Posts

Showing posts from March, 2020

Onthou my asb as ek dalk vergeet

Image
Kom ons hou mekaar se arms op Jesus het ons lief met 'n onbegryplike liefde want ons verdien niks daarvan. Hy gee vir ons onsettend om, selfs die hare op ons kop is getel. Niks wat ons aangaan is Hy nie van bewus nie. Ons is by dag 6 van "lockdown" vir die Carona virus in Suid -Afrika en is dit vir my kosbaar hoe ons as medegelowiges van ons Here Jesus Christus mekaar in hierdie tyd dra en bemoedig. As ek die boodskappe so lees sien ek hoe die Here vir elkeen van ons individueel omgee en  boodskappe(Woord) in ons stilte tyd gee wat ons persoonlik deurdra in ons persoonlike omstandighede, maar daar is ook soveel boodskappe wat hande vat en te toeval is dat al God se kinders dieselfde by die Here hoor. _______________________________________________________________________________ Dit bevestig vir my ons is nie alleen, Hy is by ons. Dit maak my opgewonde en diep dankbaar vir 'n Vaderhart wat tot ons nader wanneer ons in groot nood en benoudheid tot Hom

Wat kan ons sê oor al hierdie dinge...

Image
Wie van ons is by magte om die kloutjie by die oor te kan bring? Ons lees vannaand Job 22: 21- 30 Elifas gee goeie raad vir Job op die oog af, wat hy sê is nie heeltemal verkeerd nie, • Ons moet ons aan God onderwerp. • Ons moet dat Hy Ons leer en ons moet Sy woorde ter harte neem. • Ons moet terugkeer na die Here en Hy sal ons dan herstel soos in die                  gelykenis van die verlore seun. • Ons moet kwaad vermy, en ons moet nie op ons goud vertrou nie. • Ons skat moet in die hemel wees, Jesus moet ons skat wees. • Ons moet ons in Hom verlustig en ons moet ons tot Hom wend in gebed. MAAR ons sien dat die Here Job se vriende se woorde aan Job afkeur.  Hoe dan so? Is alles hierbo dan nie waar nie? Dit is, MAAR NIE IN JOB SE GEVAL NIE!! Hulle afleidings was nie waar tov Job se lewe nie. Die probleem kom dus in AS ONS NAMENS GOD WIL PRAAT of ONS EIE OPINIES OOR DIE REDES VAN 'n situasie wil gee Die Woord sê immers ons mag nie oordeel nie

Hoe gaan ons hierdeur kom?

Image
Hoe doen ons hierdie Here? Ek bid: " Here ons is bang, ons sien wat in ander lande reeds afspeel rondom die Carona virus, ons weet nie wat vir ons voorlê nie, hoe gaan ons hierdeur kom?" Die Here gee vir my die volgende Woord Ons is nie alleen nie, Hy het ons Sy kinders baie lief. HY IS BY ONS!!! Ons gaan nie met ons eie krag hierdeur kan kom nie maar ons het Sy krag. “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars   deur Hom wat ons liefgehad het.” ROMEINE 8:37 AFR53  Ons sal ook hierdeur kom. Ons kan oorwin maar ons het Sy krag nodig.  Jesus wys my op hoe die Onse Vader gebed eindig wat Hy ons geleer het om te bid. “en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose . Want aan U behoort die koninkryk en die KRAG en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” MATTHÉÜS 6:13 AFR53 Dus behoort die krag vir ons om hierdeur te kan gaan aan Hom Ook die WAPENRUSTING opdrag begin met dat ons, ons krag by die Here moet kry. Met ons eie kra

In wanhoop, roep ons na U ...

Image
In wanhoop, roep ons na U ( op die vooraand van die "Lockdown" in SA vir die Carona virus ) " Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.  Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed.   Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U .  Bring my op 'n ROTS waar ek veilig sal wees.   U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand.   Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels. Sela   U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.  Laat die koning lank lewe, laat sy lewensjare oor geslagte strek.  Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar!    Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.” PSALMS 61:1‭-‬9 AFR83 ______________________________________   Ons troos in die tyd is HY IS BY ONS!!! ________________________________________ “ buite bereik van die vyand. ” Laat my dink aan my droom en die Here

Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"

Image
ONS WEET NIE, EN TOG WEET ONS Niemand weet wat die volgende paar weke vir ons gaan inhou in hierdie tyd van die CORONA virus nie, maar wat weet ons wel  en waarop moet ons fokus? God verander nie, Hy bly dieselfde WEET DAT GOD JOU Só LIEF HET " Want so lief het God die wêreld gehad , dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, SODAT elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie , maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, MAAR  dat die wêreld deur Hom GERED kan word ." JOHANNES 3:16‭-‬17 AFR53 WEET DAT HY ALLES TEN GOEDE SAL LAAT MEEWERK " Ons weet dat God alles TEN GOEDE laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." ROMEINE 8:28 AFR83 " Jesus het vir Petrus gesê:  “Jy verstaan nie nou wat Ek doen nie, maar JY SAL LATER VERSTAAN .” Johannes 13:7 ABA ___________________________________________________________________________ Ons versta
Image
Kosbare Psalm van troos vir 'n tyd soos hierdie " ’n PSALM van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.  Alef. Ek wil die Here  altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.  Bet. My siel sal hom beroem in die Here ; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.  Gimel. Maak die Here saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!  ______________________________________________________________________________ Dalet. Ek het die Here gesoek,  en Hy het my geantwoord  en my uit al my vrees gered.   ______________________________________________________________________________  He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.  Sajin. Hierdie ellendige het geroep,  en die Here het gehoor,  en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos .  Get.  Die Engel van die Here  trek ’n laer rondom die wat Hom vrees,  en red hulle uit.    

Gee pad uit sy pad!!!

Image
GEE PAD UIT SY PAD!!!! Ek het nou die aand 'n ontstellende droom gehad waarin twee dik slange om mekaar gedraai is en woes na alle kant toe pik. Ek weet ek het in die droom gesê: "Bly net uit hulle pad!" Iemand staan toe te naby en die een slang pik toe teen sy klere vas maar mis hom net-net. Toe ek wakker word het die droom my baie gepla en vra ek die Here of dit maar net 'n droom was of is daar 'n boodskap agter die droom en indien wel wat tog die betekenis van die droom kan wees. Ek kry toe net daarna te toevallig om toeval te wees die foto op sosiale media van 2 slange wat mekaar doodgepik en gewurg het en ook so inmekaar gedraai is soos in my droom.  Die woorde daarby tref my toe: "all you have to do is stay out of the way" Amper presies my woorde in my droom Hy gee my ook die skrif in my stiltetyd die oggend "Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy en