Posts

Showing posts from May, 2019

Dis HIER....

Image
Dis HIER ... “What if trials of this life The rain, the STORMS, the hardest nights Are Your MERCIES IN DISGUISE”   - BLESSINGS, Laura Story Soms wonder mens hoekom sou God vir wie niks onmoontlik is toelaat dat Sy kinders in STORMS en WOESTYNE beland? Hy wat die toekoms ken, Hy wat alles kan verander, hoekom sou Hy dit nie wegvat uit Sy kinders se pad nie. Soms is dit selfs Sý plan vir hul pad... Hy vat ons meestal daardeur en nie daar om nie. Om die twee verhale van die STORM en die WOESTYN as voorbeeld te gebruik. Moses word deur God geroep om Israel uit Egipte te lei.  Menslik gesproke sal mens dink die Beloofde land wink net aan die ander kant van die grens, van nou af gaan dit net goed gaan met hulle, hierdie was immers gebedsverhoring, God het hul desperate smeek gebede gehoor, maar spoedig sien ons hulle pad loop deur die WOESTYN waar dit alles en behalwe net goed gaan met hulle. Dan sien ons ook in die verhaal van die STORM  dat Jesus die een was wa

Met net 'n paar ure oor....

Image
Daar is bid en dan, is daar DESPERAAT BID . Is dit nie tyd dat ons die erns van ons situasie omsit in desperate gebede nie. Baie van ons het van die ware verhaal gehoor waar drie jong seuns deur die ys geval het op ‘n meer en een seun na ongeveer twintig minute eers op die bodem gevind is en later, ongeveer ‘n uur na die ongeluk deur die dokters dood verklaar is. Maar sy moeder het in daardie oomblikke uitgeroep na die Here vir genade, en skielik het die dokter weer ‘n hartklop kon kry…. Daar is toe ‘n fliek gemaak van hierdie wonderwerk en wys tans in ons fliek teaters nl. “BREAKTHROUTH” Aanvanklik sal mens dink wow die geloof van ‘n moeder… Maar as jy haar storie hoor en haar leer ken deur die fliek of haar boek besef jy gou sy is glad nie spesiaal, of selfs ‘n reus in die geloof nie.  ‘n Normale doodgewone mens wat tot die uiterste toe gevrees het vir haar kind se lewe. Dus Nee net ‘ n desperate mamma wat desperaat bid.  Jesus het gehoor en haar kind aan haar teru