, of jy in Bloem was of nie) verandering te bring. “…. Do not sorrow, for the joy of the Lord is your strength. ” Neh 8:10 ‘n BLYDSKAP wat vir die wêreld onverklaarbaar en onverstaanbaar is…di

Wat ons hoor maak ons bang

Image
Wat ons na luister maak ons BANG Wat ons elke dag in die nuus HOOR, of wat daagliks om ons gebeur maak ons soms bang? Maar as ons op die Here bly VERTROU sê die Woord vir ons ook soos wat die profeet vir koning Hiskia gesê het:  “ Julle moet vir julle koning sê: So sê die Here: MOENIE BANG WEES OOR WAT JY GEHOOR HET , hoe die amptenare van die koning van Assirië My gelaster het nie." JESAJA 37:6 AFR83 " Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet,  jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie.  Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.  Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal om